Coligny-moordsaak: Uitspraak vandag verwag

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard Foto: ANA

JONGSTE: Uitspraak is Woensdagmiddag gelewer. Klik hier.

Die twee mans wat van die moord op ʼn tienerseun van Coligny in Noordwes beskuldig word, sal na verwagting vandag hul lot in die Noordwes-hooggeregshof hoor.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) word daarvan beskuldig dat hulle op 20 April 2017 die 16-jarige Matlhomola Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp of afgegooi het en dat die tienerseun weens dié val gesterf het. Die staat beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel.

Die verdediging voer aan hulle wou Mosweu na die plaaslike polisiekantoor neem en die seun het self van die bakkie af gespring.

Bonakele Pakisi, die enigste getuie vir die staat, het egter getuig dat Mosweu nie gespring het nie, maar afgestamp is.

Die verdediging het die hof gevra om alle aanklagte teen Schutte te laat vaar en het ook aangedui hulle verkies ʼn saak van strafbare manslag teen Doorewaard. Die staat dring egter daarop aan dat beide skuldig bevind word op aanklag van moord.

Mosweu se dood het destyds gewelddadige betogings in Coligny ontketen.

Doorewaard en Schutte is tans albei uit op borgtog van R5 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan ·

Ek het na die storie geluister op SAUK nuus. Daar het hulle telke male verwys na die oog getiue wat in sy getuienis gelieg het en die verdediging het dit bewys, so ek glo nie die twee mans sal skuldig bevind kan word aan moord nie

Kwagga ·

Die getuie lieg waarskynlik om sy eie bas te red of is gevra om te lieg deur die aanklaer of iemand van n politieke party wat stemme jaag?!

Hoe nou....... ·

Enigste nie blanke getuie se woord is sterker as twee blanke’s se getuie?! Ja nee – hier kom n ding. Net soos met die doodskis manne sal hulle nie ophou totdat hulle die maksimum vonnis opgele is nie al is hulle moontlik werklik onskuldig. Dit lyk al hoe meer asof die howe n punt wil bewys?!

Swak ·

Hulle is wit en ons regstelsel is defnitief nie vir wittes nie. Die getuie het so baie gelieg maar glo my die staat sal eerder sy saak glo.

jakes ·

Die hofuitspraak sal bepaal of ons regstelsel nog enigsins deursigtig en regverdig is. Sterkte aan albei mans.

Andre Stander ·

Ek wonder of getuies nog ingesweer word vir hof verrigtinge – met n hand op die bybel..?

Nie dat dit enige iets beteken meer vandag nie…

Robert ·

Nee Andre hulle moet maar net die hand opsteek en sê hulle sal die waarheid praat en sê “so help me GOD”, dis maar net prosedure. Geen eer meer om die waarheid te praat nie.

christa ·

hulle kan ‘n saak darem uitrek as dit hulle pas. As dit nou ‘n wit seun was, en die moordenaars ander kleur sou die saak lankal afgehandel gewees het. Die manne word tot die uiterstes gestres.

Tommie Waters ·

Ons heil lê alleen in Jesus Christus wat nie net vir ons verlossing bied nie, maar ook vir ons stry in oomblikke soos wat hierdie seuns beleef. Die Woord sê mos dat die koning se hart is in die hand van die Here ,soos n rivier lei Hy dit waarheen Hy wil.

Pieter ·

Hulle kan in elk geval nie altwee aan moord skuldig bevind word nie. Daar word beweer dat hy van die bewegende bakkie afgestamp is, wie het dan bestuur as hulle twee hom afgestamp het?

Kwagga ·

Interresante opmerking Pieter……en baie goeie vraag! Was daar ooit melding gemaak van n bestuurder as getuie?

Piet ·

Nee jammer Pieter, hulle kan wel albei aan moord skuldig bevind word. As die bestuurder en die man agterop in “cahoots” is om die man te vermoor, dan gaan die wet nie omgee wie het bestuur en wie het gegooi nie. Wanneer dit wel ‘n verskil sou maak, is as die bestuurder ‘n staatsgetuie sou word en teen die ander man getuig. Tot sy krediet het hy nie sy eie aandeel probeer versag nie en net by die waarheid gehou.

Eish ·

Die tweetjies is pas skuldig bevind.
Dis n lang donker nag wat voorlê.

Grassie ·

Ja, hulle is albei wragtig skuldig bevind aan moord. Ek is stomgeslaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.