Coligny-moordsaak: ‘Beskuldigdes moes oorledene beskerm’

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Die twee mans wat beskuldig word van die moord op ʼn tienerseun van Coligny in Noordwes “was nie geloofwaardige getuies nie”, het die Noordwes-hooggeregshof Dinsdag gehoor.

“Die beskuldigdes was nie geloofwaardige en betroubare getuies nie,” het Rapula Molefe, die staatsaanklaer, gesê.

“Die weergawe van die beskuldigdes het ook regsprobleme veroorsaak, deurdat die beskuldigdes die oorledene vasgetrek het in ʼn burgerlike inhegtenisneming wat sekere verpligtinge op hulle plaas. Eerstens moes hulle die oorledene van leed beskerm het en tweedens moes hulle voorsorgmaatreëls getref het om te verhoed dat die oorledene beseer word.”

Molefe het gesê die bewyse voor die hof “dui duidelik daarop” dat die beskuldigdes ʼn gevaarlike situasie geskep het wat hulle nie beheer het nie.

Die staatsaanklaer het ʼn slotbetoog gelewer in die verhoor van Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34) wat tereg staan vir die moord op Matlhomola Mosweu (16) in April 2017.

Molefe het aangevoer die staatsgetuies was geloofwaardig en het beklemtoon dat brig. Clifford Kgorane ʼn indrukwekkende getuie was, aangesien hy die gebrekkige ondersoek deur die Coligny-polisie erken het.

Die verdediging het op sy beurt aangevoer daar was geen geloofwaardige getuienis voor die hof gebring om te bewys dat Doorewaard en Schutte vir Mosweu gedreig of geïntimideer het nie.

Die saak is tot 17 Oktober uitgestel wanneer uitspraak na verwagting gelewer sal word.

Die staat beweer Doorewaard en Schutte (34) het op 20 April 2017 vir Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp of afgegooi en dat hy weens dié val gesterf het. Die staat beweer die voorval het plaasgevind nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel.

Die verdediging voer aan hulle wou Mosweu na die plaaslike polisiestasie toe neem en die seun het self van die bakkie af gespring.

Doorewaard en Schutte is tans uit op borgtog van R5 000 elk.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

leser ·

as doorewaard en schutte voor in die bakkie gesit het, wie het mosweu dan van die bakkie afgegooi, spoke of “aliens”

David ·

Kom ons kyk wat word van dié saak.

Ek is bevrees as hulle skuldig bevind word, gaan dit moontlik ‘n president skep. Wie gaan die risiko wil loop om iemand in siviele arres te plaas? Gaan sulke diewe nie net begin stil-stil wegraak nie?

Willem ·

Kyk, as die mense (regslui) so sukkel om die waarheid oor JvR en die Afrikaner se geskiedeins by die mense te laat insink, die mense wil dit nie hoor nie, is dit jammer om te ervaar hoe bevrees die regstelsel is om die waarheid soos in hierdie geval oordeel te vel en dit aan die menigte uit te dra.

Manie ·

Jy kan hoor hoe rassisties die aanklaer is met sy uitsprake. Hy word voor gesê deur sy meesters die ANC

Bokka ·

SA se regstelsel is net bedoel om die blankes by te kom swart kan doen net wat hul wil.

Adam ·

Bokka, beweer jy Doorewaard en Schutte is fisiese leed deur de oorledene aangedoen?

koos1 ·

En as ‘n krimineel deur die SAPS gearresteer word en hy/sy pleeg selfmoord in die selle deur hom/haar self op te hang met ‘n kombers, word die SAPS beamptes wat die arestasie gedoen het dan ook verantwoordelik gehou? Nee wat, hierdie argument hou nie water nie!

Keuses ·

Goed gestel. Onthou net dis hoe dit gaan as dwase in magsposisies sit.

Staak saam ·

Daai twee is onskuldig maar die staat sal hulle nie onskuldig bevind nie anders brand Coligny weer!

Leek ·

Daar is soveel moontlikhede vir appel beide kante toe wat ookal die uitslag. Hierdie saak gaan nog lank vat.

Ore ·

Hulle velkleur sal bepaal of hulle skuldig aldan nie,maw,hulle is reeds skuldig,die hof moet nou net hulle bewoording plooi om dit “geloofwaardig” te maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.