Coligny-moordsaak: Hof sê oor appèlaansoek teen borgtog

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (Mei 2017). Foto: ANA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoek om te appelleer teen die borgtog wat toegestaan is aan die twee mans wat teregstaan vir die dood van ʼn 16-jarige seun in Coligny, is van die rol geskrap.

Frank Lesenyego, streekswoordvoerder van die NVG, het aan Maroela Media gesê dié liggaam sal die uitspraak bestudeer voordat op ʼn pad vorentoe besluit word.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die twee mans wat van die moord op Matlhomola Jonas Mosweu (16) aangekla word, verskyn intussen weer Maandag in die Coligny-landdroshof.

Landdros Makgaola Foso het Doorewaad en Schutte op 8 Mei op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Die mans beweer hulle het Mosweu en nog ʼn kind in hul werkgewer se landerye betrap waar hulle sonneblomme gesteel het.

Hulle het glo vir die seuns gesê om op hul bakkie te klim om hulle na die polisiestasie te kan neem. Een seun het weggehardloop en Mosweu het agterop die bakkie geklim. Volgens die beskuldigdes het Mosweu van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het en is later aan sy beserings dood. Die staat beweer Mosweu is van die bakkie afgegooi.

Die seun se dood het tot onrus in Coligny gelei. Verdere geweld het uitgebreek nadat die mans op borgtog vrygelaat is. Gemeenskapslede het onder meer huise aan die brand gesteek en winkels geplunder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leon ·

Maar julle gooi n blinde-oog aan die lot wat massa moord deur midde van huise afbrand probeer pleeg het.

Cherokee ·

Wel die aanklaers dink dat daardie ysters wat jy skotfry wil sien, dalk deurgeroes is.

Basjan ·

Spyker, met so’n naam sal ek liewer nie enige aanmerkings maak nie. Kies eerder vir jou ‘n ander naam.

ant ·

Ek wonder steeds op watter regsgronde hulle teen die borg wil appelleer. Klink eerder na poging om hul of iemand anders se reputasie as aanstokers te probeer beskerm. As die mense op die regte tyd gaan opdaag vir die verhoor, en hulle is nie ooglopend ‘n gevaar vir ander soos met die plaasmoorde nie, lag ek vir hulle onvermoë om te oortuig eerder as intimmideer.

Pieter ·

Dit sou voorwaar baie goed wees as die polisie en NVG met eweveel toewyding die terroriste wat die plaasaanvalle doen opspoor en in die tronk hou. Dit is seker te veel gevra want zuma en malema keur die optredes van die barbaarse terroriste goed met hul verhoogoptredes en liedjies.

Karel ·

Hoe kan iemand aangekla word vir moord as die kind self van die bakkie afgespring het. Hulle het nie eers aan hom geraak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.