Coligny-moordsaak: Uitspraak gelewer

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte (Foto: ANA)

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) is Woensdag in die Noordwes-hooggeregshof skuldig bevind op aanklag dat hulle ʼn tienerseun van Coligny vermoor het.

Regter Ronnie Hendricks het Doorewaard en Schutte skuldig bevind op aanklag van moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Die staat het aangevoer die twee het op 20 April 2017 die 16-jarige Matlhomola Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp of afgegooi het en dat die tienerseun weens dié val gesterf het. Die staat beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel.

Die twee mans het volgehou Mosweu het van die bakkie afgespring.

ʼn Enkele ooggetuie van die voorval, Bonakele Pakisi, het egter aangevoer Mosweu, ook bekend as Faki onder sy maats, is van die bewegende bakkie afgestamp.

Die saak is tot Donderdag uitgestel vir vonnisverrigtinge. Doorewaard en Schutte bly in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor die Coligny-moordsaak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

105 Kommentare

Monica ·

Absoluut verregaande!!! Ek is sprakeloos, hierdie is rasgedrewe uitspraak.

Nettie ·

@Monica, – ja. En dan is daar mense wat skreeu: “BRING TERUG DIE DOODSTRAF VIR MOORD EN VERKRAGTING!”

Wil julle REGTIG die besluit oor lewe en dood in duidelik-rasbevooroordeelde regters soos dié regter en die een wat besluit het oor tronkstraf vir die “Doodskis”-voorval, laat? “Be careful what you wish for”.

Vervalle SA ·

Die howe word beheer deur die ANC en hulle aanstellings? Die uitspraak is die wil van die massas en nie volgens die wet nie. Die land is werklik wetteloos. Die regter het ook ‘n nuwe term geleer met die Oscar appel.

Hoe nou....... ·

Dink bietjie terug……..dit het al baie verder in geskiedenis ook gebeur……met Jesus wat deur massas veroordeel was. Vergeef hulle Vader want hulle weet dat hulle nie weet nie!!!

Thinus Erasmus ·

Ek verneem op RSG dat die regter beweer dat die twee beskuldigdes skuldig is omdat hul geen berou getoon het nie en deurentyd onskuldig gepleit het, en dat die twee saam gewerk het:
1 Ja hul het saam gewerk, aandiens, plaas patrolleer – dit is tog geen geldige rede nie.
2 Hul onskuldig gepleit het, ja hul mag en dis enigeen se reg
3 hul geen berou getoon het nie! As ek reg onthou het hul die oorledene se familie om verskoning gevra, wat tel dan as berou? Verwar die regter pleit van onskuld met geen berou? Of is hy verwar deur een leuenagtige “ooggetuie” ?
Ek sal graag sy volle bevinding wil sien want ek is verward oor die “vermoenens” van ons regterlike beamptes.

doodstraf? ·

En dan skree daar soveel mense om die doodstraf terug te bring. Dis gevalle soos hierdie wat hulle vinnig hul fout sal laat besef wanneer daar sulke ‘rasgedrewe’ uitsprake gelewer word…

Joe ·

Stem saam, hulle sal die doodstraf net terug berig om nog meer van ons dood te maak

Hoe nou....... ·

Daarsy nou mooi ne! Dink net as die doodstraf daar was sou die twee jong manne nou weg gewees het. Be careful what you wish for people! Doodstraf is n wettig manier om van onskuldige mense ontslae te raak. Wet en orde bestaan nie in die land nie en wette is net vir wetsgehoorsame burgers en nie vir die res nie! Praat jy terug dat word jy uitgehaal – dis waarmee ons sit mense en dit gaan net erger word. Gaan op jou kniee elke aand.

Ellisras ·

Dit is duidelik aan die uitspraak dat ras ‘n groot rol gespeel het. Ras moet geen rol speel nie.

Piet ·

………maar verlede week word ons berispe dat ons nie moet “spoke opjaag’ oor die rassistise regering nie, m.b.t grondgrype. Wanneer vervolging van toepassing is, is ras n belangrike faktor, maar as grond ter sprake is hoef ons nie bekommerd te wees nie?

Al ·

Ek is sprakeloos!
Slegs 1 getuie se woord word aanvaar.
Kan daar bo redelikerwys bewys word dat die oorlede kind van die bakkie afgestamp was?

Theo ·

Nee daar kan nie bo redelike twyfel bewys dat hulle hom afgestamp het nie. ek glo die regter is beinvloed deur die swart gemeenskap se emosionele optrede en omdat hy homself maklik oorgee aan emosionele gedrag beinvloed dit sy logiese denke. So n regter behoort nie daar nie. Dieselfde met die timor verhoor emosies veroorsaak verkeerde uitsprake.

Net n vraag ·

Ek kies nie kant nie, en ek oordeel nie, ek was immers nie daar om te sien nie. Maar God was daar en sien alles en in die hiernamaals sal Hy oordeel. Hier is my vraag, wat net n uitvloeisel is van die vorige: “kan daar bo redelike twyfel bewys word dat hul NIE die kind van die bakkie afgestamp het nie?”. DIT is die vraag wat die hof vra.

Corne ·

Theo, ek stem 100 % met jou saam.
Dalk bang plekke gaan weer geplunder en afgebrand word ? Absolute verkeerde uitspraak !!

Koos de Meyer. ·

Ek wil graag weet, hoe vat jy iemand na die polisie toe en maak hom dood voordat jy daar kom. So belaglik as wat kan kom. Waar was die sogenaamde getuie.

Iemand ·

As jy dalk betrokke is by iemand se dood (selfs perongeluk), dan sal dit in jou beste belang wees om polisie toe te gaan. As jy nie polisie toe gaan nie, dan sal dit lyk of jy dit probeer toesmeer.

Eben ·

Ek is baie teleurgesteld oor die uitspraak. Ek sal nooit weer ‘n rygeleentheid vir enige mens van keur bied nie. Ek is te bang hulle kom dalk iets oor n dan moet ek tronk toe gaan. Al teenvoeters is om die land te verlaat of so min as moontlik belasting te betaal en geen bystand aan vyande verleen nie. Ons moet bymekaar staan.

Monica ·

Jy praat hou ‘n groot waarheid!! Die is regtig belaglik hierdie bevinding….

MissDemeanor ·

Verlaat dan maar die land Eben.
Die res van ons Suid Afrikaners sal bymekaar staan en veg vir n Suid Afrika waar ras, geslag, geloofsoortuiging en seksyele orientasie nie saak maak nie.

VanAfrika ·

MissDemeanor, ek stem weer nie saam met jou nie, ek hoef nie te veg waarvoor jy staan nie, ek hoef te veg wat God sê reg is en wat volgens Sy wette is.

corne ·

Moord regtig? Dit is veregaande as die mense op die plaas vermoor was was da niks aan gedoen nie want daar mos nie iets soos plaasmoorde nie CR

Abe ·

Hano, Onica,
Volgens getuie het Doorewaard die bakkie bestuur en Schutte het die seun afgestamp. Albei is skuldig bevind omdat hulle saamgewerk het (‘n gemeenskaplike doel gehad het.) – Dit is wat die regter bevind het. Lees die uiteensetting in die Beeld 18/10/2018.

Hano ·

….nou as die twee die oorledene afgestamp het van die bakkie ….wie het dan die bakkie bestuur ??

Jaap ·

En dit liewe mense is hoe dit werk in die hof.
Jy is skuldig van die begin af omdat 1 ooggetuie blykbaar gesien het hoe hy afgestamp is.
En o ja die liewe regstelsel is net eenkant toe getilt.
Sterkte julle 2,julle gaan dit nodig kry

Thinus ·

Dis wat gebeur as die regter in die sakke van die EFF en die ANC is en te slapgat is om na feite te kyk, maar om eerder die massas te please. Regstelsel se gat, dis rassisties en bios.

Johan ·

Wat n joke!”Hulle het geen berou getoon nie”Jys by uitspraak nie vonnisoplegging nie!!!!!!Die regter gaan geroskam word in die Appelhof!

Brutus ·

Dink ook die Advokate van die beskuldiges moet appeleer teen die uitspraak en die vonnis wat gaan volg want iets maak beslis nie sin nie.

Pop ·

Ek het jare terug gewerk as aanklaer. Het vroeë aftrede gevat as gevolg van bogenoemde tipe uitsprake. Ek pleit by almal wat moontlik kan, om hierdie land te verlaat. Julle het geen toekoms hier nie. Die slegste land anderkant is beter as hier. En ek se dit want die justisie is net daar vir kriminele. En dan vra julle die doodstraf. Hierdie 2 mans sou geswaai het.

Cherokee ·

Pop, is skuld nie veronderstel om bo enige redelike twyfel bewys te word nie? Ek skreeu nie soos (amper) almal bo dat hulle onskuldig is net omdat hulle wit is nie en gee toe dat ek dink dat dit nie onmoontlik is dat hy afgestamp is nie, maar die teendeel, die afspring behoort ‘n groter moontlikheid te wees, met ‘n getuie wat uiters moontlik bevooroordeeld mag wees.
Daarom my vraag aan jou.

Adam ·

Cherokee, die bewyslas op die staat is “bo redelike twyfel” wat nie geinterpreteer kan word as” bo enige” of “bo alle” twyfel nie. Die bewyslas by siviele sake is terloops ” op ‘n oorwig van waarskynlikhede”. Sekere howe funksioneer nog puik, maar sommige se regspleging is bedenklik. Dink bv aan Regter Masipa se waninterpretasie van die begrip dolus eventualis, iets waarmee ‘n tweedejaar regstudent dae goed mee vertroud was in my dae..

Poppie ·

Pop, ek het jare gelede as dokter gewerk en ek pleit by almal wat wil luister om ook die land te verlaat as hulle enigsins kan. Sien, soos jy spoke sien kom het in die regstelsel het ek spoke sien kom in die gesondheidstelsel. Ek is oortuig dat elkeen maar spoke sien kom in sy/haar eie bedryfsrigting. Ek se elke dag dankie dat ek nou in die buiteland kan woon en werk.

ac ·

Laat hulle gaan hulle wat dink die gras is aan die anderkant groener as hier,as hulle daar kom dan vind hulle uit dis nog droeër as hier.ahahaha

Cherokee ·

bollie en Adam, lees my kommentaar weer. ‘…bo enige redelike twyfel…’ was my woorde. Moet nie my woorde in die mond lê wat ek nie gesê het nie. Dit is die voordeel van geskrewe teks; kan bewys wat ek gesê het.

IK ·

Was die uitspraak ‘onskuldig’ dan sou Coligny ‘n ashoop gewees het.

Estelle ·

Presies, dit gaan nie oor geregtigheid hier nie. Dit gaan oor wat die massas op aandring.

humor ·

Hulle het geen berou getoon nie. Nou waarom moet jy berou toon as jy dan seker is dat jy niemand vermoor het nie. En dit terwyl jy geteroriseer word met die valse aanklag van moord. Tog was hul behulpsaam en het die nodige gedoen. Hier moet beslis apel aangeteken wod Daar is sekerlik vrese dat die plundertogte weer sal vlam vat.

Spook ·

Bid het geen sukses. Lees gerus die daaglikse artikels oor mense in brande en ander beserings Dan bid almal vir dood maar die dood is die antwoord. O ja die spook se wil.

Piet ·

Spook net omdat bid nie vir jou werk nie kan jy mos nie namens almal besluit dat dit noodwendig ook nie vir hulle moet werk nie. As jy n draai n die tronk gaan maak sal ek graag wil sien of jy gebed op die proef sal stel. As dit dan nie werk nie sal jy jammer wees …….ek praat van ondervinding.

Hannes ·

Ek skryf hier in my hoedanigheid as n prokureur wat in strfreg spesialiseer. Ek wil my nie uitlaat oor die saak nie omdat ek dit nie in volle gevolg het nie. Ek wil wel n paar onwaarhede aan die kaak stel.

Eerstens is dit nie waar dat slegs n klein persentasie persone wat verhoor word skuldig bevind word nie. Let wel ek bedoel verhoor word en nie slegs aangekla word nie. In my ondervinding word byna almal voor die voet skuldig bevind , tensy die staat droog maak of die saak terug getrek word.

Die beginsel van n saak moet bo redelike twyfel bewys word deur die staat het verander in praktyk na jy moet jou onskuld bo redelike twyfel bewys.

Of jy dus blank, swart, pienk of pers is hoop en bid dat jy of n geliefde nie van n ernstige misdaad aangekla word en verhoor word nie.

Moet asseblief nie my woord hierop vat nie , maar vra enige strafreg prokureur ( nie jou siviele reg prokureur nie).

Abe ·

Hannes,
Ek is bly jy gee hierdie uiteensetting van sekere realiteite van die strafreg. ‘Wens al die kommentators wil daarvan kennis neem. Daar is defnitief baie van hulle wat nou wanopvattings het oor die strafreg in SA.

Avokado ·

Dankie vir die waarheid Hannes. As advokaat wat amper daagliks in die strafhowe verskyn kan ek heelhartigmet jou saamstem. Die regsbeginsel wat deesdae geld is dat jy skuldig is totdat jy jou onskuld bewys. Wat natuurlik heeltemal verkeerd is. My raad is: hou jou hande en mond sover as moontlik van enigiemand en sy / haar goed af. Vermy enige vorm van konfrontasie sover as moontlik, en dan nog ‘n ent. Dit is nie altyd moontlik nie, maar probeer asb. om nie vir ons nog werk te maak nie. Daar is genoeg moeilikheid!

Gerhard ·

Punt no. 1: Hoe op aarde bewys jy jouself onskuldig in die situasie?
Punt no 2: Dubbele standaarde of dit nou in die hof is of omdat hulle sommiges nooit aankla nie.

Chris Ws ·

Als as gevolg van een “ooggetuie” is daai twee mans skuldig bevind.Ek wonder hoe geloof waardig daai sogenaamde “ooggetuie” regtig is.Jammer om te se ek trek die regter se onpartydigdigheid erg in twyfel en sy uitspraak versterk my mening dat ons howe se oordeel rasgedrewe is.

Pieter Coetzee ·

Net so hulle word uitgesoek om teen Blankes te getuig en dat word die hele hof saal oorlaai met die eff om almal af te skrik. Die regstelsel KAN nie meer vertrou word nie.

Linda ·

Mens moenie hier verwys na n sogenaamde rasgedrewe situasie nie. Hierdie manne het verkeerdelik opgetree, iemand het haar/sy kind aan die dood afgegee. Dit kon net sowel jou of my kind gewees het.

humor ·

Daar bly hang n vraag in die hierdie saak en die uitspraak daarvan. Meer male is al gevra as al 2 beskuldiges voorin gesit het hoe kan die seun wat agter op die bak was deur hul af gestam wees. Nog n vraag van belangis, wie het hom afgestamp. Maar die vraag van belang is hoe kan al 2 beskuldiges aan moord beskuldig bevind word. Is die hof dan seker daar was n sameswering tussen die 2 manne dat hy afgestamp moes word? Dit kon mos sonder die wete van die bestuurder gebeur het.

Dollie ·

Ek stem saam humor……… As die beskuldigdes voor in bakkie was, wie het hom afgestamp. Tweedens wie se nie die oog getuie is omgekoop om so te getuig nie…….. My gevolgtrekking….. As die beskuldigdes dit wel gedoen het, watter een van 2 kon dit wees. Altwee kon hom seker nie gestamp het van die bewegende voertuig nie, wie het dan bestuur…… Die saak maak nie vir my sin nie

Abe ·

Dollie,
Jy het nie die saak gevolg nie. Volgens getuie het Doorewaard bestuur. Schutte het die seun afgestamp (getuie kon ‘n duidelike beskrywing van elk gee.) Altwee is skuldig bevind omdat hulle saamgewerk het (dieselfde oogmerk gehad het). Daar is n goeie uiteensetting van die bevinding in Beeld 18/10/2018

Boer se boet ·

Wat het geword van ” innocent until proven guilty”. Nee o gits.

Abe ·

Koala Lumpoer,
Beeld 18/10/2018 die hofrekord sal dit ook se.

Philip ·

Die regter is totaal onbevoegd en is dit ras wat hier ‘n rol speel. Weet nie hoe die 2 “beskuldiges” se prokureur dit kon laat gebeur nie. Hulle het Gerrie Nel nodig om hulle saak te veg. Sê maar net

anton ·

Ek dink al die GOEIE prokureers en advokate het lankal reeds die land verlaat en die krummels het oorgebly om mense te probeer verdedig.
Aan die anderkant kan n goeie prokureer seker niks doen as die regter onbevoeg is en nie weet wat hy doen nie!!!
Ek wens eintelik die einde van die wêreld wil maar eerder aanbreek want hierdie wat in S.A aangaan, is nie meer n lewe nie!!!

Derf ·

Neem aan ons gaan maar net so paar woordjies tik in kommentaar van webblad wat net ons lees en hierdie maar laat gebeur…

Gerhard ·

Weereens dubbele standaarde. Dit mense is die rede waarom julle moet hoop die doodstraf kom nooit terug nie eerder as op te hoop dit kom terug.

Johan ·

Ek het geweet hierdie gaan so afspeel… Ek glo die onreg seëvier weer mooi. Ek voel al soos n toekomsvoorspeller in hierdie nagmerrie waarin ons onsself bevind.

Annie ·

Ek hoop alle wit afrikaanssprekende mans met baarde lees hierdie en distansieer hulle van enige situasie wat hulle in hierdie soort moeilikheid kan bring. Want daar sal vir hulle geen genade wees nie.

Herman ·

Netso Annie. Maar daars nog steeds brawe baard manne wat dink hulle is onaantasbaar

Dell ·

Wat die wonderlike ooggetuie betref. Daar was mos gerugte dat die EFF of ANC vir die landsburger ‘n huis gekoop het vir sy onbaatsugtige getuie. Is dit ooit bevestig?

Riaan ·

Mnr die regter. Jy gaan eendag voor die Regter van die heelal staan.

jakes ·

Ek sal graag by Hannes wil weet wat die kriteria is waarop n regter aangestel word? Hoeveel uitsprake word nie die afgelope tyd bevraagteken nie? Wie stel regters aan? Hoeveel maal word uitsprake en vonnisse in die appelhof omgekeer? Ek twyfel of regpleging in SA deursigtig en regverdig beoefen word.

J van Rustenburg ·

Jakes ek dink regslui kyk maar na mekaar Dis maar een van die min beroepe waar jy tot die minuut moet betaal en selfs vir ‘n oproep en email moet betaal En hoe langer die saak aan gaan hoe meer kry hulle As die saak op apel gaan smile die prokereur die heelpad bank toe

J van Rustenburg ·

Een moes bestuur het Hoe kan hy voorsien dat die ander een die man gaan afstamp Aan die ander kant laai jy nooit iemand op en vat hom stasie toe nie Jy maak hom vas met cable ties en hy kan daar le tot Saps eendag uitkom Bel die stasie net gereeld dat jy ‘n rekord het jy het gebel As Saps kom maak jy dadelik ‘n aanrandings en diefstal saak En aanvaar maar dat as hy by die stasie kom hy ‘n aanrandings saak teen jou gaan maak

rina ·

Hoekom het ons dierbare Gerrie Nel nie die ouens verdedig nie maar nou ook hoekom sal hy, hy sal slegs teen blankes baklei as vir die blankes. Hy skitter in sy afwesigheid orals deesdae

tamboti ·

Rina ja wat ons nodig het, is ‘n regsraad of organisasie wat ons die publiek in algemeen, en Afrikaners in spesifiek teen die huidige en toekomstige polisie vergrype, regsflaters en algemene diskriminasie op alle formele vlakke kan beskerm. Hierdie en die doodskis saak is goeie voorbeelde en die ideale gevalle om te help met die appelsake – kom Afriforum en Gerrie Nel maak ‘n deurbraak wat rerig verskil kan maak.

bgj van der westhuizen ·

ja die dief se woord word aan waar wit mense van suid afrika gee geen geld vir waar dit gaan gebruik gaan word om ander kleur te help want daar isg enoeg wit mense wat hulp nodig het ons moet n vons stifg wat die beste regs hulp kan verleen aan ons mense wat n probleem het die swart nasie is besig om ons uit te moor en op elke manner wat hulle kan te benadeel kom ons begin net vir ons self te help en vergeet an alle die ander rasse

MS ·

Rasgedrewe uitspraak.

Hulle het geweet as hulle hierdie jong mans onskuldig gevind word sou daar weer protes-aksie en skade gewees het. Sou teveel geld en drama gewees het so nou moet hierdie arme ouens tronk toe.

Pieter ·

Amos 5: 7 “Julle maak van die regspraak ‘n bitter saak, julle trap die reg in die grond in.”

pinkie ·

My innigste simpatien met die twee manne. Die tronk is nie ‘n lekker plek vir onskuldige mense nie.

Johan ·

Ek hoop Steve Hofmeyer, Gerrie nel, Agriforum, Solidariteit, Donald Trump neem notusie van die swak beslissings wat in die hof gemaak is. Dis alles oor ras en nie oor wat reg en verkeerd is nie. Ek wonder ook maar net wie was die bestuurder van die bakkie en wie het agterop gesit en die oorledene van die bakkie afgegooi. Die enigste oog getuie het dit seker duidelik aan die hof gestel of was sy oë so vol stof dat hy nie mooi kon sien nie

Abe ·

Johan,
Doorewaard het bestuur en Schutte het die seun afgestamp. Die getuie het n duidelike beskrywing van elk een gegee. Altwee is skuldig bevind omdat, volgens dìe regter hulle saamgewerk het (n gemeenskaplike opset gehad het.)

JJ ·

Wonder waar almal is wat heeltyd so skreeu van BRING DIE DOODSTRAF TERUG. Waar’s julle nou? Verstaan julle nou hoekom dit nooit in n “land” soos SA kan werk nie? Nou is julle tjoepstil.

ac ·

Hulle is nou tjoepstil het nie gedink dit kan so draai nie as jy skuldig is is jy skuldig punt.

Ore ·

Dis eenvoudig.Laat die ooggetuie ‘n leunverklikker toets doen.Die regter het hier gehandel om nie verdere uitbarstings te veroorsaak nie.Eerstens sal sy lewe in gevaar wees en nou gaan die saak op appel sodat ‘n ander hof ‘n ander uitspraak kan lewer.
Ek glo Adv Gerrie Nel sal sy kant nog bring met hierdie geval.

Abe ·

Ore,
‘n “Leunverklikker toets” dra geen geloofwaardigheid in enige hof nie. Dis tydmors.

pinkie ·

Ag Gollie, die oordeel lê nie by my nie. Hulle pleit onskuldig. Ek neem hulle woord. Gaan drink ‘n bier saam met die linkses en chill.

perdebolle ·

Hoekom het die twee belhamels dit nodig geag om die ooggetuie te intimideer en te dreig as hulle onskuldig is? Nee wat, skuldig. Gooi die sleutels weg.

Jacques ·

Soos die engelse se “money talks” . Ek kan nie help om te wonder hoeveel die regter en die sogenaamde ooggetuie betaal is nie . Ek wil ook graag weet wie die bakkie bestuur het as altwee die mans agterop gesit het saam met die oorledene . Kan ons aub ook duidelikheid kry of die oorledene van die bakkie af gegooi is en of hy by die bakkie uit gegooi is , want dit wil vir my voorkom of nie die regter , joenaliste of ooggetuie dit weet nie .

Abe ·

Jacques,
Jy het nie die saak gevolg nie, ook nie die uitspraak nie. Daar is ‘n goeie uiteensetting in Beeld 18/10/2018.

Pop ·

Cherokee, ek hoop jy het nou gelees wat ander regsgeleerdes se. Hierdie saak is vol gate. Die skuldigbevinding is op een sogenaamde ooggetuie gegee. Sy getuies is seker nie eers deur die regsspan getoets nie. Dit maak my naar. Ek het baie vriende wat nog werksaam is op die bank en in justisie. Hulle stories laat jou ril. Party is bloot net te jonk om uit te tree. En die wittes word daar ook sleg behandel. Kry bv nie bevorderings en oorplasings nie. Doen verniet aansoek.

Cherokee ·

Wat ek wel raakgesien het Pop, is mense wat my vraag aan jou half lees en dan daarvolgens bollie antwoorde wil gee.
Ek hoor wat jy sê. ‘n Vriendin en ek het ook vandag lank gesels oor waarheen om te gee pad uit hierdie land, @ R15 per VSA dollar en die rand wat soos Suid Afrika ten gronde gaan.

humor ·

Het al drie voor in gesit. Indien wel is dit vir my meer aanvaarbaar dat hul op die punt sou stilhou en hom dalk uit die bakkie boender. Dit sou moeilik wees vir die groot man om in die middel te sit vanwee die ratte wisseling. As die seun in die middel gesit het, moes die man eers uit die bakkie geklim het om die seun uit te kry. So ek wil glo die die seun was agterop. Die vraag bly steeds waarom is altwee aan moord skuldig bevind. Dit kon sonder die wete van die bestuurder gebeur het. Het dit dan in die hof oortuigend deurgekom dat hul vooraf saamgesweer het hoe die daad in besonder gepleeg moet word. Dan teen watter spoet was gery toe die seun van die voertuig af geval het. Indien teen n lae spoet bly die vraag of die daad opsetlik gepleeg is om te moor. Heel moontlik was dit nie opsetlik nie. Was daar tydens die ondersoek n uitkenningsparade. Heel moontlik sou die getuie nie daarin slaag om die die beskuldiges oortuigend uit te ken nie. So dit is nie so eenvoudig nie.

Abe ·

Ore,
‘n “Leunverklikker toets” dra geen geloofwaardigheid in enige hof nie. Dis tydmors.

Humor,
Jy het duidelik nie die saak of die uitspraak gevolg nie: Volgens die getuie het Doorewaard bestuur, Schutte het die seun van die bakkie se bak afgestamp. Altwee is skuldig bevind omdat hulle gemeenskaplike opset gehad het. Getuie kon in die hof n geloofwaardige beskrywing gee van elke beskuldigde. Sien Beeld 18/10/2018 p1

JAN ·

Juslaaik dit alles vir paar sonneblomme!?? Oscar 4 skote. Vd Vyver hamer en mes. Don Steenkamp. 2 skote elk vir pa ma sussie! R40 miljoen. ONtelbaar meer gesinsgeweld onder WITTES Afrikaners! Van Breda chirurgiese byl teregstellings van pa ma sussie
800 miljoen RAND.
Die hel is los onder Wittes!
Doodstraf sal deel wees van oplossing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.