Coligny-moordsaak: ‘Ek het hom nie doodgemaak’

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard Foto: ANA

Die waarde van elk van die sonneblomkoppe wat die 16-jarige Matlhomola Mosweu na bewering gesteel het, was tussen R60 en R80.

Phillip Schutte (34), een van die twee Coligny-mans wat van die moord op Mosweu aangekla word, het Donderdag aan die hooggeregshof in Mahikeng in Noordwes gesê Mosweu het vyf of ses sonneblomkoppe in sy besit gehad.

Schutte het tydens kruisondervraging ontken dat hy Mosweu doodgemaak het of dat hy Bonakele Pakisi, die staat se sleutelgetuie in die saak, geïntimideer, ontvoer of ʼn vuurwapen op hom gerig het.

Pakisi het vroeër getuig hy het gesien hoe Phillip Doorewaard (26) en Schutte vir Mosweu uit ʼn bewegende voertuig gegooi het. Hy beweer Doorewaard het die bakkie bestuur terwyl Schutte hom glo van die bakkie gegooi het.

Staatsaanklaer Moeketsi Moeketsi het dit aan Schutte gestel dat hy en Doorewaard vir Mosweu met opset doodgemaak het.

Schutte het dit ontken en gesê Mosweu het van die bakkie afgespring. Moeketsi het egter volgehou dis nie waar nie.

Schutte het vroeër erken dat hy nie gesien het dat Mosweu van die bakkie afspring nie. Schutte het gesê hy het stof gesien in die linkerkantste truspieëltjie [van die bakkie] en het toe gekyk na die agterkant van die bakkie en agtergekom die seun is nie meer daar nie. “Ek het geskree dat die seun gespring het,” het Schutte gesê.

Hy het bygevoeg die voorval het in ʼn “breukdeel van ʼn oomblik” plaasgevind en die enigste afleiding wat hy kon maak, is dat Mosweu gespring het.

Doorewaard en Schutte word daarvan beskuldig dat hulle Mosweu in April 2017 vermoor het. Volgens die twee het Mosweu van ʼn bewegende bakkie gespring terwyl hulle hom na ʼn polisiestasie geneem het terwyl die staat aanvoer hy is van die bakkie gegooi of gestamp.

Die staat beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel.

Die saak is tot 25 September uitgestel vir finale argumente.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Manie ·

Julle sal moet wakker wees want daardie rassistiese aanklaer het opdragte van hoër af.

PJC ·

Ek dink die sogenaamde ooggetuie lieg blatant. Dit is die groot gevaar van hierdie tipe sake. Hierdie mense skroom nie om blatant te lieg net om ń witte aan die pen te laat ry nie.

Rina ·

Wat was die resultaat van die lykskouing en beserings waaraan hy dood is en selfs die forensiese getuienis. Die sogenaamde getuienis sal nie deur die staat as ongeloofwaardig beskou word nie. Al kan dit ook nie bo enige twyfel bewys word nie en is polities ook korrek. Dis so duidelik soos daglig dat ‘n sekere groep oor sulke dade nou geëtiketteer meer as ander bevolkings groepe in dieselfde sake.

Rina ·

Wat was die resultaat van die lykskouing en beserings waaraan hy dood is en selfs die forensiese getuienis. Die sogenaamde getuienis sal nie deur die staat as ongeloofwaardig beskou word nie. Al kan dit ook nie bo enige twyfel bewys word nie en is polities ook korrek. Dis so duidelik soos daglig dat ‘n sekere groep oor sulke dade nou geëtiketteer word meer as ander bevolkings groepe in dieselfde sake.

Lindtjies ·

Soos ek verstaan het die twee beskuldigdes voor in die bakkie gery en die slagoffer agterop die bakkie. So hoe het die beskuldigdes dan die slagoffer van die bewegende bakkie af gegooi? Ek dink dit is nie ‘n baie betroubare weergawe van die getuie nie.

Ralph ·

Ooggetuie en familie soek natuurlik net weer geldige vergoeding.

madels ·

Ek bid dat hierdie Pakisi sy mond gaan verby praat en dat die WAARHEID sal uitkom dat hy gelieg het.

jakes ·

Die twee beskuldiges se verhoor was van meet af onregverdig. Leuens en n staatsaanklaer wat sy betoog op ras baseer beteken dat albei mans se kanse skraal is om nie tronk toe te gaan nie. Die doodskis saak was n bewys daarvan.

LH ·

EK bid julle sterkte toe en dat geregtigheid sal gekied! Daar het Matthew Benson vir 9 maande in die tronk gesit, verhoorafwagtend vir moord sonder ‘n lyk . . . en met ‘n helse klomp leuens! EK is dankbaar vir sy regverdige verhoor, en dat hy vandag as ‘n vry jongman met sy lewe kan voortgaan!

pieter ·

VRA VIR N ANDER STAATSAANKLAER OF IS JULLE REGSVERTEENWOORDIGER DOM. HIERDIE MAN IS BEVOOROORDEELD.

Abe ·

Pieter,
Om watter regsgeldige redes kan gevra word vir n ander staatsaanklaer?

lolla ·

die kans dat die 2 n regverdige verhoor kry is zero…. en kyk na die regsbank…. geen kans…. sterkte aan almal

Tyre ·

HOekom mag hulle nie die voordeel van die twyfel kry soos al die PLAASMOORDENAARS Nie? Hulle moet vrygelaat word, dalk moet ons gaan betoog, want hierdie is ‘n INJUSTICE!!

Bosluis ·

Dan moes die een wat die kind van die bakkie af gegooi het, mos ook agter op die bakkie gesit het? Ek kannie dink hoe anders dit moontlik sou wees om iemand uit n beweegende bakkie te gooi nie

Sarel ·

Asb mense, ons almal weet dat n regverdige verhoor amper ongekend is waar dit wit beskuldigdes is, self het ek n dag of wat gelede my bedenking tov die Landros uit gespreek weens die druk op hom. Tog moet ons weet dat die aanklaer die bekuldigde moet probeer diskrediteer om sy saak te bewys anders moes nooit besluit gewees het om aantekla nie. Dus om hulle te beskuldig van die moord is deel van die proses en tree die aanklaer namens die staat op .
Kom ons kyk wat is die uitslag, dan kan ons die getuienis evalueer en n mening vorm.
Nou is ons voortydig met ons mening. Die beskuldigdes moet na onskuldigbevinding siviel die aanklaer en getuie se sakke skud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.