Coligny-twee: ‘Dis ʼn lang pad, maar ons stap hom’

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Die burgerregtegroep AfriForum het ʼn besluit van die appèlhof in Bloemfontein verwelkom wat Pieter Doorewaard en Phillip Schutte toestemming gee om direk in dié hof teen hulle skuldigbevinding en vonnis te appelleer.

Die mans het hulle direk tot die appèlhof gewend nadat hulle aansoek om verlof tot appèl in die hooggeregshof in Mmabatho vroeër van die hand gewys is. Doorewaard en Schutte dien tans tronkstraf uit nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

Doorewaard en Schutte se regspan, onder leiding van adv. Barry Roux, het die appèlhof suksesvol gepetisioneer om verlof tot appèl, nadat die hooggeregshof in Maart dié aansoek van die hand gewys het.

AfriForum sê hy het besluit om Doorewaard en Schutte se appèlaansoek te finansier nadat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die moordsaak, teenoor vier verskillende mense erken het dat hy in die hof gelieg het. Hy het aanvanklik getuig dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte dié tiener vermoor.

Ingelize Schutte, Phillip se vrou, het ook gesê dit gaan ná die uitspraak baie beter as die afgelope nege maande wat die mans al in die Rooigrond-gevangenis buite Mahikeng hulle vonnis uitdien.

“Ons vier fees hier buite, maar ons weet nog nie eens of hulle sélf weet nie,” het Schutte gesê.

Die twee mans mag op ʼn Donderdag met hulle regspanne praat. Indien hulle nié vandag ingelig word oor die geslaagde appèlaansoek nie, sal Schutte haar man môre oor die wending inlig. “Dit gaan baie onverwags wees.

“Die pad vorentoe lyk goed. Ek is optimisties, ek was van dag een af. Hulle sit onskuldig in die tronk, so dit kan nie anders as om beter te gaan nie. Soms voel jy die hofproses kan vinniger wees, maar ons weet jy kan nie iets binne 24 uur gedoen kry nie.

“Dis ʼn lang pad, maar ons stap hom,” het Schutte gesê.

Sy het gesê die gemeenskap ondersteun die Schutte- en Doorewaard-familie geweldig baie en help waar moontlik.

“Dis ʼn tawwe pad, emosioneel en fisiek, maar die Here was van die begin af goed vir ons. Die Here het vir ons deure oopgemaak en gesien wat ons nodig het.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het intussen gesê die organisasie is dankbaar dat die twee mans die geleentheid gaan kry om te bewys dat die hooggeregshof in Mmabatho ernstig gefouteer het deur sleutelgetuienis tot hul onskuld te ignoreer en op die storie van ’n leuenaar as enigste ooggetuie te steun.

Kriel het gesê AfriForum gaan ook die res van die twee mans se appèlproses finansier om te verseker dat geregtigheid geskied en om te verhoed dat onskuldige mense nie verkeerdelik in die tronk sit nie.

“Ek is vol vertroue dat die twee mans se skuldigbevinding aan moord uiteindelik op grond van die beskikbare getuienis ter syde gestel gaan word,” het Kriel gesê.

Hy het gesê dit is belangrik dat mense wat leuens verkondig om rassespanning te skep en valslik ’n wolk van “rassisme” oor onskuldige mense se koppe te laat hang, daarvoor verantwoordelik gehou word.

“Net soos Doorewaard en Schutte se lewe deur leuens vernietig is, het ons ook weer in Schweizer-Reneke gesien hoe rasse-opstokers die bekwame onderwyseres Elana Barkhuizen se lewe op sy kop gekeer het deur leuens en wanvoorstellings. Die tyd het aangebreek dat leuenaars en rasse-opstokers se vernietigingswerk teengestaan word,” het Kriel gesê.

Barkhuizen is vroeër geskors oor ʼn omstrede foto van ʼn gr. R-klas waarop wit en swart kinders apart sit. Die foto is nie in haar klas geneem nie, maar in haar kollega se klaskamer waar Barkhuizen vir ʼn wyle toesig gehou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Daar word teen hierdie twee manne gediskrimineer omrede hulle velkleur wit is. Ek is bereid om uit my eie sak vir drie verskillende leuenverklikker toetse te betaal teen die enigste sogenaamde “ooggegtuie ” en ek is bereid om enige iets te verwed dat die toetse sal bewys dat die vent soos ‘n tandetrekker gelieg het en net deur die landros geglo is omdat hy wart is. Swartes kan mos nie lieg en rassiste wees nie, net wlttes.

Pieter ·

En so mors hy twee kinders se lewens op regter soos hy hoort nie op die bank nie sy regering het hom gese wat om te doen slap g…t

Francois Laubscher ·

Indien gelieg was… Sal die skuldige die vonnis kry wat hy op die beskuldigdes geplaas het? Ek meen… dit is die logiese afleiding?

Jakkie ·

Ongelukkig mag ‘n leuenverklikkertoets nie in die hof gebruik word nie. Wat ‘n jammerte. Ek ondersteun hierdie twee manne om hul onskuld te regverdig.

Yvonne ·

Ek verskil van jou. Dit mag gebruik word maar onder streng voorwaardes. Ek kom gereeld daarme te doen in my werk. Die persone wat die toets doen is hoogs opgelei en hulle word as ekspert getuies in verhore beskou.

Hendrik van George ·

Dit gaan tyd neem, maar hierdie ongeregtigheid sal reg gestel word….

Pieter ·

Ek weet dit is maklik om te praat maar min mense besef regtig waar deer julle gaan byt vas manne hier is duisende van ons wat agter julle staan hulle lag nou vir julle en hulle kry lekker maar die wiel draai en daai regter wat die saak gedoen hoort nie op die bank nie hy is n slap gat

Alta Schutte ·

Ingelize..jy is ‘n ystervrou,’n voorbeeld vir ander! Ons gebede word verhoor! Ons GOD is almagtig!

koos ·

Kan na die bevoegdheid van die regter in Mmabatho ook gekyk word asb. Ek vermoed hy en die OB was in dieselfde klas.

Jerry ·

Doen die regte dinge reg vir geregtigheid en laat die regspan toe om die vonnis tersyde gestel te kry. Om die saak te wil verpolitiseer deur agter die regter aan te drentel is nou weereens n goeie voorbeeld om die regte ding, verkeerd te doen! Die haatvlakke en menseslagting van onskuldige weerlose mense is reeds baie hoog, dit is nie nodig om dit nou nog erger te gaan staan en maak deur hierdie saak ook te verpolitiseer nie. Dit lyk my jy sit op jou verstand!

Gaitsigubib ·

… en daar gaat ons al weer Mr Anti Afriforum. Wie politiseer nou juis die ding? Al wie van hierdie saak praat is 60 mense op MM. As dit nie vir Afriforum was nie het hierdie manne geen kans op apel gesien nie. Niemand sou hierdie manne gaan help het nie. Jou raad is om houe te vat soos n slaansak en dan noem jy sowaar iemand anders so dom soos n slaansak in ander kommentaar. Jy moet dalk jou eie raad vat en die land verlaat want as jy net gelate al die houe in die land gaan vat gaan n slaansak dalk nog beter as jy self daarvan afkom.

kolla ·

Enige persoon het die reg om die Appelhof te nader, met Afriforum se hulp of nie. Die feit dat Afriforum hulle help beteken nie dat hulle andersins nie die geleentheid sou gehad het nie.

Lindie De Lange ·

Jannie- leun verklikker kan nie as bewyse In ‘n hof gebring Word nie…

Cheryl ·

So bly vir julle en julle gesinne wat deur hel is. Mag geregtigheid nou geskied en julle die drade kan optel en aangaan met julle lewe

Koos ·

Beide die regter en die aanklaer behoort uit hulle poste verwyder te word sonderenige voordele. Hulle behoort ook sommer sivielregtelik gedagvaar te word vir skadevergoeding vir die tyd wat die ouens onsluldig toegesluit was. Ja ek weet dit kan nie werklik gebeur nie, maar dit sou goed wees indien dit kon.
Terloops, MM: dis Graad O (Ontvangsjaar) in Afrikaans. Grade R (Reception year) is die Engelse weergawe

kolla ·

Wie sê hulle is onskuldig? Wag maar eers vir die Appèlhof se beslissing.

Gaitsigubib ·

Gerrit dis logies dat jy meen dat jy nie kan glo n persoon word sonder enige bewyse teen hom aan moord skuldig bevind nie. Sommige mense glo enige regter se uitspraak is noodwendig die waarheid. Die apel proses is in so persoon se oe eintlik nutteloos want jy reeds skuldig in sy oe, net soos daar altyd die is wat glo in jou onskuld. N objektiewe, nugter persoon sal die bewyse opweeg en dan n besluit neem.

ne ·

DANKIE, dankie AFRIFORUM!!!!!!!!!
Darem een instansie vir BLANKES!!!!!

Dries du Toit ·

Kolla jy het nie veel breins nodig om te weet dat hierdie manne onskuldug is nie. Al wil jy hulle skuldig he omdat jy nie van hul kleur hou nie

Andrea ·

Lekker om maandeliks tot Afriforum by te dra as dit vir sulke verdienstelike sake gaan. Dankie Afriforum dat jul hierdie manne ondersteun. Sterkte en mag jul gou vry wees.

Lynne ·

Baie baie dankie AfriForum! Ek betaal my ledegeld met ‘n smile elke maand! Baie sterkte aan almal betrokke!

LHS ·

Kolle is ook een van daardie wat glo n bakkie kan homself bestuur. Mooi man jou i.k. en die regter sin is skynbaar baie na aanmekaar.

Gerhard ·

Aan hierdie twee onskuldige manne en hulle gesinne: Vasbyt, julle gaan as oorwinnaars anderkant uitkom!

Koos de Meyer. ·

Ek vra ook weer, wie het dan die bakkie bestuur as al twee van moord aangekla word. Siek verby.

Marianne ·

Was hulle nie boere nie was daar geen ophef in die saak nie… net mal mense moor vir ‘n sonneblom. ASSEBLIEF!!!! GENOEG IS GENOEG, HULLE IS VERNEDER, DIE DORP WAS AL VERNIETIG. Laat hulle vry om ‘n nuwe lewe te begin.

Jerry ·

Ek sal enige tyd houe vat en my so dom soos n slaansak hou in plaas daarvan dat die weerloses en die jeug die houe moet vat. Om skoorsoekend sake te verpolitiseer vir die uitbrei van ledetalle, die bou van n sakeryk en die opsweep van jongmense wie agter geskuil kan word, terwyl n menseslagting plaasvind, is om die minste te se gewetenloos en laakbaar! Gesonde verstand se vir ons dat die situasie in SA vereis dat die veiligheid van ons mense eerste gestel moet word en dat dit slegs sal geskied deur onder geen omstandighede sake te verpolitiseer nie en om nie wit en swart teen mekaar af te speel nie. Hoe harder teruggedruk word, hoe harder en feller word die aanslag in n stryd wat gewone mense reeds in groot ellende dompel!

Eddi ·

Hierdie saak was verpolitiseer nog voor hulle in die hof opgedaag het. Die ANC het huise belowe en die EFF het die dorp probeer af brand. Afriforum is NIE ‘N POLITIESE PARTY NIE. Dit is ‘n burgerREGTE organisasie! Net omdat jy nie daarvan hou dat hul afrikaans of wit is nie gaan dit nie verander nie. Ons almal moet AKTIEF aan ons land se gebeure deel neem. Dis van lui gyt en hierdie “nie my probleem “ houding dat ons nou in hierdie gemors sit. Ons is in ‘n DEMOKRASIE nie ‘n verdraaide monarchie nie en dit is almal se plig as landburgers om na die toekoms te bou. Nie om agter vrees en politiesekorek(gek)heid weg te kryp nie.

Dries du Toit ·

Ag Jerry as jou voorstelle enigsins sou help dan sou ons jou ondersteun maar die geskiedenis bewys vir jou duidelik dat jou houding gesien word as n swakheid en dan spring hulle met volmag op jou en vertrap jou tot ini graf

danie ·

Jerry dit is duidelik dat jy nie `n benul het wat in die meerderheid van ons land se mense se koppe aangaan nie. Dink jy vir een oomblik jou optrede gaan respek by hulle afdwing. In hulle kultuur wen die sterkste en as ons nie `n sterk platvorm vestig wat wys dat ons nie bang is nie verseker ek jou is die stryd vir ons veilige voortbestaan verlore.

Adam ·

Jerry, indien jy ‘n rgesgeleerde was sou jy geweet het dat by die beoordeling van die getuienis van ‘n enkelgetuie, moet die voorsittende beampte dit met groot omsigtigheid hanteer. Sonder al die getuienis voor my, sal dit voorbarig wees om ‘m opinie daaroor uit te spreek, maar die manne behoort die reg tot appel gegun te word en ek is dankbaar dit kon gebeur. Meer belangrik is om ag te slaan op Kallie Kriel se woorde: Ht het dit teen leuenaars en rasse opstokers wie se vernietigingswerk teengestaan moet word en ek kan nie meer met hom saamstem nie. Ek gee toe dat Afriforum soms die lyn oorsteek na die politieke arena, maar hoe kan jy hulle verkwalik as die OB en haar uitverkorenes die regsproses misbruik. Swaarde sny na beide kante toe.

Jerry ·

Dries/Danie as julle reken dat julle n sterk platvorm vestig deur die lafhartige wraaksugtiges van die ANC/eff uit te daag deur hulle korrupte leiers te vervolg, dan moet julle so voortdoen. Die feite is dat sake wat deur julle sterk platvorm verpolitiseer word, deur die wraaksugtiges vergeld word met aanvalle op taal, kultuur, godsdiens, boere en gewone weerlose mense en die aanvalle neem toe, dit neem nie af nie. Julle platvorm is sterk vir julle, dit is nie sterk vir die weerloses van ons gemeenskap nie. Sou julle platvorm werklik sterk gewees het soos julle almal probeer wysmaak, dan sou ons gemeenskap mos nou reeds na al die jare wat julle platvorm en stryd bestaan darem reeds n mate van veilige voortbestaan gehad het. Dit is egter nie die geval nie en daarom stel ek voor dat sake nie verpolitiseer word nie en wit en swart nie teen mekaar afgespeel word nie en dat ons n sterker platvorm sal vestig deur ons taal, godsdiens, kultuur en weerloses nie aan die groot klok te hang as n uitdaging aan die wraaksugtiges nie, maar dat ons dit beskerm deur dit nie langer bloot te stel, terwyl ons platvorm nog te swak is om ons mense en regte werklik effektief te kan beskerm! Ons mense gaan ellende tegemoet omdat ons optrede deur sommige regte dinge verkeerd te doen, ons mense en hulle regte n teiken maak, terwyl ons hulle regte beskerm, maar nie hulle lewens nie!

Jerry ·

Adam ek stem 100% saam met wat jy se. Ek stem net nie daarmee saam dat witmense onder die vaandel van Afriforum wat nie net met die Afrikaner, maar met witmense geassosieer word, wit en swart teen mekaar afspeel deur swartmense se leiers te vervolg. Dat hulle vervolg moet word is n gegewe, net nie deur Afriforum nie. Afriforum kan dit orkestreer en Naidoo of Guguletu regspanne gebruik onder Naidoo en Guguletu se name. Sonder Afriforum is witmense reeds aan wraak en vergelding blootgestel. Afriforum se optrede moet nie witmense nog verder blootstel aan vergelding en daardeur word witmense se ellende vererger nie. As ons dit nie kan beter maak nie, dan gaan ons dit slegter maak! Jy kan n sterkman en skoorsoek uitdaging benadering volg, maar dit is uiters dom wanneer jou opponente moordbendes op jou mense loslaat en jy kan dit nie counter nie en jou mense ook nie, wat presies besig is om te gebeur! Dit help alles niks wat ons doen as ons nie kan verhoed dat ons mense ophou asemhaal nie! Afriforum gaan slimmer te werk moet gaan en swart teen swart moet afspeel. As Afriforum wil voortgaan soos wat hulle huidiglik doen, dan moet hulle eers die veiligheid van witmense waarborg en dit kon hulle tot nou toe nie regkry nie, wel net die aanslag laat vererger!

danie ·

Jerry jy verloor rigting in jou reaksie. Die artikel en ons gevolglike reaksie gaan nie oor die vervolging van die huidige verskriklike politieke leiers soos jy hulle beskryf nie. Kan jy nie raaksien dat ons reaksie gaan oor GREGTIGHEID en nie oor politiek nie. Dink jy vir een oomblik dat die wraakaanvalle op ons regte soos jy dit noem gaan verminder as ons `n stert tussen die bene houding gaan inneem. Hoe bepaal jy dat die oorsaak van die aanvalle op ons mense as gevolg van Afriforum se optrede is? Ek dink jy weet nie genoeg om so `n stelling te maak nie. Dit maak nie saak hoe diep mense hul koppe in die sand druk nie, die aanvalle op ons regte het gekom om te bly en ek verkies om weerstand te bied teen dit. Die leiers van ons minderheid wit gemeenskap sal moet bymekaar kom en strategiee ontwikkel om ons toekoms te beveilig. Dis nie OF ons iets moet doen nie, maar HOE. Ons en jy inkluis praat nog net. As jy dan so sterk voel oor die saak raak dan deel van die idees en stappe om ons nageslag se toekoms te beveilig. Die tyd is hier vir ons mense om bymekaar te staan tensy jy dink dat dit ook `n verpolitiseering is, want dan moet ons maar Gods water oor Gods akker laat loop. Ek is egter nie deel van daardie groep nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.