Coligny-moordsaak: Dringende hofaansoek aangehoor

Betogers buite die Coligny-landdroshof (28 April 2017). Foto: Verskaf

Die twee mans wat tereg staan op ʼn aanklag van moord in verband met die dood van ʼn 12-jarige seun in Coligny in Noordwes, sal Maandagmiddag ʼn dringende aansoek in die Noordwes-hooggeregshof bring.

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte het Vrydag in die Coligny-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord. Die saak is tot 9 Mei uitgestel wanneer die twee beskuldigdes se borgtogaansoek aangehoor sou word.

Frank Lesenyego, die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê Doorewaard en Schutte se regspan sal vandag ʼn dringende aansoek bring om te versoek dat hul borgtogaansoek reeds môre aangehoor word. Die aansoek word om 16:00 aangehoor.

Maroela Media het vroeër berig Doorewaard en Schutte het na bewering twee seuns betrap dat hulle sonneblomme uit boere se landerye gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om agter op hul bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon vat.

Pieter Karsten, die werkgewer van die twee mans, het in ʼn onderhoud met RSG se Monitor en Spektrum beweer een seun het weggehardloop en die ander seun het agter op die bakkie geklim. Volgens Karsten het die seun van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het. Hy het ernstige beserings opgedoen en is op 20 April oorlede.

African News Agency (ANA) het intussen die seun as Matlhomola Jonas Mosweu geïdentifiseer. Volgens ANA het Matlhomola se pa, Sakkie Dingake, gesê die familie het eers Sondag van Matlhomola se dood uitgevind. Hulle het al die tyd gedink dat hy by vriende op ʼn plaas in Putfontein kuier. Dingake het ook ontken dat sy seun sonneblomme sou steel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Swanna ·

Hoe kan hulle van moord aangklae word as die seun self van die bakkie af gespring het. Hulle het hom nie van die bakkie af gesmyt nie. Maar ek het weer vergeet dit is weer wittes wat moet pa staan. Wat van die huise wat deur die oproeriges af gebrand is. Wie gaan vir dit pa staan of is dit hul voorreg om so hul misnoee te wys aan almal. Rassisties op sy ergdte sal ek se.

Anoniem ·

En wat was Lichtenburg se verskoning. Hierdie militante elemente sal na enige rede gryp om te verwoes en te plunder. Volgende stap is waarskynlik plaasbesettings.

snoefie ·

daar was volgens media 24 n paartjie wat eers by die seun se lyk verby gestap het, ent verder op die bakkie afgekom wat toe besig was om n udraai te maak. staaf dit nie wat die beskuldigdes gesê het nie?
jammer vir die pa. is dit goeie ouerskap as jy in elf dae geen kontak maak met jou12 jarige nie? hy het nie eers geweet sy seun is in Coligny (NW) pleks van Putfontein (GP???) nie. hdf sal hy dan weet of sy kind sou steel? Doorewaard en Schutte word na my beskeie mening wederregtelik aangehou.

Kasper ·

So die ouers het nie eers rerig geweet waar hulle kind is nie, nou loop die pa en vertel sy kind sou nie sonneblomme steel nie, hoe weet hy dit?
Neewat ek glo hom nie.

Thessa ·

As die kind afgespring het hoe kan die bestuurder aangekla word van moord. Dit was ‘n bakkie en hy het agterop geklim rede hy vermoedelik gesteel en hul wou hul saps toe vat verstaan nie lekker of is als nie gesê in berig

Piet ·

In ‘n normale wereld so dit jou plig wees om ‘n 12 jarige kind wat jy sonder n voog se toesig iewers sien, na die polisie stasie te neem. Boei jy hom egter vas gaan jy oor die kole gehaal word. Laai jy hom so en hy spring af dan gebeur dit. Ai mens kan nie wen as jy wit is nie!

Vleisman ·

Ja dit is nou jammer die kind is dood, feit bly egter hy het sonneblomme gesteel en die boere wou hom polisiestasie toe neem. TOE SPRING HY SELF van die bewegende bakkie af. Wat my egter siek maak van die hele storie, is dat dit soveel aandag in die media kry selfs op tv nuus. Maar boere wat op plase woon en voedselsekerheid probeer bied word met hammers doodgeslaan, koelbloedig doodgeskiet of jou keel word net eenvoudig afgesny soos ‘n skaap sin vir geen rede nie dan is berigte maar net so twee paragrawe lank.. wat nog te praat van tv nuus. Dit is al wat my SIEK maak vir die hele storie.

Michael ·

As die boer verkeerd was moet die reg geskied maar die oproeriges moet ook gestraf word vir die skade wat hulle aangerig het .Die boere moet stadig begin meganiseer en nie so afhanklik wees van hande arbeid nie die werkers wat dan nog werk het sal die werkgewers en hulle eiendom meer respekteer….my opinie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.