Coligny-moordsaak: Twee hoor dan oor borgtog

Betogers buite die Coligny-landdroshof tydens die beskuldigdes se vorige verskyning (28 April 2017). Foto: Verskaf

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) se borgtogaansoek is Vrydag in die Coligny-landdroshof in Noordwes voortgesit.

Frank Lesenyego, die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die saak is tot Maandag uitgestel wanneer landdros Makgaola Foso uitspraak sal lewer.

Doorewaard en Schutte staan tereg op aanklag van moord op Matlhomola Jonas Mosweu (16). Die mans beweer hulle het hom en nog ʼn kind in hul werkgewer se landerye betrap waar hulle sonneblomme gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om agterop hul bakkie te klim om hulle na die polisiestasie te vat. Een seun het weggehardloop en Mosweu het agterop die bakkie geklim. Hy het glo egter van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het en is later aan sy beserings dood.

ʼn Polisiebeampte het getuig dat die betogings wat sedert Mosweu se dood Coligny geteister het weer kan opvlam indien die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word. Die verdediging het egter aangevoer die staat se saak teen die beskuldigdes is nie baie sterk nie.

‘n Groot groep mense het soos met vorige hofverskynings buite die hof saamgedrom en geëis dat die beskuldigdes nie op borgtog vrygelaat word nie.

Die hof het vroeër die week gehoor die enigste beweerde ooggetuie in die moordsaak is in ’n getuiebeskermingsprogram nadat die twee beskuldigdes in die saak hom glo die dag ná die beweerde moord by sy huis gedreig het.

Die staat beweer Doorewaard en Schutte het die seun van die bewegende bakkie gegooi en dat hulle hom gaan oplaai het omdat hulle besef het iemand het hulle gesien.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hotel ·

Wat van jul sit bietjie die video op waar hierdie “onskuldige skoolkinders” die hotel plunder, band brand, drank steel ens. op die nuus?

Balkie ·

Daardie twee manne is reeds veroordeel en gevonnis deur die gemeenskap. Watse kans het hulle op ‘n normale lewe na die? Die werklike kriminele wat plunder en moor staan vry buite die hof en betoog. Dis nou maar een maal so. As jy blank is gaan jy geen regverdige verhoor in ons howe kry nie. Die Sap, weermag en howe is teen ons.

Kerneelsie ·

Raak dit nou ‘n bos hof… Dat die regspraak nou al geraak word deur mense se dreigemente om onwettig op te tree?

Lynette ·

As albei mans hom van die bewegende bakkie afgegooi het, volgens enigste getuie, moes hulle altwee agter op die bakkie gewees het. Dus wie het bakkie bestuur? Sowat van stories opmaak het ek lanklaas gehoor. Ek het sy weergawe op tv gehoor en jy kon hoor hoe hy sy storie opmaak hoe meer aandag hy kry.

Blits ·

Ja ek stem saam met jou, die hele ding maak geen sin nie, die staat beweer dat die twee mans die seun van die bewegende bakkie afgegooi het so wie het dan die bakkie bestuur? die kamstige getuie beweer die mans het hom by sy huis gaan druig? ek dink nie so nie. wat het geword van die oor die man se selfoon? dit kan sekke getrace word? my eerlike opinie is dat die saak teen die mans net op gemaak word soos die kamstige getuie se verklaaring, dis aandag soek van hom af en hy weet dat hy deur die swart mense in die dorp op gehemel gaan word omdat hy 2 onskuldige mans se lewens verwoes, Ons regstelsel is n grap, die poliesie is aan die slaap en beteken niks nie, as hulle wiskunde kon doen sou hulle 2 en 2 bymekaar kon tel en deur die getuie se valse verklaring kon sien, Ons boere word links en regs vermoor asof dit n sport is en daar is nooit so n opruk nie, maar as een van hulle dood gaan dan moet die wit man tronk toe, die poliesie manne was seker saam met Zuma in dieselfde klas en kan nie wiskunde doen nie

Danie Koch ·

Erens is n geliegery die waarheid moet uitkom. Daar is teveel teenstrydighede wat nie klop nie. Stem saam die gemeenskap kan nie besluit of hulle borgtog mag kry of nie.

Monique Lambrechts ·

Ek Ken Doorewaard persoonlik en weet Dat hy nie die tipe mens is wat so iets Sal doen nie.
En stem saam Dat hulle beide onskuldig is.
Hulle het reeds n letsel vir die res van hul lewe maak nie saak wat die uitspraak maandag Sal wees nie…
My Hart bloei vir die 2 mans en die gemeenskap…
Dankie Vader ons het n Heer wat hulle en ons gemeenskap Sal bewaar…

cs ·

Hierdie maak mens siek, om dit kort op te som beteken dit die betogers het besluit hulle kry nie borgtorg nie

Maryn van wyk ·

Die hele saak is onregverdig, SA het sowaar siek….hoe kan n gemeenskap besluit oor n mens se sluit. Veg die duiwel se werke. Ons bid vir hul….glo dat God sal ingryp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.