Coligny-moordsaak: Twee se verhoor begin

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Die twee mans van Coligny in Noordwes wat aangekla word van die moord op ʼn tienerseun van dié dorp, het Maandag in die Noordwes-hooggeregshof in Mahikeng verskyn.

Die verhoor is tot Dinsdag uitgestel sodat die dienste van ʼn ander Afrikaanse tolk verkry kan word aangesien die aanvanklike tolk se vertalings nie voldoende was nie.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) staan tereg op aanklagte van moord, intimidasie, ontvoering, die onwettige besit van ʼn vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen. Doorewaard en Schutte is op 8 Mei op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Die staat beweer Doorewaard en Schutte het Matlhomola Jonas Mosweu (16) op 20 April by die Scotland-informele nedersetting vermoor nadat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy sonneblomme by hul werkgewer, Pieter Karsten, gesteel het. Karsten is Doorewaard se oom.

Die mans beweer hulle het Mosweu agter op ʼn bakkie laat klim om hom na die polisiestasie te neem, maar dat hy van die bewegende bakkie afgespring het en sy nek ernstig beseer het. Hy is op pad na die hospitaal dood. Volgens die twee het hulle onmiddellik na die polisiestasie wat sowat 3 km van daar af is gejaag en die polisie gevra om ʼn ambulans te kontak.

ʼn Vermeende ooggetuie het teenoor die polisie beweer hy het gesien hoe Mosweu van die bewegende bakkie afgegooi word. Die aanklagte van intimidasie, ontvoering en die besit van ʼn gesteelde selfoon hou verband met die enigste getuie in die saak. Daar word beweer dat ʼn vuurwapen ook op dié getuie gerig is.

Mosweu se dood het tot gewelddadige betogings op dié Noordwes-dorp gelei, ʼn spoor van verwoesting gelaat en rasseverdeeldheid in die gemeenskap gebring. Minstens ses huise en drie vragmotors is tydens die betogings aan die brand gesteek en verskeie winkels is geplunder en beskadig.

Mosweu was ʼn gr. 6-leerder aan die Haakboslaagte Primary School buite Coligny.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

snoefie ·

weereens geen sprake van die twee stappers wat by die seun verby gestap en net aanhou stap het en n ent vorentoe op die bakkue wat besig was om om te draai, afgekom het nie. dié getuie moet regtig aan n leuenverklikkertoets onderwerp word.

HPV ·

Was seker eers dienspligtig by die ANC, opleiding in klipgooi, brandstigting en eiedomsvernietiging ondergaan.

Houtoog ·

Tweede laaste par.: ‘rasseverdeeltheid’ is ‘rasseverdeeldheid’.

Tania Heyns ·

Dagsê Houtoog

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Lolla ·

Kyk net die bloed dorstigges daar agter in die hof. Hulle wat hulle kinders nie kan leer om van privaat eiendom af te bly. Hulle wat nie hulle kinders leer om nie te vat wat nie joune is nie. Hulle wat nie hulle kinders leer vra as jy graag iets wil he en nie jou asb en dankies vergeet nie.

RJ ·

Lmfga Snuffels. My kleinseun is 9 en in GR 4….wel daar is een wat 15 jaar oud is saam hom in die klas…..SO I REST MY CASE…. En hoe weet ek dit? Want hy het my kleinseun geboelie….. DIS hoe ek dit weet!!

Hanna ·

Wonder wat van die “ooggetuie” geword het? Hierdie arme mans se lewe is hel gemaak agv n “vermeende ooggetuie”? Hoop van harte dat hierdie uitgerekte hofsaak nou finaal kan einde kry. Sterkte Menere!

Sonja ·

Vra ek ook Hanna..
Hulle het mos kwansuis n ooggetuie. Hulle is so slu. Almal besluit saam daar gaan nou n ooggetuie wees al was daar nie een nie. En dai arme mans moet net houe vat.
Maak mens briesend

Casper Labuschagne ·

Hokaai, stop net daar! Daardie titel “Coligny Moordsaak” is ‘n absolute onreg wat aan die beskuldigde persone gedoen word. Alhoewel dit die hof is wat aan die einde van die dag sal beslis of daar onskuld, nalatigheid, manslag of ‘n beplande moord is, is daar meer getuienis oor die Coligny verhoor in die openbaar as sekerlik by enige ander saak uitgesonderd Oscar Pistorius. Al die inligting wat ek het dui op onskuld of hoogstens nalatigheid, uitgesonderd aansprake van binne die swart gemeenskap self. Na die beste van my wete is die beskuldiges ook nog nie vir moord aangekla nie. Dit is myns insiens heeltemal onvanpas om opskrifte te plaas wat die veronderstelling maak dat daar ‘n moord gepleeg is.

Silent Hunter ·

Ek stem saam met jou Casper.. Hulle is duidelik van die pad af!

Ella ·

Ja “innocent until proven guilty” is netsoms van toepassing. Skandelik SA

Casper Labuschagne ·

Wat ek moes geplaas het:

Het ‘n wit kind gesterf, was onskuld dalk oorweeg, of nalatigheid kon bepaal word, of het ‘n onbesonne daad dalk tot die dood van ‘n kind gely wat manslag sou beteken. Maar vir die dood van ‘n swart kind word moord vereis en vir moord sal hulle verhoor word. Die paradigma van wit boer, swart slagoffer en die verwoesting wat daarop gevolg het, veroorsaak dat hierdie verhoor al die aspekte van ‘n politieke verhoor aanneem. Buite die hof sal plakkate van vergelding vertoon word en liedjies sal die dood van wit boere aanmoedig.

Die staat versoek ‘n skuldigbevinding vir moord, terwyl die gepeupel reeds hul oordeel gevel het. Die regter moet kies oor wat geglo sal word, die fisiese bewysstukke of die mondelinge getuienis deur persone wat deur niemand op die toneel opgemerk is nie. Inderwaarheid word ons regstelsel hier verhoor, of die gebrek aan vooroordeel steeds die maatstaf sal wees tydens verhore wat ‘n politieke kleur verkry het. Daar sal ontsaglike druk op die regter wees om eenvoudig die pad te loop wat reeds deur die staat en die samelewing uitgespel is – die brutale moord van ‘n swart kind.

Hierdie verhoor mag dalk die Slagtersnek van ons tyd word, waar ‘n skuldigbevinding vir moord deur die politieke stroom vereis word. Soos met Slagtersnek, sal dit dan galbitter in die krop vassteek, want ontskuldige persone is geoffer bloot om die smag na vergelding teen wit boere te bevredig.

Vermeendes ·

Ek kan nou nie anders as om die vraag te vra nie, amper elke blanke wat aangekla word word ook vir die besit van onwettige vuurwapen aangekla. Waar kry die blankes al hierdie onvettige wapens dan, dit lyk op die oogaf of daar n blanke weerstand is wat na vore kom.
Of is dit eerder n geval van die ondersoekbeamptes wat meet gewig aan n saak wil gee en die wettigheid van n lisensie in tweifel trek en dit dan by die klagstaat voeg om in die hof te bewys.
Alles is moontlik in die land, ek wonder net hoe regverdig hulle verhoor sal word soos MK veterane net die naweek gese het oor zuma se saak.

STIENIE ·

Shame…………. 16 jaar oud en nog in gr. 6. Maar in elk geval, dis nou ‘n groot storie want die oortreders is wit. As dit andersom was het jy nie ‘n woord gehoor of gelees nie. Ek dink hy het van die bakkie afgespring omdat hy geweet het hy is in die moeilikheid. Maar toe misjudge hy hom. Die “vermeende ooggetuie” is ook seker ‘n ongeletterde plakker wat sy kans gesien het om die witman se agterent te brand en te vertel hulle het hom van die bakkie afgestamp. Hoekom is hulle so seker van die “vermeende ooggetuie” se getuienis?????????

Koos ·

In ons skole in ons howe word ons moedertaal vermoor. Nee wat, dink die NVG gaan ‘n bloutjie loop met hierdie saak. Sterkte vir die “ooggetuie”. Jou kruisverhoor wag.

SjN ·

Saak uitgestel agv die tolk wat onbevoeg is, hoekom is hy aangestel en hoeveel mense is in die verlede benadeel met sy vertalings, swak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.