Coligny-saak: ‘Hy het probeer ontsnap’

Betogers buite die Coligny-landdroshof tydens die beskuldigdes se vorige verskyning (28 April 2017). Foto: Verskaf

Die enigste beweerde ooggetuie in die Coligny-moordsaak is in ’n getuiebeskermingsprogram, het die plaaslike landdroshof Woensdag gehoor.

Brig. Clifford Kgorane, wat deel is van die ondersoekspan, het aan landdros Makgaola Foso gesê die getuie moes na ’n plek van veiligheid geneem word nadat die twee beskuldigdes in die saak hom glo die dag ná die beweerde moord by sy huis gedreig het.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) staan tereg op aanklag van moord op Matlhomola Jonas Mosweu (16).

Volgens Kgorane beweer die getuie dat Doorewaard en Schutte op 21 April na sy huis toe gekom het ná die seun se dood die vorige dag.

Hennie du Plessis, Schutte se regsverteenwoordiger, wou tydens kruisondervraging van Kgorane weet hoekom die getuie se verklaring nie in die dossier van 28 April was toe die beskuldigdes die eerste keer in die hof verskyn het nie.

Kgorane het vroeër gesê die getuie se verklaring is reeds op 23 April afgeneem. Staatsaanklaer Nkhetheni Mudau het aan die hof gesê die verklaring was in die dossier en dat Du Plessis nie daarvoor gevra het nie.

Du Plessis het aan die hof gesê die beskuldigdes se weergawe is dat hulle twee seuns gesien het wat sonneblomme uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se lande gesteel het. Hulle het een van die seuns gevang terwyl die ander gevlug het.

Volgens Du Plessis het die een seun agterop die bakkie geklim sodat hulle hom na die polisiestasie kon vat. “Die seun het van die bakkie afgespring om te ontsnap toe hulle spoed verminder het om om ’n draai te gaan. Hulle het nie hul hande vir die seun gelig nie.”

Volgens Du Plessis het die beskuldigdes ’n u-draai gemaak en die seun gevind waar hy bewusteloos in die pad gelê het. Hulle het glo ’n swart man en vrou in die pad sien loop en hulle gevra om by die seun te wag terwyl hulle gaan hulp soek het.

Du Plessis het gesê die twee mans het geen mediese opleiding nie en kon dus nie enige bystand aan die beseerde seun verskaf nie.

Die staat beweer Dooreward en Schutte het die seun van die bewegende bakkie gegooi en dat hulle hom gaan oplaai het omdat hulle besef het iemand het hulle gesien.

Dooreward en Schutte se borgtogaansoek duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ken2 ·

Ek wed julle als is opgemaak om haat teen wit te bewerkstellig. Daars geen ooggetuie, hy is geplant. Daars GEEN dreigemente, hulle laat net die beskuldigtes wreed klink. Als opgemaak, al van die ouderdom van die “kind” af.

Sonja ·

Ken2
Ek stem saam mt jo. Dis nou maar net om wittes in swak lig te stel. Dis n rasse ding. Punt.

oumie ·

Ken2 presies wat ek ook sê die hele ding is deur iemand geplant om weer die wittes in slegte lig te stel en hkm het ooggetuie nie dadelik polisie toe gegaan nie hkm eers vlg dag nadat hy kamstig gedreig is regtig het al daai betogers geweet daar is n muis op die maan

Jeanne smith ·

Ek kan nie glo nie asb IEMAND verduidelik vir my ek is TE stupid …
Net hoe gooi JY iemand van ‘n bakkie AF as JY bestuur of ‘n passasier is ?

Sonja ·

Dis een groot massa teen 2. Hulle weti eers mooi wat aanga nie maar lieg sal hulle lieg… Hierdi storie wil net die 2 mans in n slegte lig stel. Ons almal weet teen dir tyd jy mag nie eers hard mt hul praat nie dan dreig jy kwansuis.. so hukom sal hulle hulself daaraan skuldig maak om di kind “aan te rand”.
Die massa is net lus om te stir dis dit.

Willie E ·

In die eerste plek moes hulle die kind gelos het,nie eers met hom gepraat het nie.

Asjas ·

Ek het eerste handse ondervinding van ‘n boer en sy vrou nogal wat my belieg en bedrieg het. Hulle glo net hulle is reg en onaantasbaar, ek moes maar ‘n klomp geld verloor en stert tussen die bene wegstap want ek is geboelie deur die boer. Hy het my gevloek en op my geskree. Ek sal maar mooi luister na albei kante as ek die hof is.

Cherokee ·

Asjas…. en vir jou ook Piet Pompies, ons redeneer dieselfde. Daardie skaal kan enige kant toe sak en soos julle is ek ook nie bereid om te maak asof ek ‘n ooggetuie was en weet wie lieg en wie nie. Dit is waarom ek berigte oor die betrokke saak lees maar julle sien my nie kommentaar lewer nie.

Sakkie ·

Een ding moet ons besef. As jy betrokke raak in ‘n onderonsie met ‘n ander kleurige is jy in vir groot probleme ongeag jy onskuldig is of nie. Draai maar die ander wang en bly uit die moeilikheid al druis dit in teen alles waarin jy glo.

Willie E ·

Netso Sakkie,ek stem saam met jou. Teen hierdie tyd moes ons darem al geleer het. Ore het ons maar HOOR is daar nie..

Appel ·

Ons moet ook nou nie skies dat ek lewe sê en ander oor ons laat loop nie want dan sal hulle sonder weerstand oor ons loop.

Amanda ·

Baie waar daardie. Sodra jy in n stryery ook betrokke raak is dit omdat hy of sy swart is. Ek wil dit dan verloor!

Michael ·

Ek stem nie saam behandel almal met respek maar staan op vir jouself as jy met minagting behandel word maak nie saak van die kleur van die persoon nie.Ek behandel almal met respek en het nog nooit moeilikheid gekry nie en dit maak my nie ‘n lamsakkige nie.

Callie ·

Daardie jare het die NP regering gepraat van die totale aanslag. Nou is daar n totale aanslag teen wittes en teen waarheid. Praat die waarheid en die totale aanslag begin. Wittes is in vir moelike tye

Weetniemooinie ·

Beide mans was seker voor in die kajuit van die bakkie……nou my vraag is…..Hoe kry jy dit reg om iemand van n beweegende voertuig se bak af te gooi as jy voor sit??? Is ek dalk mal???

Johann cb ·

Alle oë is nou op die “moord”, weet ons dalk hoe dit nou in Coligny gaan?

Linda ·

Nou hoekom kan die mans dan nie maar die man en vrou op spoor nie? Was hulle nie nog daar toe die polisie op gedaag het nie? Hulle sal mos kan getuig of die kind werklik uit geval het of nie.

Die waarheid is sekerlik iewers in die middel tussen die twee stories. Ek begin ‘n rot ruik hier.

Tinktinkie ·

Linda ek stem met jou saam. En waarom het al 2 boere na d polisiestasie gejaag? Vir my is dit ‘n swak verskoning al het jy geen mediese opleiding nie, sou dit tog die verantwoordelike ding wees om 1 persoon by d beseerde agter te laat. Die boere se storie/s het vir my baie gate in!

Asjas ·

Dankie vir jou eerlikheid. Ek kry die afgelope tyd baie met boere te doen. Boere in die algemeen van alle rasse en ouderdomme. Raai wie stel my die meeste teleur? Raai wie het my as wit vrou die slegste behandel. Ek het baie respek vir boere in die land verloor. Ek het altyd ten sterkste uitgespreek teen plaas aanvalle, deesdae bly ek maar net stil. Julle behandel jul medemens van alle rasse en geslagte uiters sleg, kyk bietjie daarna en sien of dinge nie verander nie? Wat jy saai sal jy maai.

Piet Pompies ·

Hier is daarem baie getuies hier wat kommentaar lewer op die saak, gaan hulle in die hof getuig. Punt is, twee persone het gereg in eie hande geneem en dit het sleg vir hulle uitgedraai en nou het hulle groot probleme.
Ek sal slegs ‘n siviele arrestasie uitvoer as iemand se lewe in gevaar is en dan ook seker maak daar is onafhandlike getuies teenwoordig.

Piet ·

Piet, ek neem aan jy ken die NW provinsie se plattelandse polisiediens- dis soms nogal frustrerend om te staan en wag dat die polisie moet uitkom. Ons neem ook maar partymaal beskuldigdes self in dorp toe. Hierdie saak wys ook wat als daarmee kan verkeerd loop. Een van die boere in ons omgewing bel altyd die polisie en sê hy het klaar die beskuldigde geskiet en hulle moet hom kom oplaai- dan stop die polisie daar in 3 min. Dis die enigste manier vir reaksie vinnige reaksie

Cherokee ·

Jy sien Piet, die oomblik wanneer iemand ‘n urban-legend oftewel stadslegende vertel as die waarheid, word geen van sy ander stories geglo nie.

Harambe ·

En intussen koop die Guptas eiendom in Dubai met ons belastinggeld

Peet J ·

‘n Landsburger het dieselfde regte as ‘n reservis om ‘n persoon wat ‘n misdaad pleeg bv. steel, moor, aanranding e.d.m. inhegtenis te neem en hom na die polisiestasie te neem vir oorhandiging indien die persoon hom verset kan omstanders se hulp gevra word ,die gereg kan ook geskakel word om die persoon te verwyder. Indien ons dan vir alles anderpad moet kyk waarvoor het ons dan ‘n Grondwet.

Gerhard de V ·

Daar is beslis wit liberales wat ‘n aandeel het aan hierdié storie. Hul media-maatjies maar net te gewillig om stories te fabriseer.

SARIE VAN HEERDEN ·

Onwaarhede rakende ENIGE saak kry ook maklik baie oortuigende stertjies soos wat ons self ondervind het na ‘n CCMA saak wat ek sonder moeite gewen het. Moontlik kry hierdie twee boere ook ‘n magistraat wat deur al die trane van die ooggetuie kan sien. Hul kan daai krane aandraai en emmers vol trane stort om simpatie te wek. Die trane word dan sommer met die plathand so oor die hele gesig gevee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.