Coligny-moordsaak: Twee vandag in hof

Betogers voor die Coligny-landdroshof in Noordwes (28 April 2017) Foto: @IanCameron23, Twitter

Die twee mans wat tereg staan op ʼn aanklag van moord in verband met die dood van ʼn 16-jarige seun in Coligny in Noordwes sal vandag in die Coligny-landdroshof verskyn.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie het aanvanklik gesê die seun was 12 jaar oud, maar het Dinsdag bevestig hy is 16 jaar oud.

Frank Lesenyego, die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die hof het Maandagmiddag die twee mans se aansoek dat hul borgtogaansoek reeds môre aangehoor word, goedgekeur. Die aansoek is om 16:00 aangehoor.

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte se borgtogaansoek is aanvanklik eers vir 9 Mei geskeduleer.

Doorewaard en Schutte het Vrydag in die Coligny-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

Die mans het na bewering twee seuns betrap dat hulle sonneblomme uit boere se landerye gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om agter op hul bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon vat. Een seun het weggehardloop en die ander seun, Matlhomola Jonas Mosweu, het agter op die bakkie geklim. Hy het glo egter van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het.

Matlhomola het sy nek gebreek en is op 20 April oorlede.

Sy pa, Sakkie Dingake, het vroeër gesê die familie het eers Sondag van Matlhomola se dood uitgevind. Hulle het al die tyd gedink hy kuier by vriende op ʼn plaas in Putfontein. Dingake het ontken dat sy seun sonneblomme sou steel.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Wanda ·

Moet sê Sakkie en sy vrou probeer vreeslik hard om hartseer te lyk op tv. Jy as ouer wat nie eers weet waar is jou kind al vir n geruime tyd nie. Geen wonder misdadigers by miljoene. MY hart gaan uit vir die 2 ouens, hulle gaan in lewens gevaar wees as hulle vrygelaat sou word. En die klomp betogers staan wag om seker verder aan te gaan met afbrand. Wonder net hoe weet hulle presies van datums en wat aangaan in die hof. Lyk my almal is werkloos is daai plakkerskamp.

AL ·

Ek het dit nogal opgelet hoe hul vreeslik toneel speel wanneer die kamera op hul draai.

wie weet ·

Wel as die pa reg is oor sy seun wat nie sonneblomme sal steel nie, is dit dalk nie sy seun nie en kuier hy dalk nog erens.

Christie ·

Hoe kan iemand van moord aangekla word as iemand van jou bakkie afspring? Maak nie sin nie dan was dit mos selfmoord?

Rynhardt ·

Christie as jy wit is, is jy klaar skuldig! Alles in SA is eensydig terwyl rassisme gewettig is deur wetgewing.

Christie ·

Ja Rynhardt jy is reg! Ons moet maar soos skilpaaie in ons doppe inkruip want ons het nie n se in die land waarvoor ons so hard veg en geveg net vir vryheid! Wat beteken dit? Mens moet heel tyd en aldag oor jou skouer kyk en jouself verdedig? Watse vryheid lewe is dit nou? En wie het nou eintlik vreiheids dag ingestel hehehe dis sooo komies

Nettie ·

Wil ek mos nou ook daai vraag vra – die “kind” het van die bewegende bakkie afgespring uit sy eie keuse; die twee wit boere het hom nie aangerand voor die tyd, geslaan/geskop of hom van die bewegende bakkie afgestamp nie. So daar was nie ‘n hand daarin van enige van hul twee nie. Die twee wit boere het die regte ding gedoen – hulle wou die twee oortreders polisiestasie toe neem sodat daar op die regte manier en deur die regte kanale (onwaarskynlik) ‘n saak teen die twee ‘kinders’ gemaak kon word. Nou word hulle van moord aangekla en word die saak met ‘n hele paar dae uitgestel sodat die wit boere met hul alies in die tronk moet gaan sit. En dan word die dorp afgebrand, verniel en verwoes. Afrika manier van doen en dink …. dit is, as daar hoegenaamd gedink word in Afrika!

wie weet ·

Wel as die pa reg is oor sy seun wat nie sonneblomme sal steel nie, is dit dalk nie sy seun nie en hy kuier nog erens.

Erika ·

Jip…..stem saam. Dalk kuier die kind nog. Die stories van die mense op die TV nuus lyk asof daai mense voorgese is wat om te se. Kry daai mans jammer.

Sam ·

Hoekom sou 2 kinders sonneblomme steel? Kom ons sê hulle het ‘n handvol sonneblomme gepluk. Ek sou gevra het hoekom pluk hulle die blomme en vir wie. As dit bv vir iemand se ma of ouma was het ek in my hart gevind om vir hulle te wys dat hulle op privaat grond is en dat hulle VANDAG ‘n “lucky break” het en hulle kan nou maar die blomme vat en gaan, Ek sal hul vra om nie weer op my plaas te loop nie en hul waarsku dat die polisie volgende keer geskakel gaan word op die betredings wet en diefstal. Kinders is kinders, en dalk wou hul vir hul ouers blomme gee. WIE sal weet, maar sommer ‘n kind op te laai klink te veel na ontvoering, daai kind was dalk vreesbevange. Sal jou kind sommer saam met twee vreemdes agter op ‘n bakkie klim? Dink hoe bang hulle moes voel? En ja ek weet steel is steel, maar waar is GRACE vandag? Kom ons gee mekaar GENADE in oorvloed.

AL ·

Die sonneblomme het maar taamlik verlep gelyk en verby hul blomtyd, so hoekom sal hul vir hul ouers ñ bossie wil pluk?

PJ ·

Spot on. Ek stem saam met jou. Die 2 boere het oor reageer en nou is dit ‘n moordsaak. As mense net wil ontspan en dink voor hulle optree sal dit beter gaan.
Maar bygese, die plundery en brand van onskuldige mense se goed is ook absoluut absurd en die kriminele wat daarvoor verantwoordelik is moet toegesluit word!

Fonda ·

Agnee Sam, as jy glo die kinders wou sonneblomme vir hulle ouers gee is die maan van kaas gemaak. Die polisie doen NIKS as jy kinders vir diefstal by hulle inhandig of ‘n saak aanhangig maak nie, veral nie as hulle minderjarig is nie, NIKS gebeur dan nie. As hy ontvoer was sou dit nou regtig nie ten aanskoue van die hele dorp gewees het nie, hulle sou hom ONTVOER het na ‘n MYNSKAG, dit is hoe ‘n SKELM en moordenaar te werk gaan, hierdie boere het hom skrikgemaak, en hy het SELF AFGESPRING< hulle het hom nie ontvoer en in 'n mynskag gaan afgooi nie.

Theresa ·

Grace is seker maar saam met Wet, Orde, Ordentlikheid, Maniere, Moenie-op -‘n -ander -ou -se -grond -gaan -rondloop -as -hy -jou -nie- nooi -nie, Eerlikheid, Reg en Geregtigheid, Intelligensie en Higiëne die land uit. Ag nee man.

Michelle ·

Hoop nie die klomp gaan weer aan die plunder ȇȠ brand as die boere borg kry nie want hulle °̩s geregtig om borg te kry.

De Villiers ·

Die mense moet weet hoe politiek in die RSA werk om ‘n beter idee te hê wat in hierdie geval gebeur. Indien daar ‘n situasie afspeel wat die ANC in ‘n slegte lig stel, gebruik hulle ‘n ander, minder belangrike nuuswaardige saak wat op dieselfde tydstip plaasvind as ‘n weerligafleier, en blaas dit so op dat dit die nuus oorheers sodat die publiek nie op dié nuus moet fokus wat vir die ANC of die land skadelik is nie. So byvoorbeeld is hierdie ‘moordsaak’ in Coligny die hoofnuus, sodat mense nie moet fokus op die plundery wat die afgelope week in Coligny plaasgevind het nie. Om na jou dood van ‘n bakkie af te spring is mos nie moord nie, maar dis wat die ANC wil hê om sensasie te wek.
So ook toe Pravin Gordhan afgedank is, het Helen Zille se uitlatings oor kolonialisme die media oorheers. Toe Ndlanhla Néne afgedank is, het Penny Sparrow se uitlatings die nuus oorheers.

Zelda ·

Sam.
Ja ek stem., kinders is kinders. Maar ‘n 16 jarige is NIE MEER KIND NIE.
Hy weet baie goed wat die verskil tussen reg en verkeerd is.
En sy maat sou nie weg gehardloop het as hulle nie daar was om aan te jaag nie.
Hulle het besluit om op private grond te gaan en “genade in oorvloed” gaan sekerlik nie die volgende een stop om in jou erf in te kom en steel nie.?
Dis dieselfde snert wanneer daar gesê word hulle is honger as hulle in breek en jou duurste besittings steel in plaas van kos.

m ·

Ek verstaan nou nie so lekker hoe die boere vir moord aangekla kan word as die kind van die bewegende bakkie afgespring het en so sy nek gebreek het nie. Dalk is ek net dom…..

Skim ·

EN SO LIEG DIE SPUL, dit was eers 12 jaar sodat die hele WERELD van hierdie WREDE KINDER aanval moet notisie neem, nou is hy al 16. Hoekom word die boere nie geglo nie maar die LEUENAARS wat eers vertel het die kind was 12 en nou 16? Wat se betroubare getuies het julle as hulle selfs lieg oor die OUDERDOM van die kind. AL die ou WITTETJIES wat saam met die swartes op die bandwagon spring om te se die ouens het die kind VERMOOR, het julle enige bewyse? Was daar ‘n nadoodse ondersoek gedoen wat gedui het op AANRANDING en op enige ander besering as die NEKBREUK wat hy opgedoen het toe hy AFGESPRING het van die bakkie af? As jy (SELF) van die bakkie afspring en jou nek breek HOEKOM word die mans nou daarvoor in hegtenis geneem en verhoor?? WAAR Is die MEDICI nou, die kundiges wat moet bewys of die 16 jarige enige ander beserings gehad het WAT NIE STROOK met ‘n val van ‘n bakkie af nie? WAAROM moet oningeligte uneducated MASSES wat om die hofsaal staan nou die DOKTERS wees en besluit wat die kind se dood veroorsaak het ???? REGTER? LANDDROS, AANKLAERS, komaan mense .. julle is veronderstel om in ‘n PROFESSIONELE beroep te wees, hoekom glo julle die brandstigters en nie die DOKTERS nie?

Werner ·

Sober ek weet was hulle gearesteer wat heeltemal binne hulle reg was toe hulle die twee vang sonneblomme steel omdat daar nooit meer deesdae Polissie bakkie is om verdagtes te kom haal nie het die boere hulle na die Pol stasie toe gevat n verdagte klim nooit vrywillig op n bakkie nie so Boere het binne ul reg opgetree

Annie ·

Nonsens Werner…hulle het die reg in eie hande geneem oor ‘n paar sonneblomme en 2 jong mense wat ook ‘n fout gemaak het. Dis ONTVOERING..hulle is nie polisie manne nie. Ek stem saam dat die boere oor reageer het. Dalk oor hulle moeg is vir kriminele …verstaan dit. Maar dit maak nie reg wat hier gebeur het nie. Ek hoop nietemin dat die 2 boere se lewens nie verwoes word nie en ek hoop die seun rus in vrede . Dit is ‘n hartseer situasie…veral vir die families betrokke..aan beide kante

H ·

Jong.. ek ken die een boer. En vir die wat nie weet nie.. hy is wettiglik geregtig daarop om arristasies te maak. Maar dit sal later wel uitkom.

Ek wil ook net net noem.. vir die wat hom nie ken nie.. hy is die rustigste en niceste ou ooit. Dit sal ook uitkom. Dis ‘n fantastiese mens wat nooit grootpraterig is nie. Ek het nog nooit gehoor dat hy iets sleg van ons land sê nie en ek persoonlik het nog nooit enige rassistiese aanmerking uit sy mond gehoor nie. Dis tragies wat aan die gebeur is. Dis een van die ordentlikste mans in hierdie land.

Boerseun ·

Multikultuur state werk nie, waneer gaan dit nou besef word. Gee my n tuisland en pas asb al die apartheid wette op my toe

Wortel ·

Die wortel van die plundery in Coligny kan voor die deur van die plaaslike polisiekantoor gele word.Hoe lank wag mens voordat plunderaars n dorp verwoes.Die mane is met konkalary en omkoop betrokke.n POLISIE Bakkie met krate bier is tydens die opstand af geneem.Die afgelope 4 jaar het 4 kommersarisse pad gevat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.