Coligny-moordsaak: Twee terug in hof

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die twee mans van Coligny in Noordwes wat van die moord op ʼn 16-jarige seun aangekla word, het Maandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Frank Lesenyego, streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die saak is tot 7 Augustus uitgestel sodat die direkteur van openbare vervolging ʼn besluit oor die saak kan neem.

Doorewaard en Schutte is op 8 Mei op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Die NVG se aansoek om te appelleer teen die borgtog wat aan die mans toegestaan is, is intussen van die rol geskrap. Lesenyego het Maandag gesê die NVG bestudeer nog hierdie uitspraak voordat daar op ʼn pad vorentoe besluit sal word.

Doorewaard en Schutte word vir die moord op Matlhomola Jonas Mosweu (16) aangekla. Die staat beweer die mans het Mosweu agterop ʼn bakkie gedwing voordat hulle hom later van die bewegende bakkie afgegooi het. Die seun is kort hierna aan sy beserings dood.

Die twee beskuldigdes ontken dat hulle Mosweu van die bakkie afgegooi het en sê Mosweu het van die bakkie afgespring. Volgens die mans het hulle Mosweu en nog ʼn kind in hul werkgewer se landerye betrap waar hulle sonneblomme gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om op hul bakkie te klim om hulle na die polisiestasie te kan neem. Een seun het weggehardloop en Mosweu het agterop die bakkie geklim.

Die seun se dood het tot gewelddadige betogings in Coligny gelei, wat nog verder vererger het nadat die twee mans op borgtog vrygelaat is. Tydens die onrus is huise aan die brand gesteek, winkels geplunder en paaie versper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tokkie Reinecke ·

HERE!! Tree asb vir hierdie manne in. U weet dis NIE wat gebeur het nie, U weet hoe boere besteel word en U weet mense raak desperaat omdat wet en orde nie toegepas word nie. Here, staan hulle by en hoor asb ons gebede vir vrede in die gebied. Dankie ALMAGTIGE VADER!!!

Callie Steijn ·

Sover ek weet het die hof nog geen bevinding gemaak dat die seun wel vermoor is nie; tog is daar in die media vry algemeen berig dat die twee boere aangekla is van “die moord” en nie van “moord” nie.

Daan ·

Hoe kan altwee hom van n bewegende bakkie afgooi as die bakkie vorentoe ry ? Ry die bakkie dan vanself vorentoe terwyl almal agter is terwyl hy af ge gooi word ? ?

Bruno Stef ·

Om aan n vervolgings waansin te lei en eensydig op te tree teenoor Afrikaner blanke mans lyk my is vir die vervolgingsgesag prioriteit nommer een .Voeg dan daarby allerlei klagtes en aan tuigings om van n molshoop n berg te maak dit vererger net die gevoelens wat vorentoe tot uiting gaan kom met lelike gevolge.

Shelley ·

Okay, wat is erger, alles wat geplunder word of onskuldig tot skuldig bevind word? Ek sou ook kans gevat het en afgespring het eerder as om polisie toe te gaan! Dit is pateties man, die mense bky onskuldig tot daar bewyse is teen hulle maar alles word nou gebrand en plunder

Johan ·

Hulle weet hulle het geen saak teen die twee nie. Daarom moet die Direkteur van openbare vervolging besluit.

Michael ·

Ek wil die joernaliste van maroela media vra hoekom kry die gearesteerde plaasaanvallers nie ook dieselde dekking as die wit beskuldiges nie ,volg hulle hofsake ook .

Piet ·

As kommentaar enigsins sou help, sou ons dit aanbied. Tokkie se reaksie is ál wat vrugte kan afwerp-gebed! Ons word geteiken en die geringste rede word uitgebuit om ons van al ons menswaardigheid te ontneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.