Coligny-moordsaak: Dís wat gebeur het, sê beskuldigde

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard Foto: ANA

Phillip Schutte, een van die Coligny-mans wat aangekla word van die moord op die tienerseun, Matlhomola Mosweu, het Dinsdag aan die hooggeregshof in Mahikeng in Noordwes gesê die rede hoekom hulle Mosweu agterop die bakkie laat sit het, was omdat hy sy samewerking gegee het.

Schutte (34) het getuig in die verhoor van hom en sy medebeskuldigde, Pieter Doorewaard (26), wat daarvan beskuldig word dat hulle op 20 April 2017 na bewering vir Mosweu (16) van ʼn bewegende bakkie af gestamp of gegooi het en dat hy weens dié val gesterf het. Die staat beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomme-koppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel.

Karsten is Dooreward se oom.

Schutte het Dinsdag aan die hof gesê die bakkie was ʼn enkelkajuit en daar was dus nie plek vir Mosweu in die kajuit van die bakkie nie. “Hy moes dus agterop die bakkie sit,” het hy gesê. Hy het gesê Mosweu het ook sy samewerking gegee en daarom het hulle nie omgegee dat hy agterop die bakkie sit nie.

“Hy het vrywilliglik uit die mielieveld na ons toe gekom, self op die bakkie geklim en Pieter het vir hom gesê om in die middel van die bak te sit eerder as op die rand van die bak,” het Schutte gesê.

Pieter Smit, Schutte se regsverteenwoordiger, het gevra hoekom hy nie saam met Mosweu agterop die bakkie gesit het nie en hy het geantwoord hy het nie gedink Mosweu sou probeer vlug nie.

Schutte het in sy getuienis gesê toe hulle die seuns in die landerye betrap en gevra het wat hulle doen, het hulle die sonneblom-koppe laat val en in verskillende rigtings laat spat. Mosweu het in die mielielandery ingehardloop, terwyl ʼn ander seun terug in die sonneblomland ingehardloop het.

Doorewaard en Schutte het omgedraai en Mosweu gesien waar hy ongeveer 25 m in die mielieveld was. Dooreward het hom geroep en hy het na hulle gestap. Toe hy deur ʼn draadheining probeer klim, het sy klere vasgehaak en Doorewaard het gaan help om hom los te maak. Die twee het toe saam na die bakkie gestap en Doorewaard het vir Mosweu gesê om agterop te klim.

Volgens Schutte was hulle op pad na die Coligny-polisiestasie toe hy in die linkerspieëltjie van die voertuig ʼn beweging in die stof agter die voertuig gesien het. Hy het op die bak gekyk en gesien Mosweu is nie daar nie.

“Ek het geskree dat die seun gespring het,” het hy gesê en bygevoeg hy het nie self gesien hoe Mosweu uit die bakkie, wat 60 km/h gery het, gespring het nie.

Hy het aanvaar Mosweu moes gespring het, want daar is geen ander manier dat hy van die bakkie af kon geval het nie.

Hulle het stilgehou en Mosweu beseer op die pad aangetref. Schutte sê hulle het op hul selfone gesoek vir nooddienste se nommers, maar nie die besonderhede gehad nie.

Schutte het getuig hulle het twee mense uit die Scotland- informele nedersetting sien kom en vir hulle gevra om by Mosweu te bly terwyl hulle die voorval by die polisiestasie gaan aanmeld en beamptes vra om ʼn ambulans te stuur.

Schutte het gesê Mosweu het nie bang of bekommerd gelyk toe hy agterop die bakkie geklim het nie. Hy kon dus nie voorsien dat die seun uit die bewegende bakkie sou spring nie.

Die saak gaan vandag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Bennie ·

Maroela julle skryf die hele tyd die seun was agter op die bakkie. Hoe spring n mens agter UIT die bakkie en nie AF van die bakkie af nie, hierdie twee woorde bly n reuse verskil maak aan die persepsie wat geskep word vir die publiek van was die seun IN die bakkie van waar hy dan sou kon UIT gespring het, of as hy AGTER op die bakkie was waarvan hy dus sou kon AF gespring het. Net n voorstel om onduidelikheid te voorkom.

Cherokee ·

Skep jy uit jou bord of af jou bord? Gooi jy uit ‘n emmer of af ‘n emmer?

Cherokee ·

Die bakkie is ‘n bak, nie ‘n platform nie. So die woordkeuse blyl reg te wees.

Die waarheid ·

Hierdie klink soos die waarheid. Gooi nou asb die saak uit en vra die twee manne omverskoning. Net omdat daar betogings was moet hulle nou skuldig wees. Wat n grap is ons regstesel nie nou nie.

Piet ·

Waarheid, die feit dat hierdie kinders besig was met n misdaad is nou nerens meer ter sprake nie. Betreding, diefstal en vlug van die gereg is alles nou vergete. Die beskuldigdes se storie klink beslis geloofwaardig, maar hulle sal nie die eerste wees wat onskuldig gevonnis word nie en ook nie die laaste nie. Ek hoop vir n wonderwerk vir hulle.

jennefer ·

Dis waar, ek het al n paar tieners en honde waarmee hul gejag het, polisiestasie toe gevat. As boer is jou hande afgekap en kan jy niks anders doen in so geval nie.

Ryan ·

Ek glo die is die waarheid, maar die bloeddorstige staat soek iemand om te blameer..

Boeremeisie ·

Glo die 2 se storie is waar maar net een vraag. Watter volwasse mens ken nie enige noodnommers uit hulle koppe nie? Het Coligny dan nie 10111 of 082 911? Het hulle nie Google op hulle fone gehad om net ten minste ‘n ambulans te bel nie. Hoe los jy die kind langs die pad en ry weg na die polisie maar jy bel nie die ambulans nie of selfs die polisie. As y hom kon oplaai vir 2 sonneblomme kon jy hm mos ook oplaai toe jy langs die pad lê en bloei het? Ek sê glad nie hulle is skuldig aan moord nie dit glo ek nie maar hulle optrede na die tyd is vreemd.

Breytenbach ·

Enige gewone mens weet ook dat die 10111 nommer nie werk nie. Die ander nommer ken ek nie.

Ja ne ·

Het jy al daardie nrs probeer bel? Daai is nou een groot tydmors.

sina ·

hoe naief is n boeremeisie? jy bell daardie nommers of 112 en dis die k nd onnoselste mens wat niks verstaan nie jou na al die verkeerde plekke deurskakel. baie vinniger om polisie toe te ry.

Ore ·

As jy nie weet hoe om van ‘n bewegende voertuig te spring nie,is jou kans om ernstig te word 100%.Vra maar al die oud SAW manne.Hierdie voorval is tragies,maar ek glo die storie

Sloet ·

Eers netjies self uit die mielieland loop en op die bakkie klim….. en dan afspring teen 60km/u…..?
Maak nie sin nie….
Glo nie dié weergawe nie.

@ SLOET ·

AG sloet ou liberaal, jy sal die swart leuenaars glo en die wittes wat die waarheid praat weer in die tronk laat beland . jou soort se tyd is kort. WIE DINK JY IS JY? Was jy daar? Het jy iets gesien? Indien nie, kan jy nie besluit watter weergawe jy glo nie.

Mag ·

As beide die mans voor in die kajuit was tydens die voorval, hoe kon hulle die een wat alleen agter op die bak gesit het afgooi?? Hierdie is nonsens hy het baie duidelik self afgespring, hoe kan enige iemand dit nie verstaan nie hy was self verantwoordelik vir wat met hom gebeur het.

@ judge dredd ·

Geen verduideliking sal vir julle reg wees nie, as hy agterop gesit het het hy die kind afgestamp as hy voor gesit het het die kind self gespring, maar die landdros wil juis weet hoekom het hy nie agter gesit en GEKEER Dat die kind val nie so WAT ookal die twee WIT OUENS Gedoen het sou verkeerd gewees het … Of een agter gesit het of voor gesit het AS JY WIT IS IS JY SKULDIG.

judge judy ·

die mans sê op geen stadium hulle het die seun sien spring nie. al ooit oorweeg dat die seun gedink het hulle gaan drasties spoed verminder sodat hy kan afspring?(afspring ,cherokee, nie uitspring nie) en opgestaan het om reg te maak, maar sy balans verloor en toe afgeval het?

Mielie ·

Tragies. Is die berig vertaal ? Wat is ‘n “mielieveld” en ‘n “mielielandery” kon dit nie maar net mielieland wees nie?

Genade ·

Ai die Afrikaners wat so comment met al hulle kennis, lees die comments as jy wil weet wie die afrikaner is..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.