Coligny-moordsaak: Twee bly vir eers agter tralies

Betogers buite die Coligny-landdroshof (28 April 2017). Foto: Verskaf

Die twee mans wat aangekla word van die moord op ʼn 12-jarige seun van Coligny in Noordwes sal minstens tot 9 Mei agter tralies bly.

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte het vandag in die Coligny-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord. Frank Lesenyego, die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê Doornward en Schutte sal op 9 Mei om borgtog aansoek doen. Hulle bly in aanhouding tot dan.

Maroela Media het vroeër berig die mans het na bewering twee seuns betrap dat hulle sonneblomme uit boere se landerye gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om agter op hul bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon vat.

Pieter Karsten, die werkgewer van die twee mans, het in ʼn onderhoud met RSG se Monitor en Spektrum beweer een seun het weggehardloop en die ander seun het agter op die bakkie geklim. Volgens Karsten het die seun van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het. Hy het ernstige beserings opgedoen en is later oorlede.

Betogers buite die Coligny-landdroshof (28 April 2017). Foto: Verskaf

Die seun se identiteit is nog nie bekendgemaak nie, maar sy dood het aanleiding gegee tot die gewelddadige betogings wat dae lank in Coligny gewoed het.

ʼn Groep betogers het Vrydagoggend voor die hof saamgedrom om te eis dat Doorewaard en Schutte nie op borgtog vrygelaat word nie. Die publiek is nie in die hof toegelaat nie.

Lesenyego het gesê die landdros wat vandag die saak aangehoor het, het homself van die saak onttrek omdat hy vrees vir die veiligheid van sy familie. ʼn Ander landdros sal aangewys word om Doorewaard en Schutte se borgtogaansoek aan te hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

pieter ·

Hoop hulle betoog ook so as die klomp wat toegesluit is vir geweld voorkom.

PJ ·

Wat die 2 gedoen het was stupid en nou is ‘n kind dood. Maar die betogings en plundery is belaglik. Nou suffer soveel onskuldige mense.

Boerseun ·

@PJ: He kan jy enigsins beweer die twee blankes se optrede was “stupid”? Moes die boere die diewe per voet soos beeste na die aanklagkantoor aangejaag het?

Sonja ·

Ek dink dit was n tragiese ongeluk en dat di boere ni verantwoordelik gehou kan word omdat daardie seun besluit het hy spring af nie. Hulle het met hom polisiestasie toe gegaan. Ek sou presies dieselfde gedoen het as ek in daardie bier se skoene was. Hoe kon hy ooit weet dat die kind sou spring. Die klomp betogers ruk soos gewoonlik die dam onder die eend uit. Hulle het dit as n verskoning gebruik om te plunder en te steel. So eks jammer maar in my oë was dit n ongeluk. Sluit liewer di barbare toe

Johann ·

Sonja, ek stem saam met jou. Maar, ongelukkig, is dit teen die wet om agter op n bakkie te ry. Die seun het gedoen soos hulle hom gevra het, maar die bestuurder van die bakkie moes tog geweet het dat dit teen die wet is. Hy moes eerder die polisie geskakel het om uit na die toneel te kom. Die hof sal dit moontlik ook sien as ontvoering. Ek is jammer om dit te se, maar die bestuurder van die bakkie moes beter gedink het. Dit is inderdaad tragies, en ons almal maak foute, maar ons moet altyd mooi dink voor ons iets doen.

Sonja ·

Ek sien jou punt Johann en jys reg. Ek dink ni hulle het gedink hy gaan afspring.
Dis maar net sleg. Ons blankes sal mar nt altyd verkeerd wees.
Jy sal verbaas wees as jy sien watse tartende houding die ni blankes het. Want hul weet jy mag ni eens vir hul vingr wys ni dan dreig jy hul. Maak mens moedeloos

Johann spies ·

Dit is nie teen die wet om iemand agterop ‘n bakkie te laat ry nie, mits hy natuurlik aan die wetlike vereistes voldoen. Hoekom ‘n moordsaak open en nie net strafbare manslag nie? Is dit omdat hulle blank is?

Estelle ·

Almal is gelyk voor die reg. On skulduggery tot onweerlegbaar skuldig bewys. As boendoe howe an die orde van die dag word- sal geen reg kan seëvier nie. In die ou dae het kwajongens perskes gaan steel -toe word dit ń formele diefstal. Niemand mag net neem van ander nie. Maar almal -elke burger van ń land – moet op die regstelsel kan vertrou; die deler en die steler. As regters gemanupileer kan word -Wat bly oor van ń regverdige verhoor?

Nita ·

Wanneer gaan wittes besef hulle mag nie aan n swarte raak nie of dreig nie of doodmaak uit selfverdediging nie. Ons moet net alles vat wat na ons kant toe kom sonder om te murmereer anders sal ons,onsself agter tralies bevind.

Johann ·

Hierdie is Suid Afrika, mense. So het dit nog met elke sodanige saak tot dusver verloop, so sal dit met alle derglike sake vorentoe verloop, ongeluk al dan nie. Julle sal deur die menigtes buite die howe verwelkom word. Leer daaruit.

Jammer vir Johann ·

Johann, mag so iets nooit oor jou pad kom nie. Jy weet nie waardeur hierdie mense en hulle families gaan nie. Voel jammer vir jou wat so veroordelend is. Jy maak baie mense seerder as wat jy tog ooit sal besef. Siestog. Dalk moet jy maar jou aandag bepaal waar dit iets goed sal doen as wat jy op mense trap wat reeds le. Sterkte ou maat.

Henry du Bois ·

Ek staan verbaas dat die polisie so vinning die 2 vermeende moordenaars kon opspoor en in hegtenis neem, maar het nog geen berig gesien waar vertel word dat die betogers wat so geplunder en brand het , ook aangekeer is nie? Almal gelyk voor die reg – I beg to differ!!

MCH ·

Die boeregemeenskap kan nie sulke publisiteit enigsins bekostig op die stadium nie. Selfs polisiebakkies is volledig toegebou ten einde sulke situasies te voorkom. Die vraag wat ons onsself altyd moet afvra, is wat sou die redelike mens gedoen het. Twee seuns met hoeveel sonneblomme? R20? Nou is daar miljoene se skade aangerig. Duisende mense kom nou net van die gebedsaamtrek in Bloemfontein. Watter teenpool is die gevolg nie op die dag van verootmoediging nie.

AN ·

jy het seker nie al die berigte gevolg of gelees nie. Die boere het al soveel diefstal gehad male sonder tal, dat hulle besluit het om aksie te neem en die oortreders nie langer net te los nie. So, dis nie net R 20 soos wat jy se nie. Gepraat van R 20, mense in SA word vermoor vir ‘n paar R of ‘n Selfoon. Hierdie boere was nalatig, maar het nie die kind vermoor vir R 20 nie.

oumie ·

MCH regtig polisiebakkies toegebou regtig wonder hkm dhuh dit is om die skelms binne te hou nie vir plesier ritte nie jy het my nou lekker laat giggel

Wonder net ·

Jy beweer dus (korrek) dat die biddery in Bloem hoegenaamd geen positiewe gevolg gehad het nie? Ja, onmiddellik terug na Boerehaat, plunder en moord!!!

Ben Prinsloo ·

En wat gaan gebeur as die wittes met die volgende plaasmoord die lokasie invaar en begin om huise en taxis af te brand? Ek wonder maar net.

Sonja ·

Dan word ons net daar doodgemaak Ben. En dit gaan ook ons skuld wees want ons was in hulle ” gebied”. Ons sal net nie wen nie.
Ons sal altyd aan di kortste end trek.

Zumpiegumpie ·

Deesdae in die res van die wêreld sit hulle in hul huise en vlieg ‘n drone oor die plek wat hul wil plunder.

Wally ·

Ek verstaan nie hoe hulle van moord aangekla word as hy self van die bakkie af gespring het nie.
Geen wonder die een landdros wil niks daarvan weet nie, daar is nie ń manier om hulle skuldig te vind nie.
Ek neem aan poppe gaan dans wanneer hulle vrygelaat word.

Sonja ·

Ga my verstand ook te bowe. Soek maar net iets om boere moeilikheid te gee.

schalk ·

Wat het hul in die eerste plek in die boer se land gesoek!! En wat van die ander een wat leef? Is hy aangekla vir diefstal en betreding???

Marietha ·

Volgens Strafreg word die 2 boere onregmatig aangehou. Hoop hul stel enorme siviele eise in. Wil graag hul regsverteenwoordiger wees. Soek ook graag ‘n strandhuis wat die polisie gaan betaal.

Nico ·

Ja ek kan glad nie verstaan hoekom hulle nie op borg vrygelaat kan word nie. Seer sekerlik is hulle adres al bevestig en hulle is nie ‘n vlugrisiko nie – hulle het hulself tog self oorgegee? Klink na ‘n skuif om die massas te kalmeer.

Adele ·

Johann…jy bly duidelik nie in Coligny nie. Dis n klein plaasdorpie en agter op die bakkie is die reel, nie die uitsondering daarop nie. Dit is die hoof vervoermiddel vir baie van die werkers.

Louw ·

Ek stem saam. Van wanneer af is dit onwettig om agter op n bakkie te ry…? Liewe genugtig, Dit is tipiese Sandton praatjies.

Wonder ·

Hulle soek n verskoning om te plunder,net sodra daar n vonkie is wat hulle as rede kan aanvoer.Hulle weet baie goed sou hulle drankwinkels plunder sonder die “vonkie” word hulle summier toegesluit

Big daddy ·

Onwettig om agterop n bakkie te ry? Van wanneer af? Nee wat nou gaan my mense toon klap.

Eugene ·

Johan, jy is duidelik een van daai liberaliste wat verskoning soek vir die polisie se onwettige aanhouding van onskuldiges. Dit is GLADNIE onwettig om iemand agter op ‘n bakkie te vervoer nie! Die nuwe wet maak dit eers in Meimaand onwettig – in sekere gevalle!

Danie Koch ·

Agter op n bakkie ry is nie n oortreding. n Volledige ondersoek moet gehou word. Volgens berigte het hulle gesteel en wou die boere hulle Poliesstasie toe neem toe die een glo afgespring het. Die ander een het gisteraand op die nuus n heel ander storie vertel. So wie praat die waarheid?
Daarom n volledige ondersoek. Dit gee die swart gemeenskap nie die reg om te doen wat hulle gedoen het nie. So wie is reg en wie is verkeerd?

Zumpiegumpie ·

Dis snaaks dat die een op tv gisteraand beweer hulle was geslaan of aangerand. Hoekom lyk hy dan blakend gesond sonder merk of letsel?

Tinktinkie ·

Stenig maar!!! Die probleem is dat d boere nie d reg tot inhegtenisname gehad het nie!! Hulle moes die polisie (hoe goed of sleg hulle ook mag wees) gekontak het om d saak te hanteer. Ek wonder oor d boere se totale onskuld…..kan nie insien dat hulle mooi met d kinders gepraat het en gevra het dat hulle op d bakkie moet klim nie!! Ek glo daar is geskree en geïntimedeer!!!

Attie ·

…en daar word drukkies en soentjies uitgedeel as ou mense op plase vermoor word. Wakker word, kyk wat om jou gebeur! Mense is keelvol in hierdié land. ‘n Redelike persoon sou beslis opgetree het wanneer daar van hom gesteel is, tensy jy liberaal is en die dief toelaat om sy buit te hou.

Ai Tinktinkie... ·

Daar bulder aantuigings alweer! Siestog. Wonder wat sal jy doen as daar elke week van jou goed weg gedra word en die Polisie nooit uitkom of kom help nie. Wonder ook hoe jy kan besluit dat hulle die verdagtes sleg behandel het en geintimideer het nie. Doen tog moeite om iemand te leer ken voor jy aantuigings maak. Foeitog!! Voel jammer vir jou ook. As jy nog nooit in so n situasie was nie kan jy seker nie jou mening lug nie? Vra maar net…

Sonja ·

Tinktinkie, kom bietjie platteland tu. Dan sal jy miskien sien hoe dit hier gaan. Duidelik het jy ni n idee nie.

Zumpiegedumpie ·

Volgende keer as jy weer op Coligny is bel bietjie die polisie en kyk of hul nog antwoord nog uitkom! ? good luck

anton ·

Ag asseblief toggie tog!!!
En het jy al gehoor van n burgerlike arrestasie as iemand anders die wet oortee???
Jy kan iemand arresteer wat diefstal pleeg en dan oorhandig aan die polisie.
En jou oordeel teen die boere??? Vir wat???

Rina ·

En net vanoggend laai ek vier mense op wat by ons indraai staan en “lift” soek – my bakkie agter reeds vol van my eie bedryf se produkte, maak plek vir 3 (een man en twee jongvroue) met al hul naweekbagasie ook nog agterin – my bakkie het ‘n kappie. Ouer vrou sit langs my en daar ry ons – ek ry so stadig dorp toe en dink heeltyd ry net versigtig! Hulle was so dankbaar toe ek hulle aflaai en ek dankbaar dat almal veilig is – my al hoeveel kere voorgeneem om niemand op te laai dog hierdie mense staan letterlik in my rypad en smeek vir geleentheid – mens is mos maar wat jy is! Doen vandag goed, more kom dit terug na jou kinders – hopelik!

Theunis Kruger ·

Politieke inmenging moet die skuld kry vir onwettige arrestasies. Boere verloor miljoene jaarliks aangraan dief stal. Dis die boere se salarisse. Almal wat hier hulle monde uitspoel,hoe sal jy voel asdaar elke maand vanjousalaris gesteel word. As jy nie wat wat die feite is nie, bly stil.

Ria ·

Bel SAP sodat hul uitkom? Wat n grap! Dan het hul nie n voertuig nie of tel nie eers die telefoon op nie want slaap te rustig. Breek by my broer in op plot en sms my om asb SAP te laat uitkom. Tel nie foon op nie en lui tot hy dood gaan. Bel 10111 en lui lank, luister dan na musiek en word eindelik net toe ek wou neersit beantwoord. Toe soek hul str nr en hoe meer ek verduidelik daar is nie str name en nrs nie hoe meer word met my geredekabel tot ek foon neersit en maar weer stasie probeer. Inbraak besig omte gebeur 1h30 die oggend, Sap daag toe darem 7h30 oggend daar om. My broer moes maar net sorg dat hy uit hul pad bly terwyl hul alles verniel en wegdra.

Wanda ·

Volgens kyknet nuus, het n swarman n hele ander storie gehad. Die seun was aangerand en hulle het die swartman aangerand wat dit gesien het, hom heeltyd gevra wat het hy als gesien. Hy het gese hyt niks gesien nie, maar hulle het hom nie geglo nie en skote agter hom aangevuur in die grond terwyl hulle vir hom gese het om te hardloop. Hy se daar het toe al bloed uit die kind se ore geloop hlaf bewusteloos. Dis toe wat hulle hom op die bakkie sit. So dit klink of hulle nie so onskuldig is nie. En dit vir sonnenlomme. Die swartman het gese hy vrees nou ook vir sy lewe want hy dink hulle wil hom kwaad aan doen sodat hy nie kan praat nie. Klink nie vir my of hy al daai goed uit sy duim kan suig nie. So geregtigheid moet maar geskied. Met wit of swart wat die reg in eie hande wil neem. Dis sulke dinge wat haat nog meer aan wakker.

Ai Wanda! ·

Jy was mos daar om te weetwat gebeur het. Jy het mos met jou eie oe die nadoodse ondersoek bygewoon. Jy was seker mos op die toneel en ken die mense. Wat jou ook al veilig laat voel en lekker laat slaap…. Sterkte! Mag jou mense nooit in so ʼn posisiekom nie.. Skuldig of ONSKULDIG.

Hennie ·

Ek stem! ‘n Storie het altyd twee kant, myne, joune en die waarheid! Ek hoop nie dis waar wat die swart man vertel het nie, want dan het daardie twee manne moeilikheid, dis verseker!

Anoniem ·

‘n Kind wat so aangerand is dat bloed uit sy ore loop? Wat later van ‘n bakkie afspring? Jy het duidelik òf baie twak uitgedink òf was saam agter op die bakkie?

Slim Wanda ·

Ai Wanda. Lees weer jou eie kommentaar, dan gaan lees weer al die berigte van die voorval, en dan gaan luister jy weer na die swartman se stellings. En as jy logika gebruik, Dan sal jy dalk kan agter kom die man praat bietjie nonsens. Die polisie sou dit dadelik kon gesien het as die seun so vreeslik aangerand was, tot hyself. En daar was 2 boere betrokke, nie 3 nie. Ek kan nog ure hier sit en skryf wat my mening is-en duisende ander ook-oor julle slim mense se opinies oor die boere en hoe hulle moet optree. Julle het werklik nie ñ idee waarvan jul praat. Hulle het my buurman aangerand, wonderbaarlik dat hy lewe… en dan betaal hy die plaas werkers se kinders se skool geld ook nog. En so 6km verder ñ tannie van 70 verkrag en aangerand. Dierbare mens. Al ooit iets daarvan gelees of gehoor? Wat is jul opinie daaroor?

Wanda ·

Dis wat op die nuus gese is. Ek herhaal wat hulle se, en ek kies ook nie kant nie net so min as wat enige iemand iets kan se omdat nie een van ons daar was nie. Glo ook nie jy nie ” Ai Wanda”. Al wat ek se is laat reg geskied en natuurlik bid ek dat die ouens onskuldig is.

Johan v H ·

Hi Wanda hy het ook in Tswana gese die kind het gehuil. So ek verstaan nie werklik hoe n kind wat half dood geslaan was en bewisteloos is kan huil???
MY vraag is egter gaan daar met die volgende plaasmoord waar daar kinder slagoffers is ook n dorp afbrand en plinder… Of gaan ons die polisie los om die saak te onder soek…?

Michelle ·

Het die doodsondersoek nie gewys dat hy geen ander beseerings as n gebreekte nek het nie?

Johan Potgieter ·

Ek is nie n regsgeleerde of n boer nie maar wat het geword van n burgerlike arrestasie, die diefstal van R20.00 sonneblomme nie die punt nie.Oestyd glo ek is op hande, n mielie land kan afgebrand word, is dieselfde nie van toepassing op n sonneblom land. ?

Charmaine Coetzee ·

Die beste is as jy wit is om nie iets vetkeetd te doen wat teen jou gebruik kan word nie hulle spring af mast dan word boere aangekla vir moord

Uitslag ·

Die uitslag van die nadoodse ondersoek sal deurslaggewend wees. Duidelik sal aanrandingsmerke verskil van val van ‘n bakkie af.

Stom ·

Daar is nou so veel dinge wat ek hier gelees het en dis skrikwekkend….ek het famielie daar en is nou werkloos agv al hierdie ding….skokkend en stom geslaan….regtig

Linda de Jongh ·

Die saak raak al hoe meer deurmekaar. Nou op die nuus gehoor die kind is nog nie geidentifiseer of opgeeis nie. Die polisie het selfs die skole in die omgewing genader om te help met identifikasie. Die arme kind was dalk huisloos en honger.

regtig nou ·

Huisloos of honger… Gaan n kind defentief nie in die middle van n sonneblom land gaan iets soek om te eet ni??? of vir hitte nie…!!! se maar net… so as jy iemand in ju huisbetrap wat inbreek en steel …n warm bedjie in ju inkind se kamer gee en m bord kos? ek dink nie so nie.

Michelle ·

Hoe weet hulle dis n”12 jarige kind”????? Die arme boere!!!! Daar word daagliks van hulle gesteel. Die boere word uitgemoor, gemartel wreed verkrag ȇȠ doodgemaak. As niemand weet wie die persoon °̩s ϖӐȾ dood °̩s nie ϖӐȾ soek die persoon daar? Hoe kan die ouderdom van die mens bepaal word sonder n id of naam of identiteit. Enige dood °̩s afgryslik, maar net omdat dit boere °̩s word daarvan n rasse insedent geskep ȇȠ alles uitverband geruk. Meeste plaasmoorde ȇȠ kaapings waar mense koelbloedig vermoor word lees mens nie eers van nie.

Verbaas ·

Sjoe nee genugtig Johan ,ek was 20 jaar in Polisie en nog nooit was dit onwettig om agterop n bakkie te sit nie,jy mag egter nie staan nie.
Jy sal regtig eers jou huiswerk deeglik moet doen voor jy mense in publieke situasies soos hierdie aanvat.Jy is duidelik onkundig op vele terreine en selfs op misdaad terreine.
sterkte vir jou onkunde

Henrico ·

Stem saam met Johan Spies…..mag agterop ry,maar moet plat sit in bak…..ek sal hulle aanraai om n onafhanklike patoloog te kry…….om nadoodse ondersoek te doen……….ja………hoekom moordaanklag en nie strafbare mansslag nie

Johannes Meintjes ·

Ai, ons as Afrikaners bly maar ons eie grootste vyand in soveel opsigte. Kry jou Buurtwag en Plaaswag aan die gang, en neem konstruktief-aktief deel aan Belastingbetaalersverenigings sodat jy inspraak en mag het om misdaad en wandade in jou omgewing meer effektief en binne die reg aan te spreek.

pieter ·

is daar nie een of ander organisasie wat een of ander advokaat het wat sou veg vir blanke regte nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.