Coligny-moordsaak: Saak hervat ná siek getuie

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) (Foto: Molaole Montsho/ANA)

Die verhoor teen twee plaaswerkers van Noordwes wat aangekla word van die moord op ʼn tiener van Coligny word vandag in die Noordwes-hooggeregshof hervat.

Die verhoor is Vrydag uitgestel ná ʼn staatsgetuie siek geword het. Bonakele Pakisi, die staat se sleutelgetuie in die saak teen Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die twee mans wat aangekla word van die moord op Motlhomola Mosweu, het in die Noordwes-hooggeregshof getuig.

Pakisi was onder kruisondervraging van die verdediging toe hy siek geword het. Regter Ronnie Hendricks het die verhoor tot Maandag uitgestel om Pakisi tyd te gee om te herstel.

Pakisi voer aan hy het gesien hoe Doorewaard en Schutte vir Mosweu uit ʼn bewegende motor gegooi het. Hy beweer Doorewaard het die bakkie bestuur terwyl Schutte hom glo van die bakkie gegooi het.

Die beskuldigdes voer aan hulle was besig om Mosweu na die polisie in Coligny te vat ná hulle hom betrap het waar hy sonneblomme uit hul werkgewer se veld gesteel het. Volgens hulle het Mosweu uit die bakkie gespring, maar Pakisi hou vol Mosweu is uit die bakkie gegooi.

Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van moord, intimidasie, ontvoering, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen. Hulle ontken skuld op al bogenoemde aanklagte.

Die staat voer ook aan dat die twee beskuldigdes Pakisi geïntimideer, ontvoer en sy selfoon gesteel het, asook ʼn vuurwapen op hom gerig het.

Hulle is tans uit op R5 000 borgtog elk.

Mosweu se dood het gewelddadige betogings in die gemeenskap ontketen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Al ·

My vraag ook – seker gejok dis die hy siek raak. Die vrae was seker ongemaklik.

Jordaan ·

Seker moes afvat om sy storie agtermekaar te probeer kry. Lyk my hy vergeet wat hy voorheen gelieg het.

snoefie ·

hy moes eers weer mooi gedril word hoe om homself nie vas te lieg nie. wat het van die twee voerganhers beword waarna news24 net na die gebeure berig het en die polisielid of lede wat aan news24 vertel het die “beskuldigdes” het voorheen diewe wat hulle beyrap het ongedeerd by die polisiestasie aangebring?

Koos ·

Die vrae raak nou moeilik. Hier was geen moord gepleeg nie, dit is duidelik.

Jacques ·

Ek verstaan nie lekker dat een persoon in een situasie twee keer VAN of UIT dieselfde bakkie gegooi kan word nie . Het hulle hom eers VAN die bakkie gegooi en gesien hy het nie seer genoeg gekry nie en toe gooi hulle maar UIT die bakkie ? Dit maak nie sens nie .
Waar het die seun nou gesit IN die bakkie of agter OP die bakkie ?

kas ·

Hierdie getuie weet nie of hy in die hemel of op Memel is nie.Hy is heeltemal van die wa af en ek glo hy fabriseer sy storie.As die een klagte gaan vou dan vou al die ander klagtes.

abc def ·

Jacques,ek voel soos jy. Afgooi en uitgooi maak n helse verskil in die saak,sal MM vir ons duidelikheid kan verskaf wat dit aanbetref asb.

Joachim ·

Die “siekte” is om die aanklaers kans te gee om hom bietjie te help met sy getuienis

Elaine ·

Ek verstaan nie wat hy gesien het nie, is die man van die bakkie afgegooi of het hulle hom uit die bakkie uitgegooi…smaak my die man lieg…

Nettie ·

Hy het seker siek geraak aan kruisverhoor-siekte, want Maroela Media berig glads dat hy getuig het die oorledene is uit ‘n MOTOR gegooi, terwyl die aangeklaagde/s ‘n BAKKIE bestuur het …..

Lana ·

Ja, net so onskuldige soos Matthew Benson in die “Mooinooi-skietery”. Gaan lees daar.
Daar is baie van hierdie soort sake om die boere in die moeilikheid te probeer bring. Gelukkig weet die ouens wat vir die staat moet getuig nie of hulle kom of gaan nie, want hulle LIEG.

J ·

Ver Links. Hierdie gaan oor n staats getuie wat lieg. En klink of hy siek geraak het toe hy besef hy lieg homself vas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.