Coligny-saak: Twee vandag gevonnis

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Die twee mans wat skuldig bevind is aan die moord op ʼn 16-jarige seun van Coligny in Noordwes, sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Mahikeng gevonnis word.

Regter Ronnie Hendricks sal na verwagting sy vonnisuitspraak lewer in die saak teen Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34) wat skuldig bevind is aan die moord op Matlhomola Mosweu op 20 April 2017 in die Scotland‑ informele nedersetting net buite Coligny. Die hof het beslis die twee mans het Mosweu van ʼn bewegende bakkie af gegooi nadat hulle hom gevang het dat hy sonneblomkoppe ter waarde van R80 gesteel het.

Die seun se dood het aanleiding gegee tot ʼn vlaag gewelddadige betogings in die voorheen rustige Noordwes-dorp waartydens drie vragmotors gebrand, paaie versper en winkels geplunder is. Die voorval het ook erge rassespanning in die dorp ontketen.

Doorewaard en Schutte is in Oktober verlede jaar skuldig bevind aan moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Tydens die voorvonnisverrigtinge het adv. Celice Zwiegelaar, Doorewaard se regsverteenwoordiger, aan die hof gesê dat Doorewaard berou getoon het. Zwiegelaar het die hof gevra om ʼn vonnis op te lê wat die samelewing nodig het, eerder as waarop die samelewing aandring.

Adv. Piet Smit vir Schutte het gesê die twee mans is reeds onderwerp aan ʼn verhoor in die hof van openbare opinie. Hy het ook die hof gevra om in ag te neem dat Schutte getroud is met drie minderjarige kinders en dat hy die enigste broodwinner vir sy gesin is.

Die staatsaanklaer Rapula Molefe het egter aangevoer die twee beskuldigdes moet lewenslange tronkstraf opgelê word omdat hulle geen berou vir hul dade getoon het nie.

Die saak het vroeg vanjaar ʼn nuwe wending geneem toe Rapport berig het die enigste ooggetuie in die saak, Bonakele Pakisi, het erken hy het in die hof gelieg toe hy getuig het dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte vir Mosweu vermoor.

Doorewaard en Schutte beplan om teen hul skuldigbevinding te appelleer sodra die vonnisuitspraak gelewer is.

Lees alle vorige berigte oor die Coligny-moordsaak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Boerboel ·

As Boere op plase vermoor word kry die skuldiges ook lewens lange tronkstraf, nee !
Praat nie goed wat gebeur het nie maar die reg stelsel is net swaar op ons bevolking.
Ons brand nie af en hou betogings as boere vermoor word nie.

Dries du Toit ·

Ek verstaan nie hoe kan hierdie manne gevonnis word as die enigste getuie erken het hy het gelieg.

HPV ·

Want hulle is wit en die regstelsel behoort aan die anc regime. Dit sê alles.

bolla ·

Ek het gelees hulle het hom probeer omkoop om sy storie te verander. Ons sal maar moet sien wat gebeur as dit wel op appél gaan.

Ouma Beskuit ·

Die storie dat hy (moontlik) gelieg het, het eers na die skuldigbevinding te vore gekom.

Wie weet ·

My hart gaan uit na die twee mans Een man lieg in die hof twee mans praat die waarheid en twee mans word skuldig bevind op een man se leuns Jo en nou word hulle nog gevonnis ook en dan eers n appel saak so hoe lank gaan hulle nog in die tronk sit vir iets wat hul nie gedoen het nie

Boerboel ·

Stem saam, ons brand nie af as boere vermmor word nie, kry die wat plaas moored pleeg ook lewenslank ?
Dis siek

bolla ·

Ja, hulle kry meestal lewenslank. Minimum vonnis vir moord is 15 jaar.

Jaap ·

In SA is alles n klug.
Regte bos hof in SA.Is nou in beheer so kom ek kyk verby alles en volg my eie vooropgestelde agenda.
Vooraf al geweet gaan die 2 manne laat suffer.
Sterkte manne

GM ·

Boerboel, dalk moet ons maar begin en hul help om hul eindpunt vinniger te bereik. Dalk is dié mense gelukkig as als tot in die afgrond in afgebrand is en daar geen kos en drinkbare water meer vir enige iemand oor is nie.

Jannie ·

Ek bid hierdie twee manne seën en geregtigheid toe!!!! Baie sterkte, manne…….YHWH is steeds op Die Troon!!!!

HPV ·

Die mense wat so knaend die doodstraf wil terugbring,lees en leer wat hier onder die anc regime besig is om te gebeur. Doodstraf waar dubbel standaarde aan die orde van die dag is? Nee ek dink nie so nie.

Ben Prinsloo ·

Hoekom kry ek die gedagte dat die 2 se regspanne was aan die slaap? Enigste getuie wat erken hy get gelieg en die regspanne vra versagting want die beskuldigde toon berou? Berou agv wat? Nee wat ek ruik n rot. Sterkte vir die 2 manne.

Nin ·

Ek verneem van ‘n betroubare bron dat Regter Hendricks se beslissings gereeld op appel geneem word en ook reggestel moet word.

Hanna Hoekom ·

Hoe moet hulle berou betoon as hulle NIKS verkeerd gedoen het nie? Sterkte, menere! Hou net goeie moed.

Hendri ·

Manne ons glo vas dat as julle skuldig bevinding vandag afgelees word julle spoedig appel suksesvol kan kry.
Hierdie saak moet regtig vandag uitgegooi of vir herverhoor geskeduleer word!!!

Ons vertrou op die Vader vir leiding.
Staan vas manne

OÏKOFOOBsemaai ·

Hoop ons mense is in groot getalle daar om hulle te ondersteun.

J ·

Na Coligny tot stilstand gebring is winkels geplunder is dit wat oor was na alles afgebrand is. Is daar nog n dorpie Coligny.
Nou moet 2 witmans boet daarvoor na al die leuns.
Wat gaan van daai swartman word wat leuns vertel het.
Weer het die hof bewys niemand maar niemand kan hulle meer vetrou nie.

J ·

Bestaan Coligny nog na alles geplunder en afgebrand is. Het daar enige iets oorgebly van Coligny.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.