Coligny-moordsaak: Twee vra borgtog

Betogers buite die Coligny-landdroshof tydens die beskuldigdes se vorige verskyning (28 April 2017). Foto: Verskaf

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte, die twee mans wat beskuldig word van die moord op ʼn 16- jarige seun, se aansoek om borgtog is vandag in die Coligny-landdroshof aangehoor.

Frank Lesenyego, die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die saak is uitgestel tot Woensdag.

Intussen het 150 inwoners van die dorp ʼn petisie geteken wat vra dat die klag van moord teen Doorewaard en Schutte teruggetrek word. Pieter Karsten (48), Doorewaard en Schutte se werkgewer wat tydens die hofverrigtinge getuig het, het gesê hy het mense persoonlik genader om die petisie te teken.

Hy het aangevoer dat die gewelddadige betoging in Coligny nie as gevolg van die dood van Matlhomola Jonas Mosweu (16) plaasgevind het nie, maar as gevolg van swak dienslewering.

Talle inwoners van die Tlhabologang-nedersetting het buite die hof betoog dat Doorewaard en Schutte se aansoek van die hand gewys moet word.

Die mans het na bewering twee seuns betrap waar hulle sonneblomme uit boere se landerye gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om agter op hul bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon neem. Een seun het weggehardloop en die ander seun, Matlhomola Jonas Mosweu, het agter op die bakkie geklim. Hy het glo egter van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het.

Matlhomola het sy nek gebreek en is op 20 April dood.

Sy pa, Sakkie Dingake, het vroeër gesê die familie het eers Sondag van Matlhomola se dood uitgevind. Hulle het die heeltyd gedink hy kuier by vriende op ʼn plaas in Putfontein. Dingake het ontken dat sy seun sonneblomme sou steel.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Mariné Lourens ·

Dagsê Anel

Dankie vir jou kommentaar. Die provinsiale polisiewoordvoerder het aanvanklik kort na die seun se dood gesê die oorledene was vermoedelik 12 jaar oud. Nadat die seun deur sy familie geïdentifiseer is, is daar bevestig dat hy eintlik 16 jaar oud was.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Frans ·

Moes noit iets angemeld heti dis die nuwe suid corepte africa

Johann ·

Skuus maar net n paar vrae; hoeveel dae het die pa nie geweet waar sy kind is nie? Is ek reg as ek se die pa en ma is geskei? Is ek reg as ek se.die seunn is een van SEWE kinders? Is ek reg as ek.se.iemamd anders moes.die.pa verwittig van sy eie kind se dood? Maar die “pa” kan aannames en aanklagte maak as n besorgde ouer? Volgens my sien hy weer net geld en bystand want hey…dis hoe dit werk in ons huidige SA!

marous ·

Die getuienis waarop die aanklag van moord gebasseer is , behoort in die borg aansoek flardes getrek te word.

Boerseun ·

Wanneer gaan die boere agterkom dat dit net nie die moeite werd is om iets te doen wat jou op aanklag van van moord in die hof laat beland nie.

Poplap ·

Hoe moes hulle weet hy gaan selfmoord pleeg en hulle gaan die skuld kry?

Johann ·

Kla die besorgde “pa” aan van kinder mishandeling! Weet vir DAE nie waar sy kind is nie? Waars die ander 6 van sy kinders? En was die kind 12….of 16? Weet die pa ooit? Enige kind se dood is bitter hartseer, maar as dir só misbruik word vir politieke aandag en eie gewin? Volgende is daar n staats begrafnis en n maandelikse rou toelaag.

Christie ·

Hehe ja sy ouderdom verannder vinnig eers 12 toe 16 toe 19? Hoe kan jy iemand aankla van moord as hy van bakkie afspring?

pietie ·

Geen kans op ‘n billike verhoor nie. Die feite is in die pad van die reg hier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.