Coligny-moordsaak: Nóg aanklagte bygevoeg

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Nog aanklagte is bygevoeg teen die twee mans van Coligny wat aangekla word van die moord op ʼn 16-jarige seun van dié dorp in Noordwes.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) het Vrydag weer in die plaaslike landdroshof verskyn. Hulle is voorheen van moord en poging tot moord aangekla.

Frank Lesenyego, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die klagstaat is Vrydag aan die mans se regspan oorhandig. “Op die klagstaat word aangedui dat die beskuldigdes aangekla word van moord, ontvoering, intimidasie, diefstal, die onwettige besit van ʼn vuurwapen, onwettige besit van ammunisie en die rig van ʼn vuurwapen,” het Lesenyego gesê.

Hy het gesê die saak is ook na die hooggeregshof in Mahikeng oorgeplaas. Doorewaard en Schutte sal op 15 November weer in die hof verskyn waar daar op ʼn datum vir hul verhoor ooreengekom sal word.

Die twee mans se borgtog is op dieselfde voorwaardes verleng.

Doorewaard en Schutte word aangekla van die moord op Matlhomola Jonas Mosweu wat in April vanjaar gesterf het. Mosweu se dood het tot gewelddadige betogings in Coligny gelei wat verder vererger het toe Doorewaard en Schutte op 8 Mei op borgtog van R5 000 elk vrygelaat is. Tydens die onrus is huise aan die brand gesteek, winkels geplunder en paaie versper.

Die staat beweer Doorewaard en Schutte het Mosweu agterop ʼn bakkie gedwing voordat hulle hom later van die bewegende bakkie afgegooi het. Die seun is kort hierna op pad na ʼn hospitaal aan sy beserings dood.

Die twee mans ontken dat hulle Mosweu van die bakkie afgegooi het en sê Mosweu het van die bakkie afgespring. Volgens die mans het hulle Mosweu en nog ʼn kind in hul werkgewer se landerye betrap waar hulle sonneblomme gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om op hul bakkie te klim om hulle na die polisiestasie te kan neem. Een seun het weggehardloop en Mosweu het agterop die bakkie geklim.

Daniel Buthelezi, burgemeester van die Ditsobotla- plaaslike munisipaliteit, het in Junie bevestig die munisipaliteit sal ʼn huis vir Mosweu se familie bou sodat die familie van die Scotland-nedersetting na Gerdoren-park in die dorp kan verhuis.

Lees die vorige berigte oor die Coligny-moordsaak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

14/88 ·

Reg en geregtigheid word nie meer aan ons memse toegeskryf nie.

Ekke ·

Lekke man lekke….nou kry die familie nog ‘n geboude huis ook.

Chris Ws ·

“n Baie duur les terwille van ‘n klomp sonneblomme.Ai !

1+1=3 of superhuman ·

as ek mag vra in die saak word daar beweer dat die 2 beskuldigdes die persoon van n beweegende bakkie afgegooi het indien dit so wie het dan die bakkie tydens die voorval bestuur want ek twyfel of hy agter op n bewegende bakkie kan staan iemand afgooi en terselfde tyd die bakkie bestuur dan moes daar mos n 3de persoon betrokke gewees het maar nerens word daar van n derde persoon gepraat nie net die twee beskuldigdes

Mic barnard ·

Ek sien hul maak nou van die haalgeweer metode gebruik as die een klag nie werk sal die ander hul skuldig vind en ek wonder nou die boere wat vermoor word kry hul woonings in die dorp ver naam die wat n geliefde verloor het

JC ·

Dis ‘n totale gekkespel, en grap.
Waar’s die “bulldog”?

Martiens van Blerk ·

Laat ek sien of ek nou reg verstaan; Die oorledene het diefstal gepleeg saam met `n medepligtige, die medepligtige het weggehardloop na hulle albei met die gesteelde eiendom betrap is, en hulle versoek is om die twee boere na die polisiestasie te vergesel. Die oorledene het toe van die bewegende voertuig afgespring, homself ernstig beseer, en is later aan daardie beserings dood. En nou word daar, gratis, en deur die plaaslike munisipaliteit, vir die dooie skelm se ouers, `n huis op die dorp gebou. Wie betaal daarvoor? Die belastingbetaler? Dis absurd. Ek sou nie die feite van hierdie tragiese komedie uit my duim uit kon suig, al wou ek nie. Watse tipe boodskap stuur ons nou na die mense toe uit? As jy roof, moor, verkrag en steel, en jy verloor jou lewe, hetsy deur selfmoord, of jy val per ongeluk van `n bewegende voertuig af, sal die belastingbetaler gratis vir jou naasbestaandes `n woning bou. En wat is die storie met die vuurwapens en ammunisie? Kan ons meer duidelikheid kry daaroor. Geen boer gaan met `n ongelisensieerde vuurwapen rondloop nie. Met naberagting moes hulle eerger die polisie ontbied het. Die oorledene kon ingevolge `n burgerlike arres, aangehou word totdat geregsdienaars opdaag. Maar `n mens was nie daar nie, en jy verstaan nie die omstandighede niel. Sterkte, Boere. Ek sal bid dat God gereg sal laat geskied.

snoefie ·

moenie vergeet nie, hy het om en by n week as n onbekende in die lykshuis gelê. nie sy medepligtige of sy ouers het in die tyd dat sy foto wyd en suid versprei, vorendag gekom nie. wat het geword van die man en vrou waarvan ” News24″ berig het wat by hom verby gestap het sonder om hulp te verleen en n wit bakkie n ent vorentoe tegekom het wat oppad terug na die kind was? hulle het nooit gesê die bakkie het vanself bestuur met die twee aangeklaagdes agter op die bak nie.

Rassie ·

As jy reg onthou was saps ontbied maar was nie bereid om aandag aan klagte te gee nie. Die klaer was mos n Boer.

jan_alleman ·

polisie ontbied het ? bwahahahaha ja en hulle sou uitkom ne ?

Jacques ·

So n boer mag nie beskerm waarvoor hy gewerk het nie , en sy brood en botter verdien nie ?
Letwel hy het gewerk daarvoor , maar 90% van die burgers vertaan nie die konsep van werk nie want hulle wil net he . Dit is 100% reg as jy net kom vat wat jy wil in die NUWE SA , julle is besig om vir julle gat n baie groot lat te pluk en die vrugte is lankal sigbaar . Die regering moet terug gaan na die tekenbord , maar ek dink nie dit is in hulle nie . Nou kan ons maar net hoop en baie bid .

christa ·

dis die nuwe SA. Die kwaaddoener kom niks oor nie maar die wettige eienaar het geen se op sy eiendom nie.

Venetia ·

Waar is Afriforum wat veronderstel is om die Afrikaner se burgerregte te beskerm? Wie is hierdie ouens se prokureur? Waar is die polisieman wat in die begin gesê het hulle het al voorheen mense wat gesteel het na die polisiestasie gebring ?
Geen geregtigheid hier nie – reeds veroordeel en die nuwe aanklagtes is belaglik!!

Nicholien ·

Kan ook nie verstaan veral die volgende punte:
1. Waar is die persoon wat als sien gebeur het? Hoe kan hul aangekla word van al die dinge sonder enige getuie?
2. Twee mans gooi hom van die bakie af? Watter een van die twee het dan bestuur?
3. Waar is die getuie wat die wapen & amunisie gesien het, die vorige artikels het hoegenaamd nie iets van wapens gese nie? Het hul ooit ‘n wapen gehad?
4. Waar is die vergoeding vir die onskuldige mense wie se huise afgebrand en se besighede afgebreek en kaal gesteel is?
5. Hoekom kry hul nie ook nuwe huise en besighede nie?
6. Die Keysers se huis is afgebrand en hul was nie eers betrokke by enige iets, hul het net conveniently die “K” van Keyser misgis met die “K” van Karsten. Waar is hul nuwe huis?

Ons gereg is ‘n sirkus

Coenraad ·

Hi Jacques, Nee wat jong hulle kan nie terug gaan na die teken bord nie … die is ook al gesteel

Ben ·

Nou gooi hulle die mense met elke wet in die boek sonder konkrete bewyse , alles word ge spekuleer deur omstandige getuienis . EN BLY IN AANHOUDING . NOU VRA EK WAT VAN DIE SAW LID WAT N VROU GE SKIET HET WAT VRY ROND LOOP , Waneer word die wet gerispekteer en nie as n sambok in mense se hande gebruik word wat rasistiese motiveering het nie ?

Awie Opperman ·

Hi Ben, ek volg die trant van jou boodskap, maar die twee is gelukkig op borg vry anders as die KFC mans.

Bennie ·

Die mense wil en sal dit nie erken nie maar dis rasisties ge motifeer teen die minderheids groep ek dink dis tyd dat die buite wereld weet van die klug spul en die vn kontak ,

Vermeende ·

Ek kan niks se oor die wapen en amo nie, heel moontlik weer n windbuks???? Wie weet, maar die ontvoering saak gaan vou want die reg maak tog voorsiening vir n burgerlike arrestasie wat hulle ook gedoen het.

Hierdie is maar net n heksejag soos die ander sake wat die staat teen blankes het.

Kwaai tante ·

Ja, geen sprake meer van geregtigheid in hierdie land nie! Niemand meer seker wat die regte ding is om te doen nie maar beskerm jou eie goed is jyself die skulduge – wat ‘n klug…. om nie te praat van die verniet huis (wat natuurlik met belastingbetalers s geld gebou word )wat die arme ouers nou kry nie! Groot gemors – dis al wat dit is en dit word daagliks net erger.

Rassie ·

As jy reg onthou was saps ontbied maar was nie bereid om aandag aan klagte te gee nie. Die klaer was mos n Boer.

Adrian ·

Die geweldenaars het geprotes agv sogenaamde dienslewering en begin plekke brand en plunder sover ek verstaan is die klein skelm later dood. Die oomblik toe hul hoor hy is dood het die oppertiniste op die ,, band wagon,, gespring plekke gestroop en als gebrand en nou word vingers na die 2 manne gewys…,,.. ek is siek en sat vir die ras ding om werklik te se ek is gatvol vir die eensydige regstelsel

Tiger ·

Die wiel draai stadig maar seker.Hierdie ongeregtighede wat deur hierdie sogenaamde regering en polisie en howe teen blankes gepleeg word sal veroorsaak dat daar net eendag ‘n bom gaan bars en dan moet hulle nie huil nie!Hulle soek dit!
En die buiteland is niks gepla nie.Hulle was almal teen apartheid.

Johannes Meintjes ·

Dit gaan mos maar alles oor politiek, rassisme, manipulasie en intimidasie in die wonderland van die Nuwe SA, terwyl Afrikaner leiers (veral m.b.t. veiligheid en verarming) sit-sit-so in raadsale en sinodes. Nou moet Jan en San Alleman, – onkundig, – spook om huis en haard te red en die pot aan die kook te probeer hou. Ek hou vol dat al hierdie groot-meneer voorlopers en pronkers in Afrikaner beveiliging, wie weier om stigtelik rondom een tafel tot konstruktiewe nasionale burgerlike beveiliging te vergader, voor die hof hoort!

anton ·

Ek hoop die 2 manne gaan die staat dagvaar dat die biessies bewe!!!
Hulle kan moontelik aftree, as hulle net n skerp prokureur of advokaat het.
Hierdie onreg moet in die kiem gesmoor word anders is dit nag vir die blankes in S.A.

Apache ·

Om die staat te dagvaar gaan nie help nie want korrupsie fier hooggety daar en al kry die twee manne n skerp prokereur of advokaat gaan dit nog nie help nie want die hele regstelsel is korrup. nog beter gese hele SA is van korrupsie aanmekaar geplak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.