Coligny-moordsaak: 2 terug in hof

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard Foto: ANA

Die verhoor van Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die twee mans wat aangekla word van die moord op ʼn tienerseun van Coligny in Noordwes, sal na verwagting Woensdag in die hooggeregshof in Noordwes begin.

Die staat voer aan Doorewaard en Schutte het Matlhomola Mosweu op 20 April 2017 op Rietvleiplaas naby Coligny aangerand en hom van ʼn bewegende voertuig gestamp. Die mans het Mosweu glo daarvan beskuldig dat hy sonneblomme uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se sonneblomland gesteel het.

Die staat voer ook aan die twee mans het ʼn beweerde ooggetuie ontvoer, hom aangerand en gedreig om hom dood te maak as hy die voorval sou aanmeld. Hulle het glo sy selfoon gesteel en ʼn vuurwapen op hom gerig.

Die twee het skuld ontken op altesaam sewe aanklagte teen hulle.

Die staat se sleutelgetuie, Bonakele Pakisi, het vroeër aangevoer hy het naby ʼn plaashuis verbygeloop toe hy gesien het hoe die twee mans Mosweu uit die voertuig stamp. Toe hulle besef dat hy hulle gesien het, het hulle glo die oorledene opgelaai en wou by Pakisi hoor wat hy gesien het.

Volgens Pakisi het hy aan die mans gesê hy het niks gesien nie, maar hulle het hom agter op die bakkie gelaai en met hom rondgery en hom gedreig. Hulle het uiteindelik na ʼn dam toe gery, ʼn vuurwapen op hom gerig en hom gedwing om alkohol te drink. Hulle het hom daarna glo beveel om voor ʼn bewegende bakkie te hardloop terwyl hulle skote op hom afgevuur het.

Pakisi beweer hy het gebraak, inmekaargestort en is daar agtergelaat. Pakisi het gesê Mosweu het die hele tyd agter op die bakkie gelê.

Die hof het al onder meer gehoor dat die polisie nie die patoloog se bevindings oor die oorsaak van Mosweu se dood beïnvloed het nie en dat daar nie enige bloed aangetref is in die voertuig wat na bewering gebruik is toe ʼn tiener dood is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wilma ·

Indien hul skuldig is moet hul asb so se. Vergeet van leuens. Indien onskuldig sal God Afreken met die leuenaar.

bgj van der westhuizen ·

ja nou word weer die woord geneem van n man wat ek sa bevraag teken

Boontjie ·

Ek dink die twee mans kon die situasie baie beter hanteer het… boontjie kry sy loontjie. Of die getuie se bewerings geloofwaardig is of nie, hulle moes mooi gedink het voordat hulle enige iets gedoen het. Dit was ‘n baie, baie dom besluit.

Koos ·

So boere moet almal maar net laat begaan, al word hul oeste weggedra?

Pattie ·

Hou nou op met die belaglikheid en gaan vervolg die REGTE moordenaars .hoe minder bewyse julle teen hierdie manne kry hoe langer hou julle aan met die saak om dit die GEMOEDERE van alle mense opjaag en omdat dit ‘n wit op swart saak is. As dit swart op wit is vang julle of nooit die mense nie, of laat hulle na ‘n kort rukkie vry .. EK WIL DIT AL LANKAL Se . ek vertrou NIE Meer die regstelsel nie, ek is NIE oortuig dat ons ‘n regverdige en onbevooroordeelde regstelsel meer het nie, dit is te oordeel aan al die sake teen wittes wat eerste aandag geniet en die swaarste strawwe voor opgele word terwyl mense van kleur meestal sonder enige straf wegstap …

Henk du Toit ·

Die Staat se saak staan maar yl as daar op n enkelgetuie gesteun moet word om die skuld te bewys, van mense wie die reg het om hulle eiendom te beskerm. Die afwesigheid van bloed van die “aangerande” oorledene se bloed op die bakkie sê vir my dat die bona fides van die boere nie was om iemand aan te rand nie maar werklik was om die vermeende oortreder na die polisiestasie toe te neem. Dit is ook nie moeilik om te bepaal of daar geskiet is op die getuie nie ‘n doodeenvoudige kruit residu toets op die klere en hande van die beskuldigdes sou dit kon bepaal. My raaiskoot is dat die Polisie dit liefs agterweë gelaat het, want o wee, ons moet tog net nie iets doen wat die getuie se weergawe in twyfel kan laat kom nie. Alle sterkte mnre.Doorewaard en Schutte.

Charl ·

Hoekom ook nie net “huisroof” nie, dis mos hoe plaasmoorde werk, steek n bejaarde dood, steek die tannie in die bors en dans dit “huisroof” met versagtende omstandighede.

Maro ·

Sterkte aan alle partye. Mag reg en regverdigheid geskied.
Het ongelukkig net geen vertroue in ons regstelsel nie.

Koos de Meyer. ·

Wie sal nou so dom wees om iemand half dood te slaan en hom dan na die polisie te neem. Dit is ‘n klomp snert. Maar dis mos kamtig een geloofwaardige teen twee blankes. Laat hulle hom kruis onder vra dan sal sy leun gou uitkom. En kry jy nog van ons eie mense wat negatiewe eiers te lê het. Wat ‘n skande en ook ‘n jammerte.

PJC ·

Ek di k hierdie “getuie” lieg. Hy moet net onthou soms vang slim sy baas want sy storie klop nie met ander feite wat aan die lig gekom het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.