Coligny-moordsaak: Twee beoog weer borgtog

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die twee mans wat skuldig bevind is aan die moord op ʼn tienerseun van Coligny, wil om borgtog aansoek doen terwyl hulle wag om gevonnis te word.

Adv. Tembeka Mbadu, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die twee mans se regsverteenwoordigers het Vrydag ʼn aansoek in hooggeregshof in Mmabatho gebring.

Volgens Mbadu sal die regter dié week uitspraak lewer oor of hul aansoek prosedureel korrek is. Indien die regter bevind dit is, sal Doorewaard en Schutte ʼn borgtogaansoek kan bring.

Vonnisverrigtinge in die saak sal op 28 Januarie begin. Regter Ronnie Hendricks het Doorewaard en Schutte in Oktober skuldig bevind op aanklagte van moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Doorewaard en Schutte is in Mei verlede jaar op borgtog van R5 000 elk vrygelaat, maar dit is teruggetrek nadat hulle skuldig bevind is en hulle is nou in aanhouding.

Die staat het aangevoer die twee het op 20 April 2017 die 16-jarige Matlhomola Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp of afgegooi en dat die tienerseun weens dié val gesterf het.

Die staat beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel.

Die twee mans het volgehou Mosweu het van die bakkie afgespring.

Hul regsverteenwoordigers het reeds aangedui dat hulle van plan is om teen die uitspraak en vonnis te appelleer sodra hulle gevonnis is.

ʼn Enkele ooggetuie van die voorval, Bonakele Pakisi, het egter aangevoer Mosweu, ook bekend as Faki onder sy maats, is van die bewegende bakkie afgestamp.

Lees alle vorige berigte oor die Coligny-moordsaak op Maroela Media.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

legens ·

Hou hulle binne … waar hulle hoort . `n Familie is sonder `n kind .

Piet ·

Legens, dit is werklik jammer dat jou oordeel belemmer word deur ‘n vendetta wat jy klaarblyklik het teen sommige mense het. Ek glo jy het jou redes daarvoor, maar dit maak dit nie reg nie. Die probleem wat ek het is dat die SAP se forensiese afdeling feitlik nie meer bestaan nie. Mense word op grond van omstandigheidsgetuienis bo enige redelike twyfel skuldig bevind i.p.v speurwerk wat gegrond is op die wetenskap wat werklik bo redelike twyfel word. Daar is b.v bewys dat die staat gelieg het in Fred vd Vyver se saak. Hy het die geld gehad om die staat se gekonkel te bewys. In Oscar se saak sal daar nog baie vrae wees want die forensiese werk was uiters swak. Ek sal graag wil hoor waarom is jy so seker oor hierdie manne se skuldig bevinding of is ek reg as ek se jou oordeel word deur ander faktore beinvloed? Wanneer jy politiek en haat inwerk by strafsake sal baie onskuldige mense se lewens verwoes word. Ek sal werklik verbaas wees as jy geen probleem daarmee het nie.

Koos de Meyer. ·

Wat ek nie mooi verstaan nie. Wie het dan die bakkie bestuur as die regter albei aan moord skuldig bevind. Altwee kon hom nie afgestamp het nie en kamtig een geloofwaardige getuie. Swak, maar ja dis nuwe Suid-Afrika.

Abe ·

Koos de Meyer,
Lees weer die uitspraak weer: Volgens die hofbevinding het een die bakkie bestuur, die andereen het die seun van die bakkie afgestamp. Hulle is albei skuldig bevind want (volgens hof) het hulle gemeenskaplike opset (dood van die kind) gehad.

Brutus ·

Ja nee iets maak nie sin nie die saak moet beslis op appel gaan.

Abe ·

Lana,
Wat bedoel jy? Dit is beslis nie ‘n grap vir die 2 beskuldigdes nie.

Philip ·

Hulle moet Gerrie Nel kry om hul saak te hanteer want hy sal daardie getuie gou na sy asem laat snak met sy storie.

Daan Erasmus ·

Die hoof getuie is duidelik voorgesê. Duidelik vir almal behalwe die regter. Hierdie 2 manne het nie ‘n regverdige verhoor gekry nie.

PJC ·

Ja Lana ek stem saam. Hierdie mense is besig om ń grap van die regbank te maak. Philip ek stem met jou ook saam. As hierdie ouens geld gehad het vir goeie regsverteenwoordiging sou die saak heel anders verloop het. Daar is nie altyd geregtigheid vir arm mense nie.

Vanessa Moore ·

Iets klink ook nie vir my te lekker hier nie. Ek stem nie saam met die uitspraak nie. Slegs een getuie en dan word hulle skuldig bevind. Ek dink daar sal meer bewyse as dit moet wees. Ek hoop uit my hart julle kry ‘n regverdige verhoor.

humor ·

Hoe ver was die een getuie van die gebeure. Het die persoon nie na die kind gegryp om te verhoed dat hy spring nie. Dit kan baie maklik verwar word met stamp.

Johan ·

My maat is voor n getuie gemoor en gebrand. Tot vandag nog niks gebeurt nie. Ander maat se 2 jare oue dogter is geryp voor die huishulp Tot vandag niks gebeur nie. . Maar as dir n witte was was hy lankal in tronk.

Koos de Meyer. ·

Party mense leef maar in ‘n droom wêreld. Wie sal so dom wees om iemand polisie toe te neem en hom doodmaak voor hy daar kom. Belaglik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.