Coligny-moordsaak: Hof lewer uitspraak oor dringende aansoek

Betogers voor die Coligny-landdroshof in Noordwes (28 April 2017) Foto: @IanCameron23, Twitter

Die Noordwes-hooggeregshof het Maandagmiddag uitspraak gelewer oor ʼn dringende aansoek van die twee mans wat tereg staan op ʼn aanklag van moord in verband met die dood van ʼn 12-jarige seun in Coligny in Noordwes.

Frank Lesenyego, die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die hof het die twee mans se aansoek, dat hul borgtogaansoek reeds môre aangehoor word, goedgekeur. Die aansoek is om 16:00 aangehoor.

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte se borgtogaansoek is aanvanklik vir 9 Mei geskeduleer.

Doorewaard en Schutte het Vrydag in die Coligny-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

Die mans het na bewering twee seuns betrap dat hulle sonneblomme uit boere se landerye gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om agter op hul bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon vat. Een seun het weggehardloop en die ander seun, Matlhomola Jonas Mosweu, het agter op die bakkie geklim. Hy het glo egter van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het.

Matlhomola het sy nek gebreek en is op 20 April oorlede.

Sy pa, Sakkie Dingake, het vroeër gesê die familie het eers Sondag van Matlhomola se dood uitgevind. Hulle het al die tyd gedink hy kuier by vriende op ʼn plaas in Putfontein. Dingake het ontken dat sy seun sonneblomme sou steel.

Maroela Media het vroeër berig die kind se dood het aanleiding gegee tot die gewelddadige betogings in Coligny waartydens minstens drie vragmotors en drie huise afgebrand en talle winkels geplunder is.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Manie ·

Het enige mens nou gedink die pa gaan sê my kind is n dief

Ken2 ·

Sekere media moet aangekla word wan naamskending want hierdie IS NIE MOORD NIE!!

Jan Nel ·

Volgens die inligting is dit ‘n moordsaak. Of dit moord was of nie, is op hierdie stadium spekulasie. Ongeag ons emosie, is die berig dan korrek en ook nie lasterlik nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Ken2

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en die mans staan tereg op aanklag van moord, daarom verwys ons dus na die “moordsaak”.
Slegs die hof sal beslis of dit moord was of nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ken2 ·

Naand Suné, my stelling was gemik op ander media, amper al die ander bekende media het die manne net eenvoudig as moordenaars afgemaak, ek besef dat Maroela die saak reg hanteer en ek wens die ander media het dieselfde etiek en integriteit as julle by Maroela gehad.

ertjie ·

Stem saam Ken, sommige hoofstroom media artikels verwys na die seun wat “slayed” is deur twee wit boere. Dis uiters onverantwoordelik en sensasionele beriggewing in my opinie.

Jordaan ·

Is die oorledene se naam nie nou weer anders as vroeëre berigte nie?

oumie ·

En kan sweer op die nuus het hul gesê 16 jarige dink so en vanaf 10 is hul al goed getrain om te steel en ek sien nounog nie in hoekom sou hul hom vermoor nie my gut feeling sê die was n ongeluk en jammer maar dis boere en hul is wit

Andre ·

How kan die pa se sy kind het nie sonneblom gesteel nie hy het nie eers geweet waar sy kind is nie!!

Ken2 ·

Amper enige ouer sien hulle kind as goed en sal skerm, bloed is dikker as water. Ek dink gladnie die pa se getuienis beteken veel nie.

Pierre de Villiers ·

Waarom neem jy iemand polisiestasie toe? Belaglik!

Dissie ·

Pierre, wonder ek ook. Aangesien hulle minderjariges was, sou die polisie seker hulle in elk geval laat gaan het. My vermoede is dat die twee manne die seun ‘n les wou leer en dit skeef geloop het dat hy van die bakkie afgespring/afgeval het. Hoekom sal jy agterbly as jou pêl weghardloop? Ek is jammer vir die boere. Ek ken hulle nie en ek glo hulle is ordentlike ouens Ek is oortuig dat hierdie regtig ‘n ongeluk was. Hoop hulle kom los, maar ek is bevrees dat hierdie land se gereg nie agter die boere volk staan nie.

Desire ·

@pierre jy neem hulle Polisie toe om hulle skrik te maak en te hoop hulle kom nie terug nie, want om enigeiets anders te doen is teen die wet. Diefstal is diefstal, hetsy n volwassene of kind. Mense is moedeoos, diefstal is n massiewe probleem op plase, en daar word niks daaraan gedoen nie. Daar is niks fout met wat hulle gedoen het nie. Hy is nie gemartel of in n kis gesit om te skrik nie, hys na die gereg gevat

dit is ·

die tereg behoort nie agter “boerevolk” of enige ander volk te staan nie. due “tereg” behoort onafhanklik, onbevooroordeeld en regverdig te wees. hierdie geval skree hard en duidelik van die teendeel. en dit is maar een van so baie!

Willie ·

Hierdie is bloot n aanblasing van rassehaat deur onbetroubare getuies.

AL ·

Ja die seun is 16jr oud. Weereens kla die ouers van nalatigheid aan. Hoe kan jy jou kind vir 2 weke in ander se sorg laat, maar jy maak nie nou en dan kontak nie? Elke arm mens het ñ selfoon, as hul verskoning is dat hul arm is dan. Wat as die kind bv verkrag of gemolesteer word in die 2 weke wat sy ouers hom nie gekontak het nie? A nee a, hul kinders word net eenvoudig gedump op ander mense! Ek het dit meer as een keer al gesien.

Mvs ·

Nou op enuus gewees. Maar hoekom word so bohaai gemaak oor di rassiste / boere wat die kind “vermoor” het maar n boer wat dmv n plaasmoord vermoor word, word selde op tv gewys? Hoe verstaan jy dit?

Delia ·

Volgens ander media (Die Vryburger) is Matlhamola16 jaar oud en nie 12 jaar nie.

Ken2 ·

Dalk is hulle reg. En n media tegniek is om n baie ou foto van die “kind” te gebruik van jare terug om simpatie te wen en haat verder aan te blaas.

Johan ·

Dankie tog die “kind” is 16 jaar oud. Dit beteken hy moes besef het wat hy doen. Was hy 12 jaar oud het die manne groter probleme gehad.

Rox ·

Ek praat nie goed wat gebeur het nie maar waarom alles afbrand. Ek het nie gelees van plekke wat afgebrand word nadat n boer vermoor is nie. Dit is omdat ons opgevoed is en nie soos barbare optree nie.

Helma ·

Ek verstaan nie hoe die moord is nie?! Die seun het dan van die bakkie afgespring…hy het sy eie dood veroorsaak.

Scalla ·

Die ouers weet nie eens waar die brokkie wat nie sonneblom sal steel nie, was nie vir paar dae , swak, gaan steel maar n verdowingsmiddel by die shop om die senuwees te kalmeer

Sputnik ·

Kan iemand lig werp op hoe Pieter Doorewaard verwant is aan die Pieter met dieselfde van wat destyds (ongeveer 1980l) saam met Mike Hoar by die mislukte staatsgreep in die Seychelles betrokke was? Hy was ‘n persoon vir wie ek baie respek gehad het en nog steeds het. As dit nie vir sy optrede was deur die lughawe se beheertoring man-alleen oor te neem en hul ontsnapping te onderhandel nie, was hulle waarskynlik steeds daar.

Mr P ·

Minderjarig. Stuur my 2 kinders om by di supermark te gaan kos steel. OK gaan maar julle is minderjarig. Dit is eenvoudig hoekom die kos duurder raak. Die winkel gaan nie sy winsgrens sak nie en verhaal dan die verliese van die klient. Logika. Sluit toe di skelms. Waar is sy ouers. Moet hom reg opvoed. Mag nie steel nie. Punt

Mr PT ·

Eks baie bly as jy dink dis die rede vir die kos pryse wat verhoog word.

leeann ·

Hier in coligny loop gedurig mense rond wat streepsakke vol sonneblom verkoop vir n appel en n ui. Die kind was 16 en nie 12 nie

Jan ·

Steur jou nie aan al die snert nie. Die kind was n paar weke gelede by my toe ek hom vra hoe lyk die oes. Sy woorde oom daar is darem iets maar hulle steel dit groen van die land af. Die kind moes die hele boerdery oorneem ten koste van sy studies omdat sy oupa en sy oom binne n jaar na mekaar dood is. Hy is n pragtige kind wat net probeer het om sy oessie te red van plunderaars. Ek is bitter be jammer vir hom.

Zak ·

Graad 5 beteken niks, van die nedersetting kinders is 25 in matriek

Wondernet ·

MOORD is die wederegtelike, opsetlike, dood maak van ‘n menslike wese. Hulle het hom nie wederegtelik of opsetlik of dood gemaak nie. Hy het SELF afgespring. Dis ondat vandag se polisie nie die vaagste benul het van Strafreg, Wettereg, Uitleg van wette 9f die Strafproseswet het nie. Ek hoop hierdie manne sleep die polisie hof toe. Natuurlik gaan sy pa sê hy het nie gesteel nie. Alhoewel dit ‘n groot probleem is. Dan is hy 12, dan is hy 16 – interessant dat sy ouers hom vir 2 weke nie gesoek het nie, geen kind gaan kuier vir 2 weke by vriende nie, ek wil elke oomblik weet waar is myne.

wie weet ·

Wel as die pa reg is oor sy seun wat nie sonneblomme sal steel nie, is dit dalk nie sy seun nie en kuier dalk nog erens.

Johannes Meintjes ·

Die Nasionale Demokratiese Rewolusie soek na ongekunsteldes as sonderbokke vir die NDR se vernietigende optrede wat onvolhoubare kommunisme wil bevorder. Afrikaner “leierskap” moet begin om tasbare en oortuigende perspektief, visie, werkwyse en leiding te verskaf tot op laagste grondvlak!

Piet ·

Op die SAUK het hulle n foto van n kind van ongeveer 6 of 7 jaar oud gewys, toe hulle oor die storie berig het. Die waarheid is seker dat die man nie weet hoe oud sy kind is nie. n Onlangse foto was daardie beslis nie. Wanneer n persoon betree is daar n misdaad in aanvang of hy gesteel het of nie. Dit was absoluut die regte ding om hierdie kind na die polisie te neem. Sy ouers moes van kinderverwaarlosing aangekla word. As hulle dan nie besig was om te steel nie, wat het hulle dan op die plaas gedoen?

Louise ·

Ai mense kom ons los gou die kleur eenkant. Was julle not op ntyd n kind nie. Het julle nooit katte kwaad aangevang nie. Ek praat dit nie reg nie. So moet my net nie verkeerd verstaan nie. In my oe bly n kind maar net n kind en ek as ouer sou dit beter hanteer het, eerder as om n roekelose besluit te neem en ja waarvoor die manne ongelukkig gaan betaal. Het julle al so swaar gekry en nie eers n stukkie kos o te eet of enige iets om te verkoop vir n stukkie kos nie. Kinders tree nie altyd verantwoordelik op nie. Ons as ouers en grootmense is daar om kinders die regte opvoedng en lyding te gee, ongeag of die kind se ouers n tekort geskiet het daarin. Ek voel jammer vir beide partye, maar so maklik vi almal om eerste na die rasse kwessie te gryp.

Colin ·

Ekt baie kattekwaad aangejaag, nog nooit gesteel nie, nog nooit van n bewegende voertuig afgespring nie, so met jou redenasie, as n kind iemand se winkel besteel is dit okay? want dis n kind, as n kind moord pleeg is seker dan ook oraait, kinders tree mos maar so op. Nee. Ek voel jammer vir die beskuldiges.

Happy sonder Kleur ·

Ons het nooit gesteel op 16 nie, en ons het NOOIT van ‘n bewegende bakkie afgespring nie, dit is net STUPID, so swart, wit of geel, as jy van ‘n bewegende trein of bakkie afspring MOET jy weet jy het ‘n 90% kans om jouself dood te val .. Jy steel ook nie sonneblomme as jy HONGER is nie, soos mense nie ‘n DIER LEWENDIG OPKAP en die vleis net so laat vrotword as jy HONGER Is nie …SO DAAR het ek nou nerens kleur genoem nie .. HAPPY?

Dink bietjie ·

Ja kinders jaag kattekwaad aan en ag sonneblom steel is net so goed soos perskes/lemoene van die bure se boom afsteel wat die 2 boere gedoen het was myns insiens reg, hulle het hom gevat polisiestasie toe sodat hy sommer vroeg kan leer daar is gevolge onthou in ons dae kon die buurman jou nog `n goeie loesing gegee het as hy jou gekry het en as jou pa uitvind het jou alie weer gebrand. Nou kon hulle nie – die kind was die een wat nie verder as sy kleintoontjie gedink het nie. Wat die boere deurgaan is baie hartseer, maar hulle sal daaruit kom. Hulle kon hom seker maar na sy pa gevat het sodat sy eie pa vir hom `n loesing kan gee maar dan sou daar ook nog weer ander probleme ontstaan het. Ek glo nog steeds nie dit was die rede vir die gemeenskap se geweldadige aksies nie. Soos @Wondernet stel moord is die opsetlike veroorsaking van iemand se dood – manslag is die nalatige veroorsaking van iemand se dood. Daar was nie opset of nalatigheid nie, dis `n formele proses wat afgehandel moet word wat ongelukkig deur die massas en geweld geinisieer is en so gedoen is om kalmte te bewerkstellig. Ons regstelsel is darem nog nie in so `n geweldige toestand dat hierdie boere aan moord skuldig bevind kan word nie en as dit gebeur moet hulle regtig hul regsverteenwoordigers die trekpas gee.

SARIE VAN HEERDEN ·

l1. Vir dae het niemand geweet wie die kind is nie behalwe dat ‘n naam op sy tekkie was en kon die skoolhoof ook nie se WIE in sy skool geregistreer is met daardie naam nie.

2. Die kind het NIE ‘n sonneblom gesteel nie. Kyk na die foto van die sonneblomland dan sal jy sien dis nie meer blomme nie, dis droe plante gereed om geoes te word as inkomste vir die boer. Dis nie blomme nie. Dis droe ryp plante met hangende bruin koppe. Om ‘n oes van ‘n boer se land te steel is soos om by Pick&Pay, Spar of Woolworths van hul produkte van die rakke af te steel wat HULLE inkomste is. Boere het baie probleme met kriminele wat van hul lande steel en dan word die “produkte” aan ons verkoop in die stede of dorpe. Soos bv groenmielies.

3. Waar is die skoolhoof dat hy nie relevante inligting aan die polisie kon gee nie of weet ook hy nie wat in sy skool aangaan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.