Coligny-saak: EFF kamp uit buite hof

EFF-lede Woensdagoggend buite die Noordwes-hooggeregshof in Mahikeng. (Foto: ANA)

EFF-ondersteuners het Woensdagoggend buite die Noordwes-hooggeregshof in Mahikeng betoog voor die verskyning van die twee mans wat skuldig bevind is aan die moord op die Coligny-tiener Matlhomola Mosweu.

Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34) is in Oktober verlede jaar skuldig bevind aan die moord op die 16-jarige Mosweu.

“Ons wil ’n lewenslange vonnis hê, niks minder nie. Ons gaan buite die hof slaap tot die twee wit moordenaars tot lewenslange tronkstraf gevonnis is,” het Dintwe Mekgwe, die EFF se streeksekretaris in Ngaka Modiri Molema, gesê.

Volgens Mekgwe het ondersteuners Dinsdagaand buite die hof geslaap en sal hulle nié padgee tot geregtigheid volgens hom geskied nie. “Ons gaan nêrens heen nie. Al word die saak tot volgende jaar uitgestel, sal ons plakkershutte hier bou.”

Dít volg nadat dié groep Maandag chaos in die hof veroorsaak het toe hulle die joernalis Susan Celliers konfronteer het toe sy foto’s van die ondersteuners wou neem. “Jy is nie een van ons nie. Neem die wittes agter ons af, nie ons nie. Vee daai foto uit, vee dit uit,” het ʼn ondersteuner Maandag dreigend aan Celliers gesê.

ʼn Veiligheidsbeampte het die ondersteuners tot orde geroep waarna lede van die polisie se eenheid vir openbare orde na die hof ontbied is.

Vonnisverrigtinge teen Doorewaard en Schutte sal Woensdag in die hof voortduur ondanks die feit dat die enigste ooggetuie in die saak, Bonakele Pakisi, na bewering erken het hy het gelieg toe hy aan die hof gesê het hy het gesien hoe die twee mans die tienerseun vermoor.

Hofverrigtinge is Dinsdag gestaak toe Mosweu se ma, Agnes Mosweu, tydens haar getuienis in trane uitgebars het nadat staatsaanklaer Rapula Molefe haar gevra het hoe die dood van haar seun haar geraak het.

“Ek het nie goed gevoel nie. Ek voel nog steeds nie goed nie,” het Mosweu sag geantwoord. Sy het haar gesig met haar hande bedek en gehuil.

Die hof het gevolglik verdaag om Mosweu tyd te gee om haarself te kalmeer. Sy sal na verwagting Woensdag met haar getuienis voortgaan.

Mosweu het in haar kortstondige getuienis aan die hof gesê dat die dood van haar kind nié die moeite werd was oor ʼn sonneblom ter waarde van R80 nie.

Doorewaard en Schutte is skuldig bevind aan die moord op Mosweu van die Scotland- informele nedersetting naby Coligny op 20 April 2017 nadat daar getuig is hulle het hom van ʼn bewegende bakkie afgegooi. Dít het gevolg nadat die twee Mosweu gevang sonneblomkoppe steel het op Rietvlei, die plaas van hul werkgewer en Doorewaard se oom, Pieter Karsten.

Hulle is ook skuldig bevind aan ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ‘n vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Johan ·

Hulle wil lewenslange vonnisse hê. Of die mans skuldig of onskuldig is. Maak nie saak nie.
Die EFF is pateties.

legens ·

Johan ,
hulle is reeds deur `n geregshof skuldig bevind aan ………… die moord op ………… `n kind !!!!!
ons belewe nou die vonnisfase en hopelik sal die moeder se hartbrekende getuienis die regter oortuig om die twee lummels lewenslank op te le

tamboti ·

Legens, daar is 2 ma’s van twee jong dames wat vanaand huil oor hul “moord” deur ń roekolose gewoonte misdadiger sg. Taxi bestuurder! Maar jy gaan seker reken dit was ń ongeluk net soos die gereg wat reken hy kan maar vry rondloop en seker more ń ander taxi “bestuur”. Wat is jou gal hieroor?

Paul ·

En so word die skroewe aangedraai, want hulle glo hul optrede beinvloed die regter.

Hierdie is sekerlik die grootste fiasko en tragedie van ‘n verhoor wat ek nog in my lewe van gehoor het, en dit oor ‘n regter wat soos eenrigtingverkeer voortgestorm het met sy kommentaar oor die geloofwaardigheid van die enigste getuie, al was dit vol gate so groot soos maankraters en wat van meet af vir die gehoor gespeel het.

Kyk hoe het dit nou uitgedraai met die getuienis vir verswarende omstandighede en daardie verwagtinge nou. Self die EFF glo hul optrede buite die hof vind weerklank tot by die regbank.

Ons gaan die gevolge sien na die vonnisoplegging, en as daar voldoen is aan die skare se
verwagtinge. Daar is nie ‘n manier in ‘n miljoen jaar dat mense wat so emosioneel optree
weer normaal sal voortgaan nie. En dan is die miljoenrand vraag, wat gaan die dag
gebeur as die uitspraak op appél op sy kop omgekeer word? Wat dan? Wie gaan dan
verantwoordelikheid neem omdat die saak van meet af sekere sentimente uitgestraal
het, dit is nou daardie kraters in die maan wat die regter gesystap het?

Wessel ·

Die regstelsel in die land is verantwoordelik vir die gat wat hulle vir hulself wrawe, en as die papaja die dag die waaier slaan, dan klim hulle uit die water uit.

Hanna Hoekom ·

Nou wie is nou eintlik in beheer van ons regstelsel: die EFF of die hof? Ek wag in spanning…

Linda ·

Geregtigheid gaan heelmoontlik nie geskied nie want dit wil voorkom dat die howe bang is vir die Eff. Ons regsstelsel word beheer deur politiek!

DeVill ·

Die ma trek elke maand toelaag vir die kind maar sien hom langer as 2 weke op ‘n slag nie.
Sy het geen idee gehad waar haar kind vir hierdie 2 weke was nie, wat hy gedoen het nie, waar hy gebly het en of hy kos gehad het om te eet nie, maar die toelae word getrek, elke maand.

Sy het 6 kinders, by twee mans, en is werkloos. Ek is seker sy weet nie waar hulle almal op hierdie spesifieke oomblik is nie. Is daar van hulle wat sy ook meer as twee weke laas gesien het?
Nou voel sy so aardig en hartseer oor haar kind?
Afrika….sug!

Wessel ·

DeVill, ongeag hierdie saak, die realiteit is hierdie mense het dit nie maklik nie, glad nie en geensins, hierdie mense word versaak. Daar is vir die regering in die land nog baie werk om te doen, maar dan is Cyril gaande oor vryhandelgebiede en ons sit steeds met miljoene mense wat noord van die ons die land ingekom het en net waar mens kyk is hulle bedrywig, ook die Chinese, plaas dat Cyril soos Trump maak, stel sy mense eerste, veral in hierdie tye waarin ons leef. Kyk waar sit ons werkloosheid, kyk hoeveel mense moet toelaes kry, Dan vertel hulle vir ons, ons is nie op pad Zim toe nie?

Cherokee ·

Wessel, waarom verwys jy na Ramaphosa op sy eerste naam en na Donald Trump op sy van? Mense wat graag tussen die lyne lees kan maklik die verkeerde gevolgtrekking maak oor wie jy meer van dink.

Wessel ·

Hehehe, Cherokee, lees buitekant die lyne. Die naam Donald kon na enige Donald vewys het, maar daar is net een Trump, verder het ek kortpad gekies, Cyril is so beroemd wêreldwyd, mens kan net sy naam noem dan weet almal van wie jy praat, dus hoef ek ook nie met die spelling van sy van te sukkel nie.

Br ·

Nee nou het ek alles gehoor die wettelooses wil nou hulle wil afdruk en.O aarde almal moet luister na die sogenaamde magtige EFF. Waar is wet en orde van wanneer af moet die regstelsel gehoor gee aan die EFF. Geen wonder dit gaan in.ons land soos dit gaan. Wie dink Malema en sy gevolg wie is hulle. Nee magtig maak van hulle n voorbeeld en verwyder hulle sumier

Theresa ·

Die Wet is daar net vir sekeres. Ek stem saam met jou Linda. Alles net om hulle te pas.

Helen ·

Ek sou graag wil weet van wanneer af ‘n ma van ‘n “slagoffer” moet getuig oor hoe sy voel want haar gevoellens gaan dus bepaal watter vonnis opgelê sal word. Ek het nog nooit van so ‘n reëling gehoor nie en as dit is hoe dit van nou af gaan wees dan moet dit geld vir ALLE moorde! Ek sê maar net want hierdie hele saak is ‘n bespotting van die regstelsel en goeie regters wat weet wat hul doen.

bollie ·

Dis normaal. Naasbestaandes van slagoffers getuig dikwels ter sfrafverswaring. Onthou – die uitspraak is reeds gelewer hier gaan dit net oor die vonnis.

Ore ·

Mnr die Staatsaanklaer,watse antwoord het jy van die ma verwag toe jy die vraag gevra het oor hoe sy voel oor haar kind se dood? Dit dui op emosionele opswepery.Die regter gaan sekerlik toegee aan die EFF se eise,net om van die lawaai te ontsnap en die appel oor te laat aan Adv Roux en Gerrie Nel.Dan sal die hele storie verander.Wat het nou geword van die ooggetuie wat geleig het?
Enige oud soldaat sal kan bevestig dat as jy van ‘n bewegende voertuig spring,gaan jy verseker agteroor neerslaan,daarom was ons opgelei om behoorlik van voeruie af te spring.Hierdie kind het ongelukkig dit nie geweet nie,maar snaaks genoeg voer geen prokureur dit aan ter verdediging nie

Elna ·

Baie baie goeie voorstel wat jy daar het. Kom ons steun die boere met dit. Eff wil mos nie hoor nie. Hulle wil als verniet he en alles plunder

Klip in die bos ·

Daar moet vas gestel word volgens cel. foon torings data of Pakasi ooit in daardie area was en of daar fondse in sy rek. betaal is .

Werner ·

Wel ou Manie op hierdie staduim skrik die regter en die regssisteem vir hulle

Alida ·

Dit is nou die tyd dat die Regter sy voet neersit en hierdie spul laat verwyder deur die SAPD en arresteer. Die Hof mag en kan nie toelaat dat die EFF besluit wat die vonnis moet wees nie. Wat te erg is is te erg.

Michael ·

onopgevoed dit is al. werk nie maak net moeilikheid en hulle wil die land regeer. O my WORD !!!!!!

Judge Dredd ·

Hoop die regter gee nie lewenslange tronkstraf – dan wil ek sien hoe lank slaap hulle beite hof.

willem Botha ·

Dit is darem lekker as die regering jou n”grant”gee om niks te doen nie dan kan jy heeldag ander mense en besighede teroriseer

Vonkprop ·

Hulle het seker nie een ‘n werk nie, dit is hoekom hulle kan uitkamp soos hulle sê. Die wat die minste tot die land bydrae het altyd die meeste om te sê.

Elna ·

Ek stem saam. Plaas dat hulle eerder n sak teer vat en die paaie wat so vol gate is gaan opstop met teer dan doen hulle iets produktiefs en dan kan hulle dalk nog betaal word daarvoor. Sodoende kan hulle self werkskep en dit beter maak vir almal as om voor die hof met plakate te staan en judge te wil speel daarso. Gaan hulle ook so erg te kere as een van hulle familie lede iets oor gekom het??

Amelia ·

Dis wat ek baie baie se – hulle het seker nie een ‘n werk nie – dit is wat hulle toelaat om in die strate te wees en bande te brand ens ens en dan wil hulle nog vra hoekom gaan als so verkeerd. Ons wat werk heeldag sal nooit so ‘n kans gegun word nie want ons werk vir ons brood en botter…..

Cherokee ·

Ek is seker daarvan die groot krokodil sou die weermag gestuur het om hulle (die EFF) te verwyder. As jy nie weet wie die groot krokodil genoem was nie, google is jou vriend!

Nunu ·

Daai 2 jongmanne het NIE ‘n kans nie. Hulle sal sit, al gil daai getuie hoe hard hy het gelieg.

PJC ·

Hierdie gaan nou ń interressante storie raak want hierdie regter lees seker ook die koerante en weet al sy vorige uitsprake en bevindings gaan in die kollig geplaas word en nou wil die EFF hom nog verder oor die afgrond help.

christa ·

hoe minder die mense hoef te werk hoe beter. Hulle wil permanent vakansie hou en uitkamp. Alergies vir werk

Deon ·

Die EFF lede het beslis nie werk nie. En Malema gaan nie help nie.

Frans ·

Gaan die Regter, Jurie en EFF hulle hande ook in “onskuld” was soos meer as 2000 jaar gelede, toe die regstelsel van daardie tyd se uitspraak was: Dat alhoewel geen stawende getuienis gelewer kan word nie, vereis die volk dat die “reg” in eie hande geneem moet word sodat die volk se vereiste nagekom kan word om ‘n onskuldige Man te veroordeel. Die Man was onskuldig met geen stawende bewyse van ongeregtigheid of strafbare optrede nie, MAAR tog is die Man deur die volk doodgemaak want hulle het dit van die regstelsel “demand”, anders is die regstelsel nie in lyn met die regering van daardie tyd nie.
Wat is regtig anders in hierdie saak van die 2 mans? Die EFF, familie, vriende en ander ondersteuners van ‘n sogenaande “moord” volgens hulle, EN waarvan die getuie erken dat hy gelieg het, EN ondanks dít SWIG die regter en Jurie onder die druk (“demand”) wat van bogenoemde aanklaers vereis word om die mans sonder stawende bewyse, met ‘n getuie wat erken dat hy gelieg het, van lewenslange tronkstraf te veroordeel? En nou moet die mans volgens die gepeupel se vereiste veroordeel word? Dus gaan die regstelsel van vandag weer hulle hande in onskuld was en sê dat die verantwoordelikheid van ‘n lewenslange tronkstraf níé op hulle gewete sal “rus” nie.
Wie beheer wie en hoe kán dit goed gepraat word? Sê nou een van óns of enige iemand word onskuldig veroordeel, is dit dus die aanvaarbare norm deur die regstelsel?

Vossie ·

EFF onthou om julle pajamas en tandeborsel saam te vat vir oorslaap

BAREND ·

het die mense nie werk nie .hoe kan hulle so sit en niks doen nie ,wat het geword van intimidasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.