Coligny-moordsaak: ‘Seun is uit voertuig gegooi’

Betogers buite die Coligny-landdroshof tydens die beskuldigdes se vorige verskyning (28 April 2017). Foto: @IanCameron23, Twitter

ʼn Polisiebeampte het Dinsdag in die Coligny-landdroshof in Noordwes getuig die 16-jarige seun wat verlede week dood is nadat hy na bewering van ʼn bewegende bakkie afgeval het, is uit die bakkie gegooi.

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte het vandag in die hof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord in verband met die seun, Matlhomola Jonas Mosweu, se dood.

Brig. Cliffard Kgorane het aan die hof gesê ʼn ooggetuie het glo gesien hoe Doorewaard en Schutte vir Mosweu op 20 April uit die bewegende voertuig gegooi het. “Toe hulle besef iemand het hulle gesien, het hulle omgedraai, die oorledene opgetel en hom agter op die bakkie gelaai. Hulle het ook die ooggetuie gekonfronteer en hom gevra of hy gesien het wat gebeur het,” het Kgorane gesê.

“Die ooggetuie het vir hulle gesê hy het niks gesien nie. Hulle het hom [die ooggetuie] ook agter op te bakkie gelaai en 48 km ver gery terwyl hulle hom gedreig het. Hulle het uiteindelik tot by ʼn dam gery waar hulle ʼn vuurwapen op die ooggetuie gerig het, hom gedwing het om alkohol te drink en hom beveel het om voor die bewegende bakkie te hardloop terwyl hulle skote op hom afgevuur het. Hy het opgegooi en inmekaargesak. Die twee het hom daar gelos. In hierdie tyd het die seun [Mosweu] heeltyd agter op die bakkie gelê.”

Kgorane het gesê die twee beskuldigdes het die ooggetuie se selfoon afgevat en het die volgende dag na sy huis gegaan waar hulle hom aangesê het om vir niemand te vertel wat gebeur het nie.

Hy het gesê Mosweu is in ʼn plas bloed langs die pad aangetref waar die beskuldigdes hom gelaat het. Die twee mans het glo na die polisie in Coligny gegaan om aan te meld dat die seun van die bakkie afgeval het. Hulle het vir die polisie gevra om ʼn ambulans na die toneel te stuur. Volgens Kgorane het die mans geweier om saam met die polisie na die toneel te gaan en het hulle gesê hulle het ander verpligtinge om na te kom.

Kgorane het gesê die beskuldigdes se lewens sal in gevaar wees indien hulle op borgtog vrygelaat word. “Hulle is veiliger in polisieaanhouding as daar buite,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg daar is ʼn moontlikheid dat aanklagte van ontvoering en dwarsboming van die gereg ook teen die beskuldigdes aanhangig gemaak kan word.

Die saak is tot Woensdag uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Boland ·

Daar is darem baie stories.Elke dag nuwe getuies met nuwe inligting maar verskillende stories.

janneman ·

As die beseerde heeltyd agter op die bakkie gele het, sou hy verseker nie in n plas bloed langs die pad gevind gewees het nie, hy sou teen daai tyd ook al uitgebloei het terwyl die ooggetuie kwansuis aangehou en/of gedreig was……opgemaakte storietjie die……

Griki ·

Ek stem saam. Sy nek is gebreek so dis relatief seker dat hy dadelik gesterf het. Sy lyk is agterop die bakkie gelaai en het hoe lank daar gelê voordat hy weer langs die pad afgelaai is en die ambulans gebel is. Die bloed wat wel daar sal wees sal dus òf op die plek wees waar hy uitgegooi is/afgeval het òf agterop die bakkie wees. Het die polisie enige bloed agterop die bakkie gesien? Volgens die pa was daar ‘n paar skraapmerke op hom, maar iemand het kastig gesien dat hy aangerand was. Klink my al die sg ooggetuies lieg en weerspreek mekaar.

Johann ·

Skuus??????? Wie dink sulke absurdhede uit???? Ergste is die massas hoor dit en glo dit en gebruik dit as n verskoning om NOG te brand en breek en verwoes en steel!!!!! BARBAARSHEID ontlok nóg BARBAARSHEID! En ek vra steeds: hoe lank het die pa nie geweet waar sy seun was nie? Maar nou skielik terwyl die pa aandag kry is hy die besorgdgeid van self en n kennir op die gebied van POST MORTUMS? SIEK….Dit sê ALS wanneer die landros homself verskoon van die hofgeding want hy vrees vir wat die COMMUNITY gaan doen?

AL ·

As die 2 mans die seun vermoor het, en die ooggetuie dit gesien het, hoekom het hulle hom ook dan nie konsuis vermoor nie?
Die ooggetuie is in n plek van veiligheid geplaas wat ek al die naweek op Kyknet se nuus gesien het.

Manie ·

Dit is nou tipies hoe n ding ontaard in n politieke geding. Ek het geweet met daardie spul om die hof daar gaan gesê word hulle lewens is in gevaar. Rassisme stink in die land

Vytjie Molefe ·

Nou verstaan ek seker maar sleg, maar hoe lank is die tydsverloop tussen wanneer hy van die bakkie afgekom het en die uitkenning. Soek mens nie jou kind nie??? Coligny klink na ‘n vrot spul…hoe moeilik kan dit nou wees om ander polisie daar aan te stel?

Kan Dit Wees? ·

Hulle sal dan seker die ooggetuie se selfoon kan trace en kyk of hy op 20 April 48km uit die dorp was of nie?

Gjorgi ·

Ja ek stem saam, sal maklik wees om te “trace”. Indien dit waar is neem ek aan almal hier wat sommer sonder enige feite sê hy is verkeerd sal ook op maroela media amptelik om verskoning vra?

Awie ·

Gjorgi, en as daar gevind word dat hy gelieg het, soos wat ek baie sterk vermoed, gaan jy om verskoning vra? Beide die aangeklaagdes het sekerlik ook selfone wat gebruik kan word om te bepaal waar hulle was, asook of die man saam met hulle was waarookal hulle gery het. Hierdie hele spul stink na politieke inmengery. Nogal snaaks hoe hy presies weet dat dit 48 kilometer ver
was en nie 50km nie. Hierdie oogetuie moet aangekla word van meineed en rassisme wanneer daar gevind word dat hy lieg.

Justice ·

Hopelik is daar `n satelietopsporingstoestel in die bakkie wat die voertuig bewegings kon plot. Hier word nou `n snert storie opgemaak met drank, skote en hardloop voor die bakkie 48 km vanaf die toneel. Waar is die getuies waarvan daar in `n vorige berig van Maroela genoem was? Hierdie nuutste getuie van die polisie was glad nie op hul radar tydens hul vorige verklarings nie.

Frederik ·

Waarom getuig die sg ooggetuie nie self nie. Die brigadier weet duidelik nie veel nie.

Johan ·

Wat ek nie kan verstaan nie die dag toe hulle praat van die seun wat van die bakkie af gespring het was hy 12 jaar oud en later dit was laas week toe se hulle hy is no 13 jaar oud en nou vandag is hy 16 jaar oud nou hoe nou . Hoe oud is hy nou die foto is ook die van n 12 jaar oud en daai man wat gesien het wat in die land gebeur het praat ook van jong seun so wat nou is hy 12 of 16 iemand lieg

Annelie ·

Ek dink die media het aangeneem die kind is 12 omdat dit ‘n Gr 4 leerling was…

BertusF ·

Nou wonder ek as oningelugte……
Werk die Brigadier as agent vir die politieke partye wat die geweld aanblaas, of werk hy as woordvoerder vir die sogenaamde ooggetuie….of is hy ook net nog iemand wat hou daarvan om sy eie stem te hoor…
Ek dink daardie deel van SA is te naby aan Zimbabwe (Zim BOB we) Hulle begin al Zim se streke uithaal daar.
Waarheen is ons eens mooi land oppad?
En nee…ek is nie Rasisties groot gemaak nie…het selfs ñ skoondogter van “kleur”..

Mense moet verby die “ons” en “hulle” kom….dan sal ons land ook verbeter.

Danie S ·

In ander sake word moordenaars van plaasaanvalle vrygespreek omdat daar nie genoeg bewyse is nie maar hier is nou 1 ooggetuie wat alles sien gebeur het en die 2 mans word aangekla. Wie sê nie dat die ooggetuie saam gery het en self die kind van die bakkie af gestamp het nie. Die massas sal alles doen om die boer te sink!

Ja wat sal ons sê. ·

Ek stem saam met jou Danie S.
Ek het in Mozambiek geleer dat jy nie iemand oplaai nie. Jy laat weet die polisie en raak nie betrokke nie. As jy betrokke raak, staan jy voor die gereg en kan selfs verplig word om die beseerde se mediese onkostes te betaal…want jy het hom mos ingeboek….
ñ Kennis het ñ ongeluk slagoffer hospitaal toe geneem… Net om later aangekla te word van ñ paar dinge…les hieruit….raak nie betrokke nie….

Pastoor ·

Nou na 3 weke verskyn daar n ooggetuie uit die bloute. Waar was hy al die tyd. Hoe gooi jy iemand uit n bakkie. Waar het die seun gesit. Die bestuurder kan nie. Hy hou die bakkie oppi pad. As iemand uit n kajuit gegooi word en hy is 16… hy sal mos skop en keer. Of val hy net uit. Hierdie klink vir my na n lang vuil storie. Sit die ooggetuie deur n poligraaf toets en trace sy sel se sein point op daardie tydstip. Die Waarheid sal uitkom

AHP ·

Die “seun ” se van stem nie ooreen met die “Pa” s’n nie. Hoe weet die regstelsel dat dit werklik die “Pa” is???? BELAGLIK!!! DNS? Siestog in ZUM-Afrika!!!!

Michal Groenewald ·

Daardie getuie moet kom getuig en as dit bewys word dat dit vals is moet hulle te reg staan op meineed

Willie ·

Daai Brig is n politikus en nie n polisiebeampte nie. n Senior met ondervinding gryp nie na grashalmpies nie. Los hom, sal hom later in die getuiebank opfrommel. Daai grootmonde word gou stil gemaak in howe. Vra hulle moet daai hofsaak onder direkte media laat plaasvind. Daai kamma hoofgetuie Klink soos die alledaagse storie, en gaan onder kruisverhoor Val. Dis net jammer dat dit altyd so lank vat om jouself te bewys. Ek waarborg julle,daai twee wit kinders verdien nie die moeilikheid wat hulle nou face nie. Groot boere !,,, Stel sekuriteitsbeamptes aan om julle oeste op te pas, en hou op!,,, om Jong mense te breinspoel en te misbruik vir julle kastige verliese.

vermeende ·

Blankes word aangehou vir hulle eie veiligheid, nou wanneer word die res van ons toe gesluit?

Jenny ·

Oogetuie? Ons het een aand een van ons vriende op die snelweg gaan help, want ons was nader as haar man, haar voertuig het gaan staan in die gietende reen en sy kon nie haar motor weer aan die gang kry nie. Maar voordat ons haar kon bereik het die verkeer tot stilstand gekom. ‘n Vragmotor net voor ons het besluit hy gaan in trurat terugry om verby die voetuig voor hom te kom, en wat gebeur, hy ry in ons voertuig vas. Toe dit nou kom dat die vragmotor eienaar se assuransie ons moes uitbetaal toe kom hulle uit daar was seker 5 of 6 getuies (seker maar in die gietende reen gestaan en ons kon hulle nie sien nie) dat ons in die trok vasgery het.
So ons het goeie ondervinding waar hulle skielik getuies vandaan kry.
So staan hulle saam in leuns, en jy kan nie wen nie. Daardie mannetjie het van die bakkie afgespring en het so geval dat dit fataal was. Ek wonder of hulle die bakkie getoets het of daar bloed op is? Daar moes wees as hulle met die beseerde rondgery het.

Morne ·

Maroela, hoe is dit moontlik dat al by mans die kind getreiter het en van die bewegende bakkie af gegooi het… Wie het bestuur??? Dink gou gou bietjie nugter. Net vir 5 sekondes ernstig….. O JA! En bravo aan julle verslaggewer wat ‘n hedendaagse wonderwerk op julle webblad neergepen het..: Was die slagoffer nie oorspronklik 12 nie? Hoe word ‘n dooie mens sommer binne die loop van ‘n week 4 jaar ouer??!!! Maroela, kry asseblief julle feite agter mekaar. Hoe kan mens glo wat julle publiseer???

Janie Monsieur ·

Dagsê Morne,
Dankie vir jou kommentaar.
Maroela Media lewer berig soos daar in die hof getuienis gelewer word. Die polisie het aanvanklik berig dat die seun 12 jaar oud is. Maroela Media het egter gister by die polisie bevestig dat hy inderdaad 16 jaar oud is, hy is in Desember 2001 gebore.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Johan ·

En natuurlik is die ooggetuie se integriteit bo verdenking met hoe morele en etiese waardes. Daardie twee manne het nie ‘n kans om ‘n regverdige verhoor te kry nie. Wys net weer die ernstige vernietigende gevolge wanneer jy derde wereld kultuur meng met eerste wereld kultuur.

popeye ·

Aandikking en verdraai van feite kom al vanaf die oosgrens moorde se tyd wat die lafaards die lewe vir beskaafdheid moeilik gemaak het.

snoefie ·

wat het geword van die twee getuies wat die seun se lyk langs die pad sien lê het en ent verder die bakkie sien omdraai het? laat die getuie getuig terwyl hy/hulle aan poligraaf gekoppel is. plaas pad se hulle kon nie vinnig very het nie. 48km uit en 48 terug kon nie in onder n uur gebeur nie. tog was die seun se lyk agterop die bakkie maar toe hulle hom na die intimidasietog langs die pad gaan afgooi het, het hy eers gebloei. met die aangeklaagdes se aankoms by die polisie stasie was die bakkie nie met bloed besmeer nie. die manne kan dus toor. die seun het self agterop geklim tog het die beskukdigdes hom uitgegooi.die ooggetuie is agterop die bakkie gelaai die beskuldigdes binnein en tog het hulle hom heelpad gedreig??? brig kgorane, kon jy nie deur die snert sien nie? of dink die ooggetuie almal is dom, net hy het visie?

Amanda du Plessis ·

Af man, dit is alles onsin. Aangesien daar nou so n bohaai gemaak word hieroor, hoop ek daar is elke week n bohaai oor al die blanke boere wat so vermoor word ook!!!!!!!!!!!!!!!!

Chris Broodryk ·

Van wanneer af kan jy op hoorsê getuienis getuig?? Die getuie moet self getuig dat hy deur die verdediging ondervra kan word! Hoe is so getuienis deur die slim brigadier toelaatbaar in die hof??

Wanda ·

Ons sal net moet leer om sonder hullle klaar te kom. Glad niemand op jou werf toe te laat nie. Draaie om hulle te ry, geen fooitjies geen niks. Hulle buig en klap die handjies as hulle iets kry tot jy jou rug draai. Glo my hierdie sal uitkring tot elke deel van SA en so sal dit net aan en aan gaan.

kobus4e ·

En dan is daar steeds mense wat die doodstraf terug wil hê? Hierdie twee sal verseker opgehang word as die doodstraf nog gegeld het. Die moordenaars in plaasaanvalle wat gevang word, sal nie eers van moord aangekla word nie.

Xtina ·

Jys reg, ek het nooit so daaraan gedink nie. Ek het nou sommer my opinie verander want ek was ook pro-doodstraf

Alida ·

Hierdie storie het nou baie kinkels mens weet wat die waarheid is nie. Natuurlik sal die boere aan die kortste end trek. Indien die Hof bevind hulle is onskuldig sal die familie en 1000 ander steeds glo hulle is skuldig.

johan ·

as dit waar is sal die seelfoon ,baie vertel waar hulle was , so as ek die twee is kry maar n goeie prok , wat daar gaan nou baie getuies kom….. maar as die storie waar is moet die gereg die twee jare tronk toe stuur ongelukkig

Josef Espag. ·

Soveel weersprekende weergawes! Waarom so moeilik om borg toe te staan?

w ·

Hu de hell kan polisieman geglo word as so called getuie ni in hof self getuig ni. Wys jou net hu onbetroubaar is vani polisie. Ook ma net da vi di pay.

Player Unknown ·

Ek is nou nie die skepste potloot in die sakkie nie, tog net die volgende……
Indien 2 persone aangekla is,en beide die persone het hom van n bewegende bakkie afgegooi, wie het die bakkie bestuur? n robot?
Dit klink vir my na omgekoopde getuie.
na aanvang van die massa betogings en plundery kan ek sien daar is baie mense,dus my volgende vraag. hoe weet die beskuldigdes presies waat die ooggetuie bly????

Annoniem ·

Dis net Snaaks dat hul op die nuus gese het dat die kind het wel sy nek gebreuk maar daar was geen teken van aanranding met die na doodse ondersoek nie!!!!!!!!!!
Hul sal alles vedraai om die 2 mans tronk toe te stuur oor hul wit is (Selfde gewees met die man wat Perongeluk Swartman geskiet het toe hy gaan jag het, Daar was ook kamstige oog Getuies en hul ook kamstig gevrees vir hul lewens.
Maak my siek!!!!!!!!!
Hul verwoes 2 Dorpe en mense se lewens maar niks word daarvan gese of aan dit gedoen nie

Johannes Meintjes ·

Hiermee aan te voer dat hoe gouer al ons mense aan buurtwagte, plaaswagte en GPF strukture meedoen om misdaad te bekamp, hoe minder is die kans dat reg onhandig in eie hande geneem word, ter eskalasie van kulturele spanning.

Skim ·

Wie is die ooggetuie? Is hy betroubaar? As die kind se nek gebreek is met die uitgooi slag sou hy onmiddellik gesterf het .. so ek weet nie waar al die ander stories nou vandaan kom nie. Wat my erg ontstel is dat die SKARE kan sê of die manne borgtog moet kry of nie. IS die regsbank nie veronderstel om ONAFHANKLIK te wees en NIE deur die skare beinvloed te word nie. Nou maak hulle of die manne se lewens in gevaar is (so asof hulle omgee). Soms wil hulle nie eers familie by hofsake toelaat nie omdat hulle nie EMOSIONEEL beinvloed wil word nie, tog mag die skare bepaal of hulle BORGTOG mag kry of nie. ALLE plaasmoordenaars kry borgtog, hoekom nie hierdie manne ook nie? Omdat hulle WIT is? Dit is belaglik man … Hier is soveel LIEGSTORIES< en as die familie wat nie eers na die kind gesoek het nie nou skielik vorendag kom, is dit NET om vergoeding uit die deal te kry .. Die feit dat die kind se ouderdom van 12 na 16 verander het SPREEK ook BOEKDELE, wys jou hoe 'betroubaar' is die ooggetuies, familie en vriende van die oorledene!! Ooggetuies kan OMGEKOOP word, weet julle dit? O nee, die liberales sal dit nie glo nie . hulle sal glo dit is alles die boere se skuld .. ongeag al die LEUENS wat al in hierdie saak gefeature het.

E.K. (vra net) ·

As daar enigsins bloed êrens op die bakkie was, selfs as dit afgespuit is en net êrens ‘n kolletjie is, kan die polisie dit mos maklik staaf deur die toetse te doen om dit te bewys. Dink dit is Luminol wat gebruik word. En ja, die selfoon van die “getuie” kan nagegaan word om te sien waar dit oral was. Daar is baie manier om by die waarheid uit te kom.

Scalla ·

Toe hy gevang is dat hy steel toe is hy 12 jaar, minderjarig en mag niks oorkom nie, noudat hy dood is was hy 16 jaar. Iets ruim nie, laat die getuie self praat en nie die brigadier nie, hul word voorgeskryf hoe om die storie te verdraai, hul gaan hulself weerspreek, hoop die waarheid seevier.

Spook ·

Dit klink al meer soos n speur verhaal uit n storie boek uit. Sou dit dir geval wees, was dit baie wreed en sulke wreedhede kan nie geduld word nie….. Maar my logika se vir my die oog getuie lieg.. Die pap is darm te dik aangemaak!

CAROL ·

DIE SAAK IS AL N PAAR DAE AAN DIE GANG NOU SKIELIK IS DAAR N OOGGETUIE???? MMMM KLINK NA SLANG IN DIE GRAS NEH????

Jaycee ·

Hierdie saak raak nou so ingewikkeld soos ‘n blik wurms.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hiedie saak is nou so deurmekaar dat ek, as ek Maroela was, my broek sal vat en padgee van hierdie saak totdat alles uitgepluis is. Indien OOIT! Hoe kan enige nuusberigte geformuleer word met so ‘n totale chaotiese saak/getuies? Miskien moet Maroela maar elke dag net sê “case under investigation”.

Netta ·

Deksels ….. Die boere moes seker gemaak het dat die ‘ooggetuie’ nie agterna kón praat nie. ‘n Dooi man kan nie praat nie, sê ek altyd.

ME ·

Die Ingelse het so ‘n pragtige gesegde : “It is easier to stay out, than to get out”. Daar is nog ‘n klompie bleeksiele in SA wat dit moet leer …..

SP ·

Gaan Google hierdie Brig en julle sal sien by watter opspraakwekkende ondersoeke was hy al betrokke,waaroor daar altyd vraagtekens hang.Mr Fix it.

M.p ·

Heel toevallig…. dat daar net 1 getuie was wat als gesien het!!! Wonder hoeveel is hy betaal!!!

Marietjie Blignaut ·

Leuens en nogmaals leuens. Ons kan nie wen teen die donker oormag nie. Poligraaftoetse is nie geoorloof in die hof nie en niemand kan sien as hulle bloos as hulle lieg nie. Hoe kan ons onself verontskuldig in enige hof in SA? Bid vir die witmense in aanhouding is al wat ons kan doen……..

catryn ·

Hoop die regspersone gaan die ooggetuie ook so bietjie onder kruisverhoor neem en of dit nou streek met wat die polisieman hier gemeld het en of dit KLOP. Daar is so baie in die kommentare, soos die 48km uit die dorp uit – wow indrukwekkend en al die ander “beskuldigings wat daaliks verander” – die prinsipaal loop hom dood met geen resultate en dae later kry ook drinkers in ‘n gebied wat hom sommer na die ouers toe neem (in een berig)

Interessant dat daar so ‘n paar kilometers wes van Zeerust, naby die grens van Botswana is daar ‘n dorpie met die naam van MOSWEU dieselfde as die persoon wat dood is … die pa het nie dieselfde van nie, maar die ma het.

Hierdie is net te veranderlik by die dag en daar was al verskeie “getuies” in verskillende berigte en nie een storie klink dieselfde as die ander een nie

LVDH ·

Die boere is reeds “skuldig bevind”! Kom wat wil, en anders breek en brand hulle Coligny, of wat daar van oor is. Ek kry hierdie 2 boere bitter jammer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.