Coligny-moordsaak: Ondersoek ter plaatse gehou

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard Foto: ANA

Die Noordwes-hooggeregshof het Maandag ʼn ondersoek ter plaatse gehou by die misdaadtoneel in Coligny waar die tiener Matlhamola Mosweu na bewering vermoor is.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) staan tereg op aanklag van moord, intimidasie, ontvoering, die onwettige besit van ʼn vuurwapen, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen in verband met die tiener se moord, na bewering omdat hy sonneblomme gesteel het.

Bonakele Pakisi, ʼn ooggetuie, het die toneel aan regter Ronald Hendrick uitgewys, asook die sonneblomland waar hy glo gesien het hoe die twee plaasarbeiders Mosweu op 20 April 2017 uit ʼn bewegende voertuig stamp. Hy het glo gehoor hoe die seun roep: “Mama, help, ek sterf!”

Hy het verduidelik hy het naby ʼn plaashuis geloop toe hy gesien het hoe die twee mans Mosweu uitstamp. Toe hulle glo ontdek dat hy hulle gesien het, het hulle die oorledene opgelaai en wou by Pakisi hoor wat hy gesien het.

Volgens Pakisi het hy aan die mans gesê hy het nie enigiets gesien nie, maar hulle het hom agterop die bakkie gelaai en met hom rondgery en hom gedreig. Hulle het uiteindelik na ʼn dam toe gery, ʼn vuurwapen op hom gerig en hom gedwing om alkohol te drink. Hulle het hom daarna glo beveel om voor ʼn bewegende bakkie in te hardloop terwyl hulle skote op hom gevuur het.

Pakisi beweer hy het vomeer, inmekaargestort en is daar agtergelaat. Pakisi het gesê Mosweu het die hele tyd agter in die bakkie gelê.

Volgens hom het die mans sy selfoon gevat en hulle het op 21 April by sy huis opgedaag en vir hom gesê hy mag nie polisie toe gaan of enigiemand vertel wat gebeur het nie.

Die hof het die ondersoek ter plaatse gedoen op versoek van die verdediging. Hulle wou die toneel sien voor hulle brig. Clifford Kgorane onder kruisverhoor plaas.

Die staat voer aan die twee mans het Mosweu aangerand en hom by Rietvlei-plaas naby Coligny uit ʼn bewegende voertuig gestamp nadat hulle hom beskuldig het dat hy sonneblomme van hul werkgewer, Pieter Karsten, gesteel het. Karsten is Doorewaard se oom.

Die twee ontken skuld op alle aanklagte teen hulle.

Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ook by die ondersoek aangesluit en sonneblomme by hulle gehad. “Ons wil hê die polisie moet optree teen die eerste polisiebeampte wat hierdie saak hanteer het,” het Israel Monaisa van die EFF gesê. “Die beskuldigde is eers vyf dae ná die voorval in hegtenis geneem, toe ʼn nuwe ondersoekbeampte die saak oorgeneem het. ʼn Swart lewe is goedkoop – dis duidelik in dié saak. Ons soek ʼn verduideliking.”

Hulle versoek lewenslange tronkstraf vir Doorewaard en Schutte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PJC ·

Wat my aanbetref is dit hoogs onreëlmatig dat lede van die EFF hulle sommer self by die ondersoek aansluit en dan nog allerhande goed kwyt raak om die mense op die toneel te beïnvloed. Dit moes nooit toegelaat gewees het nie en is uiters onregverdig teenoor die beskuldigdes. Ek hoop hulle het ordentlike regsverteenwoordigers wat hierdie gaan gebruik tydens hulle verdediging. Hiedie spul EFF verbeel hulle dat hulle nou alles in die land kan beheer.

Fanie ·

Hoekom kry plaasmoorde op blankes nie die selfde medea aftrek nie of beteken n blanke se lewe dan nou niks meer in Suid Afrika nie dit is totaal onaanvaarbaar

Hanna ·

Ons soek OOK n verduideliking: marteling en moord op ons boere en weerlose oumense! Lyk my wit lewens is sommer verniet… Ja, ons soek ook n verduideliking. Join the club free-dumb-fighters!

Reguit ·

Die Vrede van Coligny het verlede jaar aangebreek, skaars ‘n maand nadat ‘n bekende prediker destyds in Bloemfontein ‘geprofeteer’ dat die ‘groot vrede’ SA se nuwe wonderwerk sou wees. Daardie wonderlike ‘vrede’ plant steeds voort.

Jong afrikaans ·

Ek wens Maroela wil soms meer moderne woorde gebruik soos ek het geen idee wat ter plaatse gestel beteken nie

Sune van Heerden ·

Dagsê Jong afrikaans

‘n “Ter plaatse ondersoek” is in Engels ‘n “inspection in loco”, dit is ‘n regsterm wat gebruik word wanneer die hof besluit om die toneel te besoek waar die beweerde misdaad gepleeg is of enige ander plek wat spesifiek met die hofsaak verband hou. Daar is ongelukkig nie enige ander Afrikaanse sinoniem daarvoor nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

snoefie ·

was die ooggetuie al aan n keuenverklikkertoets onderwerp? eers was dit van die bakkie afgegooi. nou weer uitgegooi.

Koos ·

En as daar ‘n poligraaftoets gedoen is, wat dan? Mag dit in howe gebruik word?

wonder net ·

Ek vra my af dat daar maar darem baie feite is wat onthou word om die beskuldigdes skuldig te laat lyk ? hy moes alkohol drink , ens, ens en die getuie was agter op die bakkie? het hy dit gesien of word dit net versin?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.