Coligny-seun se nek het gebreek, sê pa

Vragmotors wat deur betogers in Coligny in Noordwes aan die brand gesteek is (25 April 2017). Foto: Facebook via Marlene Roux

ʼn 12-jarige seun wat van ʼn bewegende voertuig afgespring het toe hy glo daarvan beskuldig is dat hy sonneblomme gesteel het, het gesterf weens ʼn gebreekte nek, het sy pa Maandag gesê.

“Sy nek was gebreek. Hy het ʼn sny op sy ken en agter sy nek,” het Sakkie Dingake, die seun se pa, gesê. Hy het sy seun, Matlhomola Jonas Mosweu, Sondag by die regeringlykshuis in Lichtenburg uitgeken.

Maroela Media het vroeër berig die kind se dood het aanleiding gegee tot die gewelddadige betogings in Coligny waartydens minstens drie vragmotors en drie huise afgebrand en talle winkels geplunder is.

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte, twee boere van die gebied, is in hegtenis geneem in verband met die kind se dood. Die mans het na bewering twee seuns betrap dat hulle sonneblomme uit boere se landerye gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om agter op hul bakkie te klim sodat die mans hulle polisiestasie toe kon vat. Een seun het weggehardloop en Matlhomola het agter op die bakkie geklim. Hy het van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het.

Dingake (45) van Scotland- informele nedersetting naby Tlhabologang, het gesê sy seun is laas op 18 April gesien toe sy ouma hom dorp toe gestuur het om paraffien te gaan koop. “Hy het teruggekeer en is toe weer daar weg. Dis die laaste keer wat ons hom gesien het. Ons het die heeltyd gedink hy kuier by maats op ʼn plaas in Putfontein,” het Dingake gesê. “Hy kuier gereeld daar tydens skoolvakansies.”

Hy het gesê die gesin het Sondag uitgevind Matlhomola is dood.

Dingake se vrou, Agnes Mosweu (43) het gesê sy het haar seun se vriende gevra of hy op die Putfontein-plaas is, maar hulle het gesê hy is nie daar nie. “Ek was besorg. Ek was by die kerk toe ek ʼn oproep gekry het om na die polisiestasie toe te kom.”

Dingake het gesê die laerskoolhoof het ʼn foto gebring en wou weet of dit sy kind is. Hy is daarna na die regeringlykshuis geneem om hom uit te ken.

“My hart is stukkend. Diegene wat dit aan my seun gedoen het, moet dieselfde oorkom. Hulle het my seun doodgemaak, hulle moet ook doodgemaak word,” het hy gesê.

Hy ontken bewerings dat Matlhomola sonneblomme gesteel het. “Hy het nie sonneblomme gesteel nie. Hy eet nie eers sonneblomsade nie. Waarom sal hy sonneblomme steel?”

Die begrafnisreëlings is reeds getref en Matlhomola sal Saterdag in Coligny begrawe word.

Matlhomola was ʼn graad 6-leerling by ʼn plaasskool in Coligny. Hy is die derde van sewe kinders.

Maroela Media het vroeër berig Doorewaard en Schutte se regspan sal vandag ʼn dringende aansoek bring om te versoek dat hul borgtogaansoek reeds môre aangehoor word. Dit was aanvanklik geskeduleer vir 9 Mei. Die aansoek word om 16:00 aangehoor.

Inwoners van die informele nedersetting beweer een van die beskuldigdes het vroeër ook twee persone doodgemaak. “Twee persone is al op sy plaas dood gevind. Hy het glo toevallig op hulle afgekom. As daar nie ooggetuies was in die saak van Matlhomola Mosweu nie, sou hy sy liggaam in die veld gestort het, en dan dae later die polisie gekontak het om te sê hy het iemand dood aangetref op sy plaas.”

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ramkat ·

As.Doornewaard en Shutte binne in hul bewegende bakkie se kajuit was toe Matlhomola eiehanding sy nek breek toe hy val nadat hy van die bewegende bakkie afspring, hoe.is.dit moontlik dat hulle van (poging tot) moord aangekla.kan word.
Hulle was.nie.agter op nie en kon die seun dus nie.afstam of afgooi nie.
Die bakkie het stadig gery voor.die.draai – dus.het.hulle nie roete loos gery om te veroorsaak dat.die.seun van die bak kon afval nie.
Nou waar le die aanklagte waaroor hulle aangekla en aangehou word?
Ek vra jou nou met trane in my “baby blue eyes”.
Dit wil my voorkom asof hulle op aanklag van moord aangehou word sonder.dat.die omstandighede behoorlike na gegaan is – wil voorkom asof kwaad Willie arrestasie irrasioneel plaasgevind het. Gronde vir n eis teen die SAPD.

pakkie ·

age nee ou sakkie. klink of jou seun n gewoonte kwaaddoener is. jy het hom laaste gesien 18 Apr? en hom nie gaan soek nie? en dit in skooltyd? Agnes hoe maak jy kinders groot! hy was maar net 12. wie laat n 12jarige sy eie kop volgens? lesufi Waar is jy? neem die ouers skool toe! keer hulle die basics om kind groot te maak. rassisme? sm man.

joy Steyn ·

Geen rasistiese bybedoelings as ek dink dan moet ons maar diesefde woorde as sy pa se..ons begin maar met die lewe van ons plaas boere… Sal ons ook eis en optogte hou en se “hulle wat ons onskuldige plaasboere en hul gesinne vermoor moet dadelik sumier doodgemaak word??? Ek dink 100% so!

w ·

Diegene wie sy kind “doodgemaak”het moet ook doodgemaak word. En wat se jy sakkie wat vani ander moordenaars wie wittes doodmAak. Buitendien een van sewe kinders sjoe. Is dit vi allpay

Sê maar net ·

Ag nee regtig!!!!! Sien jou kind vir 12 dae nie en jy raak nie bekommerd nie? Wat dink sulke ouers? Wie doen sy huiswerk, gee vír hom kos, was sy klere? Daar is ‘n kind dood en hul wonder nie dalk of dit hulle s’n is nie? Klink vir my nie of hul kinders moet hê nie en dalk self ondersoek/besoek moet word deur owerhede……!

Ben ·

Wie gaan hierdie snert glo wat nou skielik van die seun sé mense kom , alles word nou skielik vir waarheid vertel Ek dink dit is so deurspek met leuns maar ons inteligensie word onderskat soos bv die onderhoud met die ander een wat ook op Kyknet uitgesaai is, jy kan met n stok aanvoel hy vertel nie die waarheid nie. Dit is tyd dat sulke goed nie eers dekking kry nie.

zoom zoom ·

Is dit regtig hulle kind of is daar ‘n klankie aan die storie?????

Alwyna Holtzhausen ·

Blykbaar geen kneusplekke nie. Watter bewyse is dus daar dat hy aangerand is? Hoop maar hulle word onskuldig bewys

Alida ·

Die bohaai gaan oor die wit boete nie soseer oor die kind nie. As die ouers omgegee het sou hulle mos gaan soek get. Snert!

Alida ·

Die bohaai gaan oor die wit boete nie soseer oor die kind nie. As die ouers omgegee het sou hulle mos gaan soek get. Snert!

Scalla ·

Swak getuienis en kastige ouerskap, soek net geld, na paar dae, kommunikasie deesdae maklik, steel en plunder drankwinkel en soek verskoning, wat ek verder wil sê sal nie geplaas word nie.

420Toors ·

“Hulle het my seun doodgemaak, hulle moet ook doodgemaak word” Na die gebeure in Coligny kan dit nie as n ydele dreigement beskou word nie.

Dottie ·

Jy kan nie sê dat jou kind nie sonneblomme gesteel het nie want jy loop nie saam met jou kind in die strate nie. & dit klink vir my asof hy ‘n kwaadoener was. Hoekom moet daar altyd gebrand & geplunder word????????

Bytjie ·

1, Daar was berig die seun is 16, nie 12 nie. Hy is in Gr6?? 16jr oud in gr 6?
2. Die ouers het ‘gedink’ hy kuier by vriende. Diè ouers het nie 100% geweet waar hul kind is nie? NOU wil die pa en ma optree.
Wat daarvan as die kind paar sonneblomme gesteel het? Hy het nie ‘n bakkie vol gelaai nie. Ek glo die twee boere is skuldig – hulle kon die kind maar laat gaan het. En dit was heel ONNODIG dat Coligny se mense soos ‘n spul varke en pundelaars opgetree het. Altyd ‘n verskoning as daar gesteel en gebrand word. Lekker man, lekker!

Tanja ·

“wat daarvan as die kind ‘n paar sonneblomme gesteel het?”
Gaan doen jou navorsing en vind uit hoeveel skade boere lei as gevolg van “skadelose kinders” wat “net ‘n ou paar goedjies vat”? Ek weet van ‘n boer in die Kaap wat 200 ton guava’s verloor per jaar, as gevolg van kinders wat ingestuur word om te steel…. want hulle weet die boere kan niks aan die kinders doen nie. Nee dis nie net ‘n paar sonneblomme nie, dis een verskriklike groot probleem, volwassenes, stuur hulle kinders in om te steel en dan stry almal net lewe en dood dit het nooit gebeur nie. Die boer lei die skade en die verbruiker betaal duurder. Hier is ‘n geweldige opvoedings agterstand en dit begin by ons skole. Tanja

VanAfrika ·

Sou die kind 12 jaar oud wees, moet dit die hof se plig wees om die welsyn betrokke te kry en die ouers ondervra hoekom die kind nie in die skool was toe hy met kwaadwillige diefstal betrokke was nie. Sou dit n wit seun wees wat n swart plaasboer se sonneblomme gesteel het, was dit weer apartheid se skuld en dan sou rasisme weer voorrang vat omdat n swartman se sonneblomme deur n wit kind gesteel is. Die welsyn moet betrokke raak omdat die ouers ook nie geweet het waar hulle kind is en hoekom hy nie in sy huis is as die son ondergaan nie.
Bytjie, sou elke kind/persoon besluit om n sonneblom te “vat” en die boer dit net los, wat dink jy moet hy op die einde van die dag verkoop as almal met sy sonneblomme weg loop. Dink bietjie verder voor JY klaar besluit het die boer is skuldig. Hy het ook die reg om sy eiendom te beskerm. Die ouers moes daai seun maniere geleer het dat mens nie goed vat wat nie joune is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.