Coligny-moordsaak: ‘Hulle het geskok gelyk’

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die hof. Foto: ANA

Die twee mans van Coligny in Noordwes, wat aangekla word van die moord op ʼn tienerseun van dié dorp, het geskok gelyk nadat die voorval plaasgevind het, het die Noordwes-hooggeregshof Donderdag gehoor.

“Ek het hulle aanvanklik geglo. Hulle het geskok gelyk,” het ao. Moremi Modisane getuig.

Hy het gesê die twee mans, Pieter Doorewaard (26) en Philip Schutte (34), het by die polisiestasie opgedaag en hom gevra om ʼn ambulans te bel. “Hulle het geskok gelyk oor wat gebeur het. Ek het hulle weergawe geglo dat die seun uit die bewegende bakkie gespring het.”

Die mans het beweer hulle het Mosweu en nog ʼn seun op 20 April 2017 gevang waar hy sonneblomme steel terwyl hulle besig was om die lande by Rietvlei-plaas naby Coligny te patrolleer. Die ander seun het weggehardloop en Mosweu het vrywillig in die bakkie geklim. Hulle het met hom na die polisiestasie toe gery, maar beweer hy het op pad daarheen uit die bakkie gespring.

Die staat voer egter aan die twee mans het Mosweu aangerand en hom uit die bewegende bakkie gegooi.

Modisane het vroeër aan die hof gesê Doorewaard en Schutte het “geweier” om terug te gaan na die toneel en het aan hom gesê hulle het ander dinge om te doen. Hy het gesê hy het ʼn ambulans en nog ʼn polisiewa ontbied voor hy self na die toneel is waar hy Mosweu gevind het waar hy met sy gesig na onder in ʼn plas bloed gelê het.

Hy het getuig hy het teruggegaan na die polisiestasie waar hy die voorval in die gebeure-boek neergeskryf het, omdat daar nie ʼn saak aanhangig gemaak is nie.

Modisane het ook aan die hof gesê Doorewaard en Schutte het voorheen twee minderjarige seuns na die stasie toe gebring wat hulle ook gevang het terwyl hulle besig was om mielies te steel. Die seuns se ouers het R300 elk aan die twee mans betaal en die saak is geskik sonder om hof toe te gaan.

Modisane het ontken dat hy aan die mans gesê het hulle hoef nie na die toneel terug te gaan nie. Hy het ook ontken dat hy Doorewaard gebel het, maar het gesê hy het wel vir Schutte gebel om hom in te lig dat Mosweu gesterf het. Volgens Modisane het Schutte die telefoon neergesit toe hy hoor Mosweu is dood.

Hennie du Plessis, Doorewaard se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê selfoonrekords bewys Modisane het nooit vir Schutte gebel nie.

Die saak sal vandag weer hervat. Doorewaard en Schutte is tans uit op borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gerrit ·

Floyd shiwambu rand n man aan en nog steeds is geen verklaring geneem nie die twee boere vang n skelm arresteer hom en vat hom polisie stasie toe die skelm probeer ontsnap en val hom dood die twee wit mans word dadelik gearesteer vir moord en die skelm se ouers kry n huis by die staat..WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN APARTHEID EN DIE DISKRIMINASIE WAT NOU AAN DIE ORDE VAN DIE DAG IS OF IS DAAR NOG NET NIE N NAAM VIR DIT NIE SODAT DIE WERELD KAN INTREE SOOS MET APARTHEID ..of moet ons wag dat daar n anc leier sy mense verloêen soos de klerk gedoen het

Potlood ·

“Ek het hulle aanvanklik geglo”… So wat se jy nou eintlik ao. het jy nou jou mind verander… jy is nie ‘n baie goeie getuie nie want jy verander jou mind darem maar vreeeeeeeslik baie…

PJC ·

As ń mens bewerings wil maak oor selfoonoproepe moet jy weet jy het ń probleem nog voordat jy begin het want dit gaan jou aan die hakskeen byt. As die polisieman kan lieg oor die selfoon oproepe kan hy oor ander goed ook lieg.

pieterdp ·

En so kom die waar huid uit stukie vir stukie . Wat volg nou. Wat gebaseer is op leens sal altyd uit kom.

Oom Kalahari ·

Die saak is alweer uit en uit ‘n geliegery van die ao Modisane om vergeldings praktyk op 02 jong mans toe te pas. Hy het nie regte prosedures gevolg nie en wil nou oor alles lieg om ook homself te beskerm. Regs verteenwoordiger Hennie du Plessis moet hom ondee ‘n goeie kruis ondervraging neem en hy gaan homself goed vas lieg oor tydslyn en gebeure.

Haan ·

Is dit net ek wat bitter skepties is oor enigeiets wat uit “die staat” se mond kom? Hoe kan n bedeling wat so korrup is, so n swak reputasie het, en soveel kere vantevore al gelieg het – geglo word? Dat hulle selfs oor n selfoonoproep lieg om n baie stink storie nog meer stink te maak? Mag die waarheid binnekort seëvier

Wessel Jordaan ·

Dis eenvoudig. Da is nie meer ” kennis ” in die SAPD nie. Die wat die kennis gehat het is nie meer da nie of ry ma net eenvoudig die sous trein. Die trots van Polisieman wees is lankal nie meer in murg en been nie. Dis n skande.

Oom Piet ·

Moes die polisieman nie ‘n skriftelike verklaring van die twee mans afgeneem het om as latere getuienis te gebruik , toe hulle die saak kom aanmeld het nie . Dit wil voorkom of hy sy plig versuim het en nou kom hy met ander stories.

M ·

Dis hoekom ek TEEN die doodstraf is. Vir elke een misdadiger wat dit wel verdien, sal duisende onskuldiges ook ter dood veroordeel word weens al die vooroordeel en partydigheid teen ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.