Coligny-moordsaak: Saak duur voort

Betogers buite die Coligny-landdroshof tydens die beskuldigdes se vorige verskyning (28 April 2017). Foto: Verskaf

Die aansoek om borgtog van Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) sal vandag in die Coligny-landdroshof in Noordwes voortgaan.

Die twee staan tereg op aanklag van moord op Matlhomola Jonas Mosweu (16).

Die mans het na bewering twee seuns betrap waar hulle sonneblomme uit boere se landerye gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om agter op hul bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon neem. Een seun het weggehardloop en die ander seun, Matlhomola, het agter op die bakkie geklim. Hy het glo van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het.

Matlhomola het sy nek gebreek en is op 20 April dood.

ʼn Polisiebeampte het egter Dinsdag getuig die 16-jarige seun wat verlede week dood is nadat hy na bewering van ʼn bewegende bakkie afgeval het, is uit die bakkie gegooi.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Koffie ·

Ja die verdagtes sal ook seker aan daai polygraph gekoppel word.
Hulle het mos niks om weg te steek nie wink, wink

Cedz700 ·

Ongelukkig tel n poligraaf toets nie in die Suid Afrikaanse reg nie… Maar ek verstaan waar jy vandaan kom.
Ek sou ook net gaan krap om te kyk of die polisie man n verbintenis met die familie (van die seun) het en dalk nie bevooroordeel is nie…
My ander vraag sou wees, hoe bewys die polisie man dat hy wel daarso was, want dit is sy woord teen die twee mans sin…

Dis moeilik om te bewys. Daarso gaan beeld materiaal of GPS rekords of iets moet wees om te wys dat beide kante se storie water dra.

snoefie ·

in teorie stem ek met jou saam koffie. (geen) wink wink. as hulle die seun vermoor het, behoort ook hulle regverdig behandel te word. ek het al te veel kere iets voordat my oë sien gebeur wat dan in n ommesientjie deur n swart mond n ander geur gekry het.

ek voel deesdae in elk geval elke getuie in n hof moet getuienis lewer terwyl aan n poligraaf gekoppel is. daar is net te veel leuens.

Mauzi ·

Hierdie berig verskil soos dag van nag van die berig wat op tv nuus gewys is. Laat my wonder hoe akkuraat media berigte is?

AL ·

News 24 melk die storie dat sy pa gesê het sy seun wou eendag ñ vlieënier geword het. Die pa wat nie eens sy seun gekontak om te hoor of hy nog veilig is nie?
Sou dit nie gaaf gewees het as hul simpatie probeer soek vir plaasmoorde en huisroofmoorde?

Bloues ·

Ons bly in ‘n swart Afrika Staat. Dis n feit maak vrede daarmee.
Ek as witmens sal enige iets wat moontlik aanleiding kan gee tot enige geding waar n anderskleurige mens betrokke is, absoluut so ver as moontlik is vermy.
Ter wille van my en my gesin se oorlewing.

Jacques ·

Watse tipe ouer soek nie eers sy kind in TWEE weke se tyd nie ? In n ander berig se die pa sy seun wou graag n verkeersman geword het ?????? Nou hoe nou wie is reg ??? Ek reken die storie dat die seun van die bakkie af gespring het klink meer na die waarheid . n Boer ry nie met n kar tussen sy lande nie , regtig ?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.