Coligny-moordsaak: Twee weier glo om terug te gaan na toneel

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die hof. Foto: ANA

Die twee mans van Coligny in Noordwes wat aangekla word van die moord op ʼn tienerseun van dié dorp, het glo geweier om terug te gaan na die toneel.

AO Moremi Modisane het Donderdag in die Noordwes-hooggeregshof in Mahikeng getuig Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) het by die polisiestasie opgedaag ná die voorval met die tienerseun, Matlhomola Jonas Mosweu (16), en Schutte het hom versoek om ʼn ambulans te ontbied.

Schutte het aan hom verduidelik dat hulle die seun na die polisiestasie wou bring omdat hy sonneblomme gesteel het. Volgens Modisane het Schutte gesê hulle het die seun agter op die bakkie gelaai en dat die seun van die bakkie gespring het terwyl dit beweeg het.

“Ek het hulle versoek om terug te gaan na die toneel, maar hulle het geweier. Hulle het gesê hulle het ander dinge om te doen. Hulle het na hulle bakkie teruggekeer en gery,” het Modisane aan die hof gesê.

Volgens Modisane het hy die seun aangetref waar hy met sy gesig na onder in ʼn plas bloed gelê het. Daar het glo bloed by sy ore uitgekom en sy gesig het gebloei. Modisane het ʼn ambulans na die toneel ontbied.

Modisane het egter die toneel verlaat voor die ambulans daar aangekom het en ene konst. Kgabi is in beheer van die toneel gelos.

Volgens Modisane het Doorewaard en Schutte nie ʼn saak aanhangig gemaak in verband met die diefstal van die sonneblomme nie en het hulle ook nie gesteelde goedere na die polisiestasie gebring nie.

Modisane het aan die hof gesê hy ken Doorewaard en Schutte weens twee vorige voorvalle waar hulle twee minderjarige seuns na die polisiestasie gebring en sake van diefstal teen hul ouers aanhangig gemaak het. Hy het bygevoeg in dié gevalle het Doorewaard en Schutte die gesteelde goedere saam met hulle na die polisiestasie gebring.

Volgens Modisane is die saak nooit voor ʼn hof verder gevoer nie, maar het die seuns R300 elk aan Doorewaard en Schutte betaal.

Die staat voer aan Doorewaard en Schutte het Mosweu vermoor deur hom van ʼn bewegende bakkie af te gooi.

In hul pleitverduideliking beweer Doorewaard en Schutte hulle het nie vir Mosweu in die bakkie vasgemaak nie omdat hy vrywillig in die bakkie geklim het nadat hulle hom betrap het toe hy die sonneblomme gesteel het.

Hulle sê verder nadat hy uit die bakkie gespring het, het hulle hom by twee mense gelos sodat ander voertuie nie oor hom sou ry waar hy lê nie, en na die polisiestasie gegaan om die voorval aan te meld en ʼn ambulans te ontbied.

Doorewaard en Schutte staan tereg op aanklagte van moord, intimidasie, ontvoering, die onwettige besit van ʼn vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Hulle is op 8 Mei verlede jaar op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Hulle het skuld op die aanklagte teen hulle ontken.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Vlug ·

Geen rasionele mens sou die kind in die openbaar van bakkie afgooi nie. Ons word geviktimiseer deur die staat en daarom het ons reg om asiel te versoek en uit die land te gaan na veilige beskaafde lande waar daar vir ons mooi toekoms is.

Francois ·

@Vlug Geen rasionele mens sou aanhou ry na n kind van bakkie geval het. As dit een van hul eie kinders was, wat sou die rasionele optrede wees? Tel kind versigtig op en jaag direk na die naaste mediese hulp. Dit alleen, laat my nogals wonder oor die manne se motiewe.

snoefie ·

francoishulle het omgedraaien teruggegaan. toe polisie stasie toe gegaan.

Giel ·

Okay was hierdie man agter OP die bakkie of agter IN die bakkie?

Casper Labuschagne ·

Na die beste van my wete op grond van breedvoerige berigte agter op die bakkie en het self afgespring toe die bakkie om ‘n draai spoed verminder.

Oom Kalahari ·

Dit is duidelik sigbaar wat die jagtog op die twee is en hul toekoms is donker ongeag hul onskuld.

Tanzie ·

Waarom tweekeer tevore twee kinders polisie toe neem en ‘n derde wil vermoor? Dit maak nie sin nie. Die knaap het natuurlik geskrik omdat hulle oppad was polisie toe en het toe sy kans waargeneem om te spring en toe is dit noodlottig. Ongelukkig is gereg nie aan die twee manne se kant nie en sal hulle boet, al is hulle onskuldig.

Frankie ·

Die manne het moeilikheid. Geen sonneblom, en wil nie saamwerk….

Blommie ·

Francois ek moet se ek stem saam jou, ongeag die omstandighede bly dit n kind.
Wat as dit jou eie kind was, dis die ouers se skuld laat kinders nie opgevoed word nie.
Maar jy kan nie net uit kwaad reg in eie hande neem en dink wat jy doen is reg nie.
Dis verkeerd, alhoewel ek nou weet wat mense nou gaan se is dis nie n kind as hy grootmens dinge doen nie. Mense ek weet ons is kwaad in die land, maar kom is wees kwaad op die regte manier, moenie onredelik redeneer of optree nie. Die mans se lewe was nie eenkeer in gevaar nie. Hierdie saak kon baie beter hanteer word. Maar ons mense is besig om uit woede op te tree en nie logieka nie. Dis presies wat hulle wil he is om ons uit te lok en kwaad te maak.

Casper Labuschagne ·

Die sestienjarige se ouers het vir dae nie eens geweet hy is vermis nie en dit was ook ‘n geruime tyd voordat sy identiteit vasgestel kon word – deur plaaslike ANC lede en nie die polisie nie. Daarna was daar ruim uitbetalings aan die ouers en orals verskyn hulle nou as die bedroefde egpaar, maar klaarblyklik was storie anders toe Mosweu nog gelewe het.

Attie ·

wat is die regte manier van kwaad word? Wat moes die boere maak

anton ·

Hier is 2 wat kommentaar gelewer het wat my presies laat besef waarom die land in die gemors is wat hy tans is en solank daar sulkes is, is ons gedoem vir altyd!!!

Lewens lesse ·

Nugterheid as ons net ten alle tye kan die beste uitweg neem glo ek sal dinge nie sulke uiterste selfvernietigende slegte nadraaie op blankes WAT GELUKKIG GENOEG is OM TE OORLEEF OF SOOS in bg saak darem, heel uit die gemors kan kom en JA spyt kom te laat..maak nou beste van sleg en so LEER die res, uit ander se FOUTE. Altyd genade en nuwe begin. Hou uit wiel draai.

JSG ·

Hoekom nie op die toneel gewag en die polisie per mobiele foon gekontak? Is dit moontlik dat hulle netwerk opvangs daar het? Om ‘n toneel te verlaat sonder ‘n goeie rede is moeilikheid soek. Blyk slegs hulle woord teen getuienis is. Iets klop nie hier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.