Coligny-moordsaak weer uitgestel

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard Foto: ANA

Die hofsaak teen twee plaaswerkers wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn tienerseun in Coligny, Noordwes vermoor het, is Maandag uitgestel sodat die verdediging ʼn volledige stel dokumente kan saamstel.

Die verdediging het selfoondatakenner Lynette van Zyl van Vodacom versoek om te getuig, maar hulle het onvolledige dokumente ingedien.

Adv. Hennie du Plessis het nie ʼn verslag van die selfoonrekords aan die hof verskaf nie. Die hof het verdaag sodat die verdediging hul dokumentasie kan regstel, maar toe die hof weer hervat het, is daar bevind ʼn verdere stel dokumente is ook onvolledig.

Regter Ronnie Hendricks het aan die verdediging gesê hulle het onvoorbereid na die hof toe gekom. “Julle getuie het laat opgedaag, julle dokumente is onvolledig. Maak seker dat julle dokumente volledig is,” het die regter gesê en die hof verdaag sodat die verdediging die dokumente kon finaliseer.

Van Zyl het vroeër aan die hof gesê die selfoonrekords is korrek. “Ons rekords kan nie gemanipuleer word nie,” het sy aan die hof gesê.

Sy getuig in die saak teen Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) wat daarvan beskuldig word dat hulle Matlhomola Jonas Mosweu (16) vermoor het. Die twee beweer hulle het Mosweu op heterdaad betrap toe hy sonneblomme van hul werkgewer naby sy huis by Scotland- informele nedersetting gesteel het. Volgens die twee mans het hulle hom agterop ʼn bakkie gelaai en was van voornemens om hom na die polisiestasie te neem, maar hy het van die bewegende bakkie afgespring en sy nek beseer. Sy dood het tot gewelddadige betogings in die gebied gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

christa ·

hoekom word die saak maar nie afgestel nie. Die hoeveelste keer en hoeveel keer nog?
dit is mos senutergend

Lindtjies ·

Dit lyk vir my daar is nie voldoende bewyse nie maar hulle wil iemand skulding maak.

Sarel ·

Wat sal mens se, wil seker die verdediging frustreer om te vra vir n ander voorsittende beampte.
Ons moet onthou dat Coglini gebeur het weens swak dienslewering en dat hierdie voorval toe soos n ryp appel in die politisie se skoot geval het.
Die uitspraak sal dus van belang wees om aandag van oorspronklike probleem af te trek.
Sou n onskuldig bevinding moet volg gaan iemand baie swak aansien geniet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.