Coligny-moordsaak: Saak sal dán voortduur

Betogers buite die Coligny-landdroshof tydens die beskuldigdes se vorige verskyning (28 April 2017). Foto: Verskaf

Die aansoek om borgtog van Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) het vandag in die Coligny-landdroshof in Noordwes voortgegaan.

Frank Lesenyego, die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die saak is tot Vrydag 5 Mei uitgestel en die formele borgtogaansoek duur nog voort.

Die staat sal na verwagting nog ʼn getuie roep. Ao. Moremi Modisane het aan die hof gesê hy het die oorledene met sy kop na onder aangetref, met bloed wat uit sy gesig en ore stroom.

Die mans het na bewering twee seuns betrap dat hulle sonneblomme uit boere se landerye gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om agterop hul bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon vat. Een seun het weggehardloop en die ander seun, Matlhomola Jonas Mosweu, het agterop die bakkie geklim. Hy het glo egter van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het.

Landdros Makgaola Foso het die twee beskuldigdes gevra of hulle die beweerde gesteelde sonneblomme na die polisie gevat het – hulle het geantwoord hulle het nie.

Matlhomola het sy nek gebreek en is op 20 April oorlede.

Sy pa, Sakkie Dingake, het vroeër gesê die familie het eers Sondag van Matlhomola se dood uitgevind. Hulle het gedink hy kuier by vriende op ʼn plaas in Putfontein. Dingake het ontken dat sy seun sonneblomme sou steel.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AL ·

Op Kyknet nuus is gesê die 2 mans het gereeld sonneblomdiewe na die polisiestasie gebring volgens n polisiebeampte en dat hul erg geskok was toe hul aankom by die polisiestasie.
Die kriminele en politieke elemente moet vasgevat word wat probeer verhinder dat hierdie saak se reg geskied.

Thunis 99 ·

Sterkte aan daai twee jong mans.Ons wat met die dinge te doen het weet duisende tonne graan en saad word op so manier gesteel elke dag.Wat doen mens in so geval??Kan hulle nie polisie toe vat nie en ook nie gaan aangee want WAT word van dit!?Ek weet regtig nie waar gaan ons land been nie maar ek is opreg nie trots op my SA nie.
Sterkte julle is in my gebede.

Nico ·

Ag nee dit klink of die landdroshof die Hoër Hof bevel probeer frustreer deur dinge te vertraag? Hoe moeilik kan dit wees om die borgaansoek aan te hoor? Geen vlugrisiko en adresse bevestig. Onthou aanhouding hangende borg is NIE deel van straf, want jy is onskuldig tot jy skuldig bevind word!

cor ·

Die frase jy is net onskuldig tot jy skuldig bevind word geld net vir die anderdeel van die bevolking, volgens die inwoners ,polisie en sekere politici is hulleklaar skuldig bevind

Willie ·

Daai getuienisse gaan nie slaag onder kruisverhoor. Die manne Se regspan kan klaar reg maak om die Brig en AO te looi. Hulle polisie is patetiese politieke speel balle .

Shaun ·

Net n paar dingetjies. Die staat beweer hulle het hom afgegooi en daarna met hom rondgery agterop die bakkie saam met die oggetuie . Maar hulle vind hom in n plas boed waar hy op die grond le ? So hy het ure nadat hy dood is nog so baie gebloei ? Die polisiebeampte beweer die manne is veiliger in die tronk agv die gemeenskap. Tog gaan die twee blanke manne na die “moord ” na die getuie se huis ? En hulle kom niks oor nie ? Ek neem aan dat die getuie n lid is van die gemeenskap wat hulle veiligheid bedreig , en bly in die gemeenskap. Sê maar net ……

Gerrit ·

Klassieke weerligafleier om die daaglikse moord, roof, verkragtig en vernietiging van sekere elemente in SA te verberg. Groot fanfare wat deur sekere politici, skoorsoekende media en witgesig liberales gedryf word.

Amanda ·

Jo, daar nou sommer baie getuies wat wil getuig. Roep my, ek sal ook getuig. Ek was in die boom toe alles gebeur het!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Elke dag nuwe inligting, Elke dag nuwe oog getuies. Elke dag net meer en meer snert en dan verwg ons om die “regte” nuusberigte van joernaliste te kry. Waar kom al hierdie ondersteuners van die oorledene vandaan? Die uiteinde van Coligny is dat die dorp hom nie gaan doodbloei nie. Hy sal eenvoudig tot stilstand kom, die blankes met hul kennis en besighede gaan toemaak en weggaan en dan sit ons met NOG ‘n spul siele wat hande uithou vir aalmoese en eise.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.