Coligny-saak: Polisiekommissaris verwelkom vonnis

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte word in die hooggeregshof in Mahikeng gevonnis. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Lt.genl. Baile Motswenyane, die provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, het Woensdag die vonnisse van Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34) in die hooggeregshof in Mahikeng verwelkom.

Doorewaard en Schutte is gevonnis in verband met die moord op Matlhomola Mosweu (16) nadat die hof bevind het die twee beskuldigdes het die tienerseun in April 2017 van ʼn bewegende bakkie af gegooi en dat hy hierdeur noodlottige beserings opgedoen het.

Schutte is ʼn swaarder vonnis opgelê en tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Mosweu. Hy is verder drie jaar tronkstraf opgelê vir ontvoering, twee jaar vir intimidasie van ʼn staatsgetuie, een jaar vir diefstal en twee jaar vir die rig van ʼn vuurwapen. Aangesien daarvan dat die vonnisse gelyklopend uitgedien sal word, is Schutte effektief 23 jaar tronkstraf opgelê.

Doorewaard is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Mosweu, drie jaar vir ontvoering, twee jaar vir intimidasie, een jaar vir diefstal en twee jaar vir die rig van ʼn vuurwapen. Hy is effektief 18 jaar tronkstraf opgelê.

Bailey het die ondersoekspan geloof vir hul ondersoek van die saak wat tot die mans se skuldigbevinding en vonnis gelei het. Sy meen die vonnis sal ʼn duidelike boodskap stuur “dat die lang arm van die gereg geen genade teenoor misdadigers betoon nie”.

News24 berig Mosweu se pa het ná afloop van die verrigtinge sy ontevredenheid oor die vonnis uitgespreek en gesê hy meen die beskuldigdes moes lewenslange tronkstraf gekry het.

Schutte en Doorewaard se regsverteenwoordiger het bevestig dat die twee mans voortgaan met die appèlproses teen hul skuldigbevinding en vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Pierre ·

So die staat se enigste nie onpartydige getuie kan lieg soos hy wil, en hulle gaan aan met die saak?? duidelike 2 stelle reels vir ons mense….

Tom ·

Die saak het reeds die stadium van vonnisoplegging bereik voor dit bekend geword het dat die ooggetuie moontlik gelieg het. Daarom sal hierdie feit eers op appél geopper kan word.

ZAR ·

Die enigste duidelike boodskap wat hier uitgestuur word is dat witmense hul nie teen die wetteloosheid van die land moet verset nie.
Dis wat ons aanvaar die regering vir ons probeer sê.
Net een ding… ons gaan lê nie so maklik nie.

Koos de Meyer. ·

Rassisme om gekeer. Waar kom diefstal teen die twee in asook ontvoering. Ons regstelsel is siek. Die sogenaamde getuie se woord word gevat. Belaglik.

Hennie ·

Vrot piesang Republiek. Hoe swarter die piesang hoe lekkerder die gly! Maar daar het jy dit, die swart haat vir blankes. Gelukkig sal die polisie swaap en die swart dief se pa lewenslank gevangenes wees van haat en swak begrip vermoë…

madels ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie. Here asb hier moet U ingryp! 2 mans is onskuldig gevonnis en dit net omdat hulle wit is.

sweis ·

Miskien is ons te beskaaf ek wonder wat sou gebeur as ons nou die dorp sou afbrand omdat ons nie saamstem nie.

Wonder Net ·

Jy is reg, miskien moet ons ook daar by hof nou gaan staan, brand dan af, steek buite bande aan die brand, gooi dromme uit.

cor ·

Sal graag van n regsgeleerde wil weet wat hierdie vonnis beteken vir jan alleman ,wat is my regte as n person my perseel betree en diefstal pleeg , Volgens die uitspraak mag ek hom nie met n vuurwapen aanhou nie (2 jaar tronkstraf) .Mag hom nie polisie stasie toe neem nie (3 jaar vir ontvoering) wat mag ek doen?

Rina Bezuidenhout ·

Ek kan dit nie glo nie Hoe kon hul die persoon afstamp as hul bestuur het en die persoon wat teen hul getuig het erken hy was omgekoop om te lieg Daar word daagliks soveel plaasmoorde gepleeg wat nie eers genoem word Waar gaan alles opeindig

JSO ·

Hoekom word daar sommer net aanvaar dat hierdie 2 manne onskuldig is? Omdat hulle wit is?

Dries du Toit ·

JSO vertel jy vir ons dan hoekom hulle dan skuldig is. Oorreed ons dan. Ons luister aandagtig

Judge Dredd ·

Wel ten minste 1 moes die bakkie bestuur dan nie? So hoe kan albei skuldig wees aan moord?

Jannie ·

En ek sal julle uitwissing deur die banvloek, verwelkom!!!

D B ·

Die uitspraak is ‘n klug, ons almal weet dit, ongelukkig moes dit eers gebeur voor die saak kan voortgaan.

Sou die 2 outjies wel later onskuldig bevind word, gaan hierdie “grootbek” en sy “langarm van die gereg” dan onverskoning vra? MM, hoop julle gaan hom dan vra om kommentaar!

Magda ·

Solidariteit en Afriforum het reeds aangedui dat hul gaan appelleer. Al was die proses reeds goed aan die gang, het die getuienis dat die ANC die ooggetuie “gekoop ” het, en dat hy na vorentoe gekom het, om te sê hy lieg, reeds voor vonnisoplegging aan die lig gekom. Die regte ding vir die staat was, om te sê aan die hand van nuwe getuienis, word vonnis voorbehou. Ons almal weet hoe lank appelsake neem, die 2 mans gaan vir n geruime tyd wel in die gevangenis wees, of tot appelborg toegestaan gaan word. Die skade is reeds gedoen.

Boerboel ·

Stem saam Magda, ongelukkig gaan hulle baie swaar kry in die tronk en kan dit moontlik langer neem om dit op die rol te kry. EFF and ANC het hulle sin weereens gekry. Ons baklei hier teen n’ bose mag.

GM ·

JSO, want van ons het die storie gevolg van die begin af en die berigte met aandag gelees. Uit die berigte was dit heel duidelik dat die getuie lieg. So nee, dit het absoluut niks met kleur te maak as ons voel hulle is onskuldig nie. Wat wel baie met kleur te make het, is hoe ‘inconsistent’ ons regsstelsel is. Gaan kyk maar na Vicky Momberg se geval, versus bv. daardie hoë kop in die weermag se geval – een verkeerde woord vs. haatspraak in ‘n erge graad. Die man kon net om verskoning vra, Vicky was nie so gelukkig nie. Dis een van vele voorbeelde waar die straf ligter is vir die een as vir die ander.
Die land gaan mos vooruit kan beweeg as mense nie kan redeneer oor die feite tot hul beskikking nie, maar net in kleur vaskyk.

Sue ·

Kan ons maar net dankbaar wees die doodstraf is nie meer wettig in hierdie land nie. Wat n belaglike vonnis.

Irene Myburgh ·

Dit is reeds om die rede dat ek nie stem om die doodstraf terug te bring nie. Ek meen die “mag” doodstraf in die verkeerde hande hulle sal ons dan omtrent elkeen sommer die doodstraf toedien.

Ek stem ook dat dit was en is nog steeds die beste om doodstraf te hê MAAR nie onder die regering nie.

Dit is dan nog ‘n manier om ontslae te raak van mense.

Flica ·

Hiermee stem ek saam, as die nou nie blankes was nie het hulle skot vry hiervan af gekom, maar nou is hulle blank. Onregverdige lewe die. Swart kan moor, verkrag noem dit maar hulle sal dalk net n moontlike waarskuwing kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.