Coligny-moordsaak: Verhoor begin dán

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte tydens ‘n vorige verskyning buite die hof. Foto: ANA

Die twee mans van Coligny in Noordwes wat aangekla word van die moord op ʼn tienerseun van dié dorp, sal in Maart volgende jaar in die hooggeregshof in Mmabatho verhoor word.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) het Maandag vlugtig in die hof verskyn waar die verhoordatum vir 19 Maart vasgestel is. Die twee mans staan tereg op aanklagte van moord, intimidasie, ontvoering, onwettige besit van ʼn vuurwapen, onwettige besit van ammunisie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Die staat beweer Doorewaard en Schutte het Matlhomola Jonas Mosweu (16) op 20 April by die Scotland-informele nedersetting vermoor nadat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy sonneblomme by hul werkgewer, Pieter Karsten, gesteel het. Karsten is Doorewaard se oom.

Die mans beweer hulle het Mosweu agter op ʼn bakkie laat klim om hom na die polisiestasie te neem, maar hy het van die bewegende bakkie afgespring en sy nek ernstig beseer. Hy is op pad na die hospitaal dood.

ʼn Vermeende ooggetuie het aan die polisie beweer hy het gesien hoe Mosweu van die bewegende bakkie afgegooi word. Die aanklagte van intimidasie, ontvoering en besit van ʼn gesteelde selfoon hou verband met die enigste getuie in die saak. Daar word beweer dat ʼn vuurwapen ook op dié getuie gerig is.

Mosweu se dood het tot gewelddadige betogings op die Noordwes-dorp gelei wat ʼn spoor van verwoesting gelaat en die gemeenskap in rassegroepe verdeel het. Minstens ses huise en drie vragmotors is tydens die betoging aan die brand gesteek en verskeie winkels is geplunder en beskadig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Raponsie ·

En hier gaan ons alweer… Nou gaan die twee ook skuldig wees omdat ‘n oog getuie gesien het hoe hy van die bakkie af gooi was. Ek kan net my indink dat daar niemand anders saam met hom op die bakkie was nie… En dan gaan die twee ook vir lewenslank tronk toe… Dis mos hoe dit nou in Suid Afrika werk…. :(

SE MAAR NET ·

En hier gaan ons alweer… Nou gaan die twee ook skuldig wees omdat ‘n oog getuie gesien het hoe hy van die bakkie af gooi was. Ek kan net my indink dat daar niemand anders saam met hom op die bakkie was nie… En dan gaan die twee ook vir lewenslank tronk toe… Dis mos hoe dit nou in Suid Afrika werk….

Chris Ws ·

Die regter gaan nie onpartydig wees nie so hulle kan hulle klaarmaak vir lang tronkstrawwe.Witmense moet liefs uit die howe bly

HPV ·

Een liegstorie na die ander en die howe glo dit! kyk maar na die doodskis saak. As witman het jy geen verweer teen leuens nie. Die tyd het aangebreek dat howe se onpartydigheid ondersoek word, of jy moet aandring dat jy deur bevoegde regters verhoor word.

HPV ·

Ts, dit kan jy weer vra. Gerrie en kie skitter in hul afwesigheid! In elk geval, die twee sou nie die seun agter op ‘n bakkie laai om hom Polisie toe te neem, en dan oppad skielik op die ingewing van die oomblik besluit om hom te vermoor nie. Om die minste te sê, dit is ‘n belaglike aantyging!

GLO MY ·

Ek moet byse ek (as lid van Afriforum) is ook BAIE teleurgesteld in die sake wat Gerrie Nel kies om te hanteer. JA ek verstaan wel dat hy mense vervolg wat NIE deur die staat vervolg word nie. MAAR WAAR is hy met die ENGELS saak? Hy het die saak aan Willie Spies oorgegee en dit is nou alles doodstil,hulle gaan erg gesig verloor as hulle nerens kom met die saak nie. Waar is hy met die Duduzane Zuma saak? Ja ons weet almal sake duur lank, maar wat het ons eintlik met Duduzane se saak te doen en met die Dube gesin? Is die Dube gesin lede van Afriforum? Word Afriforum lede op dieselfde wyse bygestaan of is hierdie ‘optrede’ van hom teen mense wat so selektief uitgekies word nie dalk ‘n manier om die publiek te laat glo dat Afriforum/Gerrie Nel nie rassig is nie? In the MEANTIME word die mense wat elke maand Afriforum se ledegelde betaal met absoluut NIKS verniet gehelp nie. Ek dink die politieke korrektheid van Afriforum gaan hulle nog duur te staan kom. Use it, don’t use it!! EK het my oor op die grond, en die publiek begin TWYFEL oor Afriforum se lojaliteit.

HPV ·

Ts, dit kan jy weer vra. Gerrie en kie skitter in hul afwesigheid! In elk geval, die twee sou nie die seun agter op ‘n bakkie laai om hom Polisie toe te neem, en dan oppad skielik op die ingewing van die oomblik besluit om hom te vermoor nie. Om die minste te sê, dit is ‘n belaglike aantyging!

Alida ·

Wat hamer almal so op Gerrie Nel? Hy was ‘n aanklaer NIE ‘n Landdros nie. Hy staan nie vonnisse toe nie dit is die Landdros of Regter se werk. Liewe hemel hou tog op karring. Hy doen sy werk waar hy nou is. Rome is nie in een dag gebou nie.

BRAY RABIE ·

Afriforum moet hierdie mense bystaan en vergeet van GRACE wat niks met ons te doen het nie.

PJC ·

Alida ek stem 100%saam met jou. Dit kom my voor mense verstaan nie privaat vervolgings nie en hulle verstaan ook nie hoe lank dit gaan neem voordat Gerrie Nel se aksies resultate gaan begin oplewer nie. Hy is ń uiters knap regsgeleerde maar in ń land waar omtrent die hele regstelsel al gekaap is is dinge nie so eenvoudig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.