Coligny-moordsaak: Twee hoor oor borgtog

Betogers buite die Coligny-landdroshof tydens die beskuldigdes se vorige verskyning (28 April 2017). Foto: Verskaf

Uitspraak is vandag in die Coligny-landdroshof in Noordwes gelewer in die borgtogaansoek van Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34).

Die mans is albei op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. “As julle dit betaal, sal julle onmiddellik vrygelaat word en dan moet julle by die alternatiewe woonadresse bly wat julle aan die hof verskaf het,” het landdros Makgaola Foso gesê.

Die staat het die mans se borgtogaansoek teengestaan. Foso het in sy uitspraak gesê die twee weergawes van wat gebeur het, verskil hemelsbreed van mekaar en dat die hof hom nie kan verbind tot een van die twee weergawes nie. “Niemand is nog kruisondervra nie,” het Foso gesê.

“Die uitkenningsparade is nog nie gehou nie. Die oorsaak van dood is ook onduidelik,” het Foso verder verduidelik.

Foso het gesê hy het die uitspraak “afgewater” sodat dit nie akademies van aard is nie en die mense wat in die hof sit dit dus sal verstaan. Hy het verwys na ʼn saak van 1991 waarin die regter gesê het: “Die beskuldigde kan nie in aanhouding gehou word as afwagtingstraf nie. Hy is onskuldig tot hy skuldig bevind word. Die hof kan dus borgtog toestaan tensy dit wet en orde sal ontwrig.”

Foso het beklemtoon die beskuldigdes is eerste oortreders. “Hulle het paspoorte, maar het aangedui dat hulle dit aan die hof sal oorhandig as hulle moet. Dit beteken hulle is bereid om verhoor te word. Hulle het ook aangedui hulle sal onskuldig pleit. Albei is burgers van Coligny, hier gebore en grootgemaak. Die hof glo hulle sal aan die borgtogvoorwaardes voldoen. Die hof glo nie hulle sal die verhoor probeer vryspring nie, hulle het nie die hulpbronne daarvoor nie,” het Foso gesê.

Volgens Foso het Doorewaard en Schutte al verskeie kere vantevore kinders wat hulle met vermeende diefstal betrap het polisiestasie toe geneem sonder om hulle aan te rand. “Daar is geen bewyse dat hulle sal inmeng met die verhoor as hulle op borgtog vrygelaat word nie,” het Foso gesê.

“Hier is geen bewyse wat nie ten gunste van die twee beskuldigdes is nie. Maar een van die voorwaardes vir borgtog is dat as die beskuldiges vrygelaat word dit onmin onder die gemeenskap sal saai.”

Hy het spesifiek verwys na die twee stelle petisies wat aan hom oorhandig is en gesê dit is ʼn bewys dat die voorval die gemeenskap volgens kleurgrense verdeel het. Hy het ook gesê dis onduidelik of die protesaksie as gevolg van die voorval of dienslewering was.

“As ek na al die getuienis kyk, blyk dit dat die protesaksies as gevolg van dié voorval was. Albei beskuldigdes het aan die hof alternatiewe woonadresse verskaf waar hulle sou kon bly as borgtog toegestaan word. As hulle vrygelaat word, sal die protesaksies moontlik voortduur en dit sal mense vertroue laat verloor in Suid-Afrika se regstelsel. Maar die hof kan ook nie gyselaar gehou word nie,” het Foso gesê.

“Die staat het nie ʼn sterk saak teen die beskuldigdes gemaak nie. Hulle het self gesê as daar nie ʼn ooggetuieverslag was nie sou die saak nie voor die hof gedien het nie. Ek noem weer dat die uitkenningsparade nog nie gehou is nie,” het Foso gesê.

“Die hof moet die beskuldigdes se reg op persoonlike vryheid opweeg teen die belang van geregtigheid. Hulle is gesond en hulle werk, hulle sal dalk hul werk verloor as ons hulle aanhou. Ons weet ook nie hoe lank dit gaan wees tot die saak reg gaan wees vir verhoor nie. Daarom sal hulle onherstelbare skade ly as ons hulle aanhou. Wat as die ooggetuie sê dit is nie hulle nie?” het Foso gesê. “Almal het die reg op ʼn regverdige verhoor – dit sluit die reg om onskuldig geag te word tot skuldig bevind word in.”

Foso het uitgelig dat die beskuldigdes vir hul families moet voorsien. “Hulle het gesê hulle sal teenwoordig wees met die verhoor, nie met die ooggetuies of met die ondersoek inmeng nie en ook nie bewyse vernietig nie.”

Doorewaard en Schutte staan tereg op aanklag van moord op Matlhomola Jonas Mosweu (16). Die mans beweer hulle het hom en nog ʼn kind in hul werkgewer se landerye betrap waar hulle sonneblomme gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om op hul bakkie te klim om hulle na die polisiestasie te vat. Een seun het weggehardloop en Mosweu het agterop die bakkie geklim. Hy het glo egter van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het en is later aan sy beserings dood.

ʼn Polisiebeampte het getuig dat die betogings wat sedert Mosweu se dood Coligny geteister het weer kan opvlam indien die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word. Die verdediging het egter aangevoer die staat se saak teen die beskuldigdes is nie baie sterk nie.

Meer as 1 000 mense het Sondag die begrafnis van Mosweu bygewoon. Supra Mahumapelo, die premier van Noordwes, het Sondag gesê Mosweu is “in die hande van wit mense dood”.

ʼn Groot groep mense het soos met vorige hofverskynings buite die hof saamgedrom en geëis dat die beskuldigdes nie op borgtog vrygelaat word nie.

Die hof het vroeër die week gehoor die enigste beweerde ooggetuie in die moordsaak is in ’n getuiebeskermingsprogram nadat die twee beskuldigdes in die saak hom glo die dag ná die beweerde moord by sy huis gedreig het.

Die staat beweer Doorewaard en Schutte het die seun van die bewegende bakkie gegooi en dat hulle hom gaan oplaai het omdat hulle besef het iemand het hulle gesien.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

WHY ·

WHY NO BAIL??? If farm murderers can get bail why not farmers? Why is there so much discrimination in the legal field lately?

SeMaarNet ·

It is simple WHY – it is because they will protest – they will be driven to the court and the funeral by buses – but we – (white skinned individuals) have become spineless! I got a bit of hope when I saw that a petition was signed FOR these farmers. I would love to see us with our thoughts printed on posters in our hundreds – because next time it is you and me in the same situation! My husband wounded a guy in the leg after 2 warning shots and shouting for him to stand still – when he came within 2m of our friend with a stick in the one hand and a brick in the other – my husband wounded him in the leg. You know what – my husband spend 5 days in jail – no bail – with a murder case opened against him. NO QUESTIONS was asked why he shot – straight to jail – bail refused the first time .. R45000 later – the case was thrown out – no supporting evidence – this is exactly what is going to happen here I guess – they know they cost you thousands – AND – they can use this as a tool to get more farm murders committed by the way they handle this situation – do we act like this about our people being killed on farms – NO WE DON’T!! Maybe ITS TIME! Speak their language!

Thanks Pietie ·

Pietie I was referring to the slogans and demands of the protesters outside the court building!

Schnauser ·

Duisend mense woon sy begrafnis by maar sy eie ouers het nie eers geweet hy is weg/dood totdat Coligny gebrand het nie. Baie min mense het hom persoonlik geken. Niemand het eers sy ouderdom geweet nie, dit het al DRIE keer verander. Dink seker hulle gaan nou bekendheid verwerf en vergoeding van die boere ook kry. Altyd die geval.

Siestog ·

Ek stem “why”! Vriende van ons waar die oom doodgeslaan is en die tannie wreedaardig aangerand het, het een van die wit boere vir een van die moordenaars se pa gevra: “hoekom was jou seun so stout”? Toe loop die moordenaar se pa na die polisie en sê die wit boer dreig hom !! Wys jou net hoe laag sal hulle daal met hulle liegstories.

Vic ·

Die oom is doodgeslaan en die tannie wreed aangerand en die boer se dis “stout”?

Lee ·

Dis vir my vreemd. Ons regstelsel is duidelik teen wittes en laat die gemeenskap vir hulle ore aansit. Pateties. Wat van al die plaasmoorde of is dit maar ok want dis wittes wat uitgemoor word. Hierdie land van ons moet bykom!!! Mens kan nie agterkom of hulle nou R5 000 borg gekry het of gladnie borg gekry het nie?

Daleen ·

Stem saam Carl! Wonder wat sê die edele mmpopi mmampara wat nie sy sout werd is as noordwes premier…

Joey ·

Ek dink landdros Foso het sterk gestaan en hom nie laat intimideer nie. Kom ons gee hom die krediet daarvoor.

Ernst ·

Ek stem. Die landros het sterk gestaan en hulle vry gelaat op R5000.00 borg. Ek hoor intussen dat die skuim klaar een plaashuis af gebrand het.

SBB ·

Ek haal my hoed af vir die moed van die landros. Wat ek nie kan verstaan nie, waarom die kind begrawe sonder die uitslag van die nadoodse ondersoek?

snoefie ·

mooi so regter foso. geen hof behoort deur n jillende massa gevange gehou te word nie. as die massas die wet oortree op gronde van die borgtog vertrou ek hulle sal gearresteer en tot die letter van die gereg vervolg word. die polisie getuig dan hulle het al voorheen kinders wat gesteel het ongeskonde aan die polisie oorhandig. brig, ek veralgemeen nou. maar geen witman sal n swartman sy “bakkie stash” drank injaag net om hom te intimideer nie. jy mors belastingbetalers se geld met daardie beskerming. Waar is die voetgangers? het iemand besef hulle versterk die aangeklaagdes se weergawe van die gebeure?

Lynni ·

Betogers is alweer besig om amok te maak. Plaashuis afgebrand.

error19 ·

waar was dir sapd? hoekom het die boere nie verdedig nie?

Chrisjan ·

Dankie landros Foso. Nou moet ons sien of die SAPS hul werk kan doen.

Tyd vir DNA ·

Ek hoop daar word darem DNA toetse gedoen om te bevestig of die lyk wel Mosweu is. Daar is groot verskille tussen ‘n seun van 12 en een van 16. Aanvanklike berigte het genoem dat die oorledene 12 is.

Sputnik ·

Dit is geensins goeie nuus wat nóú in Coligny gebeur nie. As jy darem ‘n man se huis afbrand………..Eish! Groot moeilikheid!

Liza22 ·

Tien uit tien vir die betrokke regter! Hy laat hom nie intimideer nie! Nie soos die regter in Middelburg nie! Daai arme mans is deur hel. Hoop hulle het die beste regsverteenwoordiging wat beskikbaar is. Sterkte manne en julle gesinne.

Hans ·

Die sluier oor hul haat raak al hoe dunner. Die eise al meer verregaande. Die wrok al hoe groter. Hierdie gedierte soek wraak. Ons moet bid… En baklei

Oom Piet ·

Help my reg , hoe kan ‘n uitkenningsparade gehou word nou dat hulle op parool uit is. die mense weet mos nou hoe hulle lyk.

Johannes van Staden ·

My voorstel is dat mense hulle munisipale rekening in n trust betaal todat die situasie onder beheer is.

Louw ·

Die man van Leeudoringstad wat teen ‘n bende aanvallers baklei het en een doodgeskiet het is van moord aangekla. Nou mag mens nou skiet as jy in jou huis aangeval word of nie.

Michael ·

Louw wanneer jy iemand doodskiet word ‘n saak van moord geopen die dossier word dan na die N.V.G gestuur wat na die meriete van die saak kyk en bevind of jy reg gehandel het . Wanneer jy ‘n persoon wond sal ‘n poging tot moord geopen word en dieselfde proses sal gevolg word .onthou net as jy skiet moet jy kan bewys dat jou lewe op daai spesifieke tyd in gevaar was en dit al uitweg was om jou lewe of die lewe van ‘n ander persoon te verdedig.

Irma ·

Daardie pa is van moord en poging tot moord AANGEKLA nadat hy vir sy lewe, sy vrou en twee klein dogtertjies se lewens geveg het nadat ‘n bende rowers hulle huis betree het en hulle aangeval en met die dood gedreig het! Dis nie waar dat net ‘n dossier geopen is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.