Coligny-moordsaak getuie: ‘Ek het aanvaar ek gaan doodgaan’

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die hof. Foto: ANA

Die hof het Donderdag gehoor dat Motlhomola Mosweu, die tienerseun van Coligny wat verlede jaar 20 April dood is, baie bloed verloor het.

Bonakele Pakisi, die staat se sleutelgetuie in die saak teen Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die twee mans wat aangekla word van die moord op Mosweu, het in die Noordwes-hooggeregshof getuig.

Volgens die staat was Pakisi ʼn ooggetuie van die gebeure in aanloop tot Mosweu se dood

Pakisi het gesê dat hy op die betrokke dag in staat was om die beskuldigdes te herken aangesien hulle al voorheen ongeskik was met hom. Volgens die staat het die beskuldigdes Mosweu naby Rietvleiplaas vermoor. Pakisi het getuig dat hy gesien het hoe Schutte vir Mosweu uit ʼn bewegende bakkie gooi.

“Ek het beskuldigde een en twee herken, aangesien hulle hard was op my,” het Pakisi aan die hof gesê en bygevoeg dat ʼn derde man op ʼn motorfiets ook by die plaas opgedaag het.

Adv. Hennie du Plessis, vir Doorewaard en Schutte, het Pakisi kruisondervra en Pakisi het gesê dat hy nie tevrede was met die verklaring wat hy by ʼn adjudant-offisier by Coligny-polisiestasie afgelê het nie. Hy voer aan hy is aangesê om ʼn skoon vel papier te onderteken en sy verklaring is nie aan hom voorgelees nie.

Hy beweer hy het agtergekom sy verklaring is foutief toe hy die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se kantore besoek het. Hulle het hom toe aangeraai om ʼn verklaring by ene kol. Nkosi af te lê.

Pakisi het aangedui dat hy gelukkig was met dié verklaring wat hy by Nkosi afgelê het.

Hy het verder laat hoor dat hy met ʼn vuurwapen op hom gerig gedwing is om in die laaibak van ʼn bakkie te klim.

“Beskuldigde twee [Schutte] het ʼn vuurwapen op my gerig en [my] gedwing om gesig na onder in die bakkie te lê. Ek het die seun in die bakkie gesien. Ek het die instruksie om met my gesig na onder te lê gevolg, want ek het aanvaar dat ek gaan doodgaan.”

Hy het aan die hof gesê hy het by Doorewaard en Schutte gepleit om hom te vermoor op ʼn plek waar sy liggaam gevind kon word. Hy beweer hy het sy kop twee maal opgelig, een keer toe hulle ʼn plaashuis nader en tweede keer by die NWK-silo’s in Coligny.

Du Plessis het dit aan Pakisi gestel dat sy weergawe dat daar ʼn wapen op hom gerig is en hy gedwing is om gesig na onder in die bakkie te lê onwaar is. Pakisi het egter volgehou dat hy die waarheid praat.

Hy het ook aan die hof vertel dat daar baie bloed in die bakkie was en dat Mosweu baie bloed verloor het. Hy het gesê die bloed het nie gevloei nie, aangesien dit droog was of reeds begin stol het. “Jy kon sien daar is baie bloed as die bakkie skud.”

Du Plessis het vir hom gevra of Mosweu lewend was of beweeg het toe hy in die voertuig klim. Pakisi het gesê hy kon nie sien nie. “Ek kon nie sien nie, ek het [net] baie bloed gesien.”

Du Plessis het dit verder aan Pakisi gestel dat dit onmoontlik is dat niemand die voorval gesien het toe hy na bewering by die silo’s bewering aangerand is nie.

“Ek het nie iemand gesien nie. Ek het gefokus op die mans wat my aanrand.”

Die staat voer aan die mans het Mosweu glo daarvan beskuldig dat hy sonneblomme uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se sonneblomland gesteel het.

Die twee het skuld ontken op die sewe aanklagte teen hulle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Onnie ·

Sjoe! As die getuienis die waarheid is, dan gaan die 2 manne lank sit. Dit sal jammer wees as dit waar is…. want hoekom doen mense nog sulke stupid goed?? Ai ai. Ons kan nie hulle haat vir dieselfde optrede waaraan sommige van ons ons skuldig maak nie. Ons is beskaafd en opgevoed en geskool en reg grootgemaak, watse verskoning is daar dan? Hoop nie hulle IK’s het hul in die steek gelaat nie…

TDW ·

Mag die Here Sy hand oor die 2 manne hou, dat hulle ‘n regverdige verhoor sal kry. Mag diegene erg gestraf word wat vals getuienis lewer.

GM ·

Die bloed was droog, maar mens kon sien daar was baie bloed as die bakkie skud?

M ·

As dit die waarheid is, was die twee mans uiters dom om die dade te pleeg en te dink hul gaan wegkom daarmee

Anonieme ·

En wat as die getuienis onwaar is? Dis teleurstellend dat ons eie mense eers die ergste van sy eie mense glo. Wat van daardie twee mans en hulle geliefdes? Hoe affekteer dit hulle as hierdie ooggetuie als uit sy duim suig? Hierdie mans gaan vir ñ baie lang tyd gekenmerk word as moordenaars al is hulle onskuldig. Miskien moet ons eers dink voor ons so vrylik ons opinies gee. Die waarheid seevier ALTYD!

nantis ·

volgens die eerste polisie getuienis was daar nie bewyse van bloed aan of in die bakkie nie. nou was daar baie. die polisie het ook gesê doorewaard en schutte het al by vorige geleenthede ook minderjariges wat oortree het, ongeskonde polisiestasie toe gebring. volgensnews24, ten tyde van die gebeurtenis het twee persone by die polisie gaan aanmeld dat die kind in die pad gelê het maar dat hulle nie hulp verleen het nie en net anderpad gekyk het. hulle het die beskuldigdes n ent vorentoe aanheyttef, besig om n udraai ye maak.

bgj van der westhuizen ·

nog n dief wat n storie op maak en kom weg en die 2 wit manne gaan tronk toe oor hulle dief gevang het mooi die land is die diewe die koning en kan maak net wat hulle wil en kom weg met dit bevraag teken hom

Antiestabliesment ·

Jimmel mense!

Wanneer daar ‘n storie oor ‘n nie-blanke moordenaar is dan skreeu almal DOODSTRAF maar sodra dit blankes is dan moet die HERE ingryp. Is dit rassisties….ek vra maar net?

Reg en geregtigheid sal seevier. Ons land se regters is nie so onnosel nie, al is die regstelsel stadig. Sou die feite, soos ‘nanatis’ dit in sy kommentaar weergee waar wees, dan sal dit in aggeneem word en die mans stap dalk net vry weg.

Maar soos almal altyd wil sê: “Die reg is aan die beskuldigde se kant”, “Liberale wette beskerm die misdadigers en maak kriminele van die slagoffers” Hierdie sal natuurlik nou gepas wees nê?

Chrisjan ·

Net sy getuienis dat hy ‘n skoon vel papier geteken het maak hom totaal ongeloofwaardig.

Ver links ·

These two guys took a young life and should be punished for jail time.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.