Coligny-moordsaak: Twee eers dan gevonnis

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die twee mans wat skuldig bevind is aan die moord op ʼn tienerseun van Coligny, sal eers vroeg volgende jaar hul lot hoor.

Die vonnisverrigtinge is Donderdag tot 28 Januarie uitgestel sodat die twee se regsverteenwoordigers en die staatsaanklaer argumente kan voorberei ter strafverswaring en -versagting. Die twee bly tot dan in aanhouding.

Regter Ronnie Hendricks het Doorewaard en Schutte Woensdag skuldig bevind op aanklagte van moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Die staat het aangevoer die twee het op 20 April 2017 die 16-jarige Matlhomola Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp of afgegooi en dat die tienerseun weens dié val gesterf het. Die staat beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel.

Die twee mans het volgehou Mosweu het van die bakkie afgespring.

ʼn Enkele ooggetuie van die voorval, Bonakele Pakisi, het egter aangevoer Mosweu, ook bekend as Faki onder sy maats, is van die bewegende bakkie afgestamp.

Lees alle vorige berigte oor die Coligny-moordsaak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Francois le Cochon ·

Ek stem saam. Dit is belaglik dat hulle moet wag tot 28 Januarie 2019 om hulle lot aan te hoor.

Piet ·

Ek dink Janet het eintlik bedoel dat dit belaglik is dat hulle skuldig bevind is. Die probleem wat ons in die land het, is dat ons forensiese ondersoekwerk van sulke swak gehalte is. Ek sal gestenig word as ek die griekwastad moordenaar, Don Steenkamp, se saak as voorbeeld gebruik. ‘n Blote teorie is voorgele dat hy sy suster verkrag het en dit was dan ook kwansuis die motief, hoewel die bywese van die “verkragting” baie twyfelagtig was. Daar was geen DNA of enige wetenskaplike bewys gegee nie maar bloot teorie en dis toe aanvaar as die waarheid. Meer en meer word, in strafsake, n storie vertel en die regter besluit of hy van die storie hou of nie. Harde wetenskaplike feite is iets wat mens nie meer in SA kry nie.

Johan ·

Hoekom moet hulle in aanhouding bly as hulle dan die hele tyd op borg was

Francois le Cochon ·

Omrede hulle nou skuldig bevind is aan moord. Voor die skuldigbevinding was hulle slegs aangeklaagdes en kon dus op borg vrygelaat word.

jakes ·

Hulle kan n dringende aansoek in die hoogeregshof bring om borgtog.

Jacques ·

Dan wil almal weet hoekom dit gaan in ons land , kyk hoe lank wat n saak in die hof om afgehandel te word . In die ou dae het n saak n paar maande geneem van begin tot einde .
Nou neem dit n hele paar jaar , vir wat ?? Laat die twee mans op borg uit , dit is mos nie asof hulle gaan weg raak of enige iets nie. Sterkte .

legens ·

Jammerlik , maar gelukkig vir hulle , is die doodstraf afgeskaf .
Plaasmoorde is besig om hand uit te ruk en die doodstraf hier sou `n goeie waarskuwing aan alle moordadiges gestuur het .

Kosie ·

Dan wil almal weet hoekom ek teen die doodstraf in ons land is. Hierdie 2 manne sou verseker die doodstraf gekry het. Besluit maar self of jy nogsteeds wil kerm en kla “bring terug die doodstraf”

Al ·

Ek kry die mans baie jammer. Hul was alreeds skuldig bevind deur politieke leiers en gemeenskap toe die ongeluk gebeur het.
Hul het nie ñ regverdige verhoor gehad van die begin af nie.
Sou ñ onafhanklike pataloog vir die verdediging gehelp het? Of was dit ñ geval dat hul dit nie kon bekostig nie?
My hart gaan uit na hul en hul families.

Ben ·

Wat het geword van ‘n “Citizens Arrest”. Hierdie mans het krimininele daad gesien en probeer om dit te verhoed. Nou is hulle skielik die skuldiges? Hierdie verkeerde uispraak gaan ook nagevolge he bv: Wie van die publiek gaan die polisie probeer help as die onskuldige die skuldige word? Kyk ook na Vicki Momberg se saak, sy was die “Victim” en nou sit sy in die tronk. Ons regstelsel is nie reg nie!. Die wiel draai en hierdie “gehijackte” regters gaan ook hulle beurt kry.

HPV ·

Een rasgedrewe getuie, ‘n stelsel vrot van dubbel standaarde en ‘n anc regime… hoekom is mens nie verbaas nie…?

Ryan ·

Maar het die forensiese patoloog of die persoon wat die nadoodse ondersoek gedoen het dan nie in sy verklaring gesê dat dit geensins lyk soos moord nie! Myninsins is die besluit laaaaaankal gemaak.

DeVill ·

Vreemd dat die persoon wat bestuur het gewillig is om saam skuld te vat vir ‘n moord wat iemand anders gepleeg het?

Dit is tog die persoon wat die seun van die bakkie gestamp het wat moet skuldig wees aan moord en nie die persoon wat bestuur het nie?

Het die staat dan bewys hulle twee het saam beplan om die seun op te laai en dan af te gooi.
Hulle moes sekerlik vooraf dan ook besluit het wie gaan bestuur en wie gaan die stamp werk doen.

Lewies ·

@DeVill, ek het presies aan dieselfde ding gedink. Altwee kan nie skuldig wees aan moord nie dit is nie moontlik nie. As hulle skuldig is dan het hulle gestamp en n derde persoon het bestuur…..Pakisi?

humor ·

De Ville en Lewies hierdie saak het soveel gate in hom soos n afgeleefde spinnerak. Ek kan nie begryp dat hul verdediging so power was nie. Daar moet beslis ge- apelleer wprd. Hierdie saak moet onder die aandag van Afriforum kom.

humor ·

Jammer om weer aan die woord te wees. Om af te stamp en om te probeer keer dat die persoon nie afspring nie kan in n oogwenk baie misleidend wees.

Paul ·

Ek dink dis tyd dat iemand met die nodige tyd op hulle hand ‘n veldtog begin waarin geld ingesamel word om die mees senior advokaat aan te stel, sodat die huidige advokate (wat ook uitstekend is) hom bystaan in n appel…

Die saak moet onder media se aandag gebring word, soortgelyk aan Oscar se saak,

Dit sal sorg glo ek vir n meer regverdige uitspraak,

Ek hoop daar is iemand wat my idee die nodige kans sal gee

Geskok ·

Miskien moet daar na die agtergrond van diè “getuie” gekyk het. Hy het homself by die abbatoir waar hy gewerk het, homself met ‘n “captive-bolt gun” in die voet geskiet, en dit laat lyk na ‘n besering-aan-diens. Hy was uitgevang dat hy gelieg het. Iewers het hy baie geld gekry om die leuens op te dis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.