Coligny-moordsaak: Geen bloed in voertuig

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) (Foto: Molaole Montsho/ANA)

Daar is nie enige bloed aangetref in ʼn voertuig wat na bewering gebruik is toe ʼn tiener, Matlhomola Mosweu, in Coligny dood is nie, het die Noordwes-hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Clifford Kgorane, brigadier in die polisie, het getuig dat hy Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) versoek het om die voertuig te oorhandig wat na bewering gebruik is, sodat dit deur ʼn kenner ondersoek kan word. Kgorane het aan die hof gesê ʼn kenner het die voertuig ondersoek vir moontlike bloedspatsels. “Geen bloed is gevind nie,” het hy tydens kruisverhoor aan Doorewaard se prokureur, Hennie du Plessis, gesê.

Die staat voer aan Doorewaard en Schutte het Mosweu op 20 April 2017 by Rietvleiplaas naby Coligny aangerand en hom uit ʼn bewegende voertuig gestamp. Die mans het hom glo daarvan beskuldig dat hy sonneblomme uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se sonneblomland gesteel het.

Die staat voer ook aan die twee mans het ʼn beweerde ooggetuie ontvoer, hom aangerand en gedreig om hom dood te maak as hy die voorval sou aanmeld. Hulle het glo sy selfoon gesteel en ʼn vuurwapen op hom gerig.

Die twee het skuld ontken op al sewe aanklagte teen hulle.

Die hof het Maandag ʼn ondersoek ter plaatse gehou.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Buks ·

Ek julle en kyk net hoeveel sake loop parralel met julle saak. Waar is ou gerrie nou nou dat julle hom nodig het.

Cherokee ·

Nou buks, wat het van die mense geword wat ‘ou gerrie’ so beledig het toe hy pistoors vasgetrap het? Nou soek almal sy hulp.

snoefie ·

gerrie stel nie belang in sulke sake nie. klein vissies is nie bevorderlik vir n hoë profiel loopbaan nie. kom ons rteiken maar vir duduzani en die broers gupta.

PJC ·

As die oorledene so erg aangerand was soos die skelm getuie beweer moes daar iewers bloed op die voertuig gewees het. Hierdie kastige getuie was net so min aangerand of ń ooggetuie soos die man in die maan. Die verdediging moet hierdie ou “nail” en hy sal een of ander tyd sy bek verby praat.

Koos ·

Kan nie wag dat die “ooggetuie” getuig nie. Klink of hy nie al sy varkies op hok het nie!

SjN ·

Mag geregtigheid seëvier , winkels sal seker weer geplunder word.

Callie ·

Buks, weet jy, dis oor sulke mense soos jy dat blankes nog nooit kon saamstaan. Julle kyk wie julle kan slegmaak sonder om enige iets positief toe te voeg. Ek predik dit, maak naam vir en met wat jy doen, nie met hoe sleg jy ander maak nie. Ek voel ook soms negatief maar magtig wys darem n ou bietjie guts

Eretha ·

Wonder net wat gaan met die getuies gebeur wat so onder eed staan en jok? Soos gewoonlik seker niks

Hanna ·

Die kastige ooggetuie en die polisieman lieg. Dis baie duidelik. Sterkte aan die twee boere. Hoop julle dagvaar die staat en sy “getuies”!

madels ·

Hulle het mos 2 seuns betrap? Waar is die ander seun? Hoekom vertel die ander seun nie die waarheid nie? Hy weet mos wat gebeur het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.