Coligny: Seun se identiteit steeds nie bekend; mans in hof

Vragmotors wat deur betogers in Coligny in Noordwes aan die brand gesteek is (25 April 2017). Foto: Facebook via Marlene Roux

Die 12-jarige seun wat in Coligny in Noordwes dood is nadat hy na bewering van ʼn bewegende bakkie afgespring het, was teen Donderdagmiddag, ʼn week ná sy dood, steeds nie geïdentifiseer nie.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het bevestig die polisie sukkel steeds om die seun se identiteit vas te stel. Intussen sal twee mans vandag in die hof verskyn in verband met die seun se dood.

Maroela Media het vroeër berig Pieter Karsten, die werkgewer van die twee mans, het in ʼn onderhoud met RSG se Monitor en Spektrum gesê die mans het twee seuns betrap dat hulle sonneblomme uit boere se landerye gesteel het. Hulle het vir die seuns gesê om agter op hul bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon vat. Die een seun het weggehardloop en die ander seun het agter op die bakkie geklim.

Karsten beweer toe die bakkie om ʼn draai spoed verminder het, het die seun van die steeds bewegende voertuig afgespring. Hy het ernstige beserings opgedoen en is later oorlede.

Sy dood het gewelddadige betogings tot gevolg gehad waartydens minstens drie huise en drie vragmotors aan die brand gesteek en verskeie winkels geplunder is.

Mokgwabone het vroeër gesê die twee mans, onderskeidelik 26 en 33 jaar oud, is Dinsdag in verband met die seun se dood in hegtenis geneem.

Talle ander verdagtes is ook in hegtenis geneem in verband met die geweld, beskadiging van eiendom en plundering van winkels in dié dorp, asook in Blydeville net buite Lichtenburg.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

AL ·

Op Kyknet nuus gisteraand het n swart man beweer die seun is vermoor deur witmense en dat die mans hom as ooggetuie drank probeer voer het. Die ooggetuie is na ñ plek van veiligheid geneem. Die forensiese patologiese toetse sal seker wys wie lieg?

Trienie ·

Ek verstaan nie hoekom is die twee mans in hegtenis geneem as die kind van die bakkie afgespring het nie. Wat is hulle aanklagte? Was daar n vorige artikel wat redes vir hul arrestasie gee? Uit hierdie artikel klink dit dat hullebloot die seuns plosie toe wou vat vir diefstal, so hoekom word hulle dan aangekla vir kind se dood as hy self afgespring het? Kan iemand dalk meer inligting gee asb.

Petra ·

Dis n minderjarige kind. Wat dus as ontvoering gesien kan word. In n perfekte wereld sou dit seker beter gewees het om die die polisie te skakel en dan te wag vir hulle om uit te kom na waar die diefstal plaasgevind het. Hulle sou seker nou nog gewag het. Maar dit sou hulle tyd gegee het om op heel Christelike manier met die kind te gesels.

pieterdp ·

Moet ons nou ook as blankis so aan gaan as een van ons blankis wreed vermoor word.
Wat is die dryf agter die heele gebeertinis dat n hele dorp verwoes word. Waar begin ons.

Grassie ·

Sjoe, Pieter. Ons kan begin deur trots te wees op ons taal, waarvoor ons lief is.

Elize C ·

Dis weer een van daardie baie netelige situasies hierdie. Die dood van ‘n kind is nooit ‘n lekker gevoel nie, ongeag die omstandighede. Daar kom egter so paar vrae by my op….. Die kind is ‘n week later steeds ongeidentifiseer, so niemand het nog na vore gekom om ‘n vermiste kind aan te meld nie? As daar niemand is/was wat die kind ken nie, hoe weet hulle hy is 12 jaar oud? Dit is ‘n feit dat tieners soms 20 kan lyk bloot op voorkoms, dan is hy in werklikheid 14, of hy kan weens ‘n klein liggaamsbou 10 jaar oud geskat word, dan is hy in werklikheid al 16. In die berig word sy ouderdom egter as ‘n feit genoem, wie het dit bepaal? Ek het ook my bedenkinge oor die “oog-getuie”, het ook die tv-onderhoud gesien, alhoewel dit 100% waar mag wees. Maar hoe gaan dit bo alle redelike twyfel bewys word? Jare gelede het ‘n huisvriend (‘n mediese dr) in Mozambiek gery, toe mense langs die pad skielik ‘n klein dogtertjie voor die kar ingooi. Hy het uitgespring om mediese hulp te gee, maar die kind was dood, en dadelik het die “pa” geld ge-eis “om stil te bly”. Weens sy mediese kennis kon hy dadelik bepaal dat die kind al reeds minstens 36 uur oorlede is….. hartseer maar waar. Na 3 weke in ‘n Mozambiekse tronk, hope geld aan regskoste en taal-probleme, is hy toegelaat om die land te verlaat….

PJS ·

Dit hartseer. Eenkant probeer ons plaasmoorde keer.
Aan anderkant bly boere en hul werkers die aanvang.
Wanneer gaan hulle leer jy kan nie reg in eie hande neem.

pieter ·

Hierdie probleem is al eue oud. Onthou die eerste moord op ‘n blanke seun is gepeeg terwyl aan westrerse waardes vee gesteel is. Ons probleem is een van kultuur en waardes, nie wie, wie se waardes ken of respekeer nie, maar eerder wie se waardes die norm sal wees.
Dit is ‘n probleem vanaf voetsool vlak tot by die kabinet. Todat elke bevolkings groep in hierdie land nie selfbeskikking in’;n eie staat het nie sal daar nooit vrede wees nie.

Isabel ·

Waar het die twee arme mans die reg in eie hande geneem? Hulle het niemand geslaan ens nie. As ek self v ‘n bakkie afspring en sterf is dit my eie skuld.

Jandre Kroeze ·

Volgens betrokkene het die “kind” van die bakkie af gespring op pad terug vanaf die Poliesie stasie, terug plaas toe. Hy was onder geen omstandighede sleg behandel deur die blankes nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

die herrie oor die swart kind wat van die bakkie gespring het is ‘n bewys dat hy oortree het deur die sonneblomme te steel. Mense verloor uit die oog dat daardie sonneblomme die brood en botter is van ‘n boer wat daaruit ‘n inkomste genereer. Die kind het geweet hy is in die moeilikheid oor sy stelery en daarom van die polisie probeer wegkom. Was dit verkeerd van die twee boere om die kind na die polisie te neem? NEE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.