Coligny-twee gevonnis

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte word in die hooggeregshof in Mahikeng gevonnis. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34) is Woensdag in die hooggeregshof in Mahikeng gevonnis in verband met die moord op Matlhomola Mosweu (16).

eNuus berig Doorewaard is effektief 18 jaar tronkstraf opgelê, terwyl Schutte tot effektief 23 jaar tronkstraf gevonnis is.

Regter Ronnie Hendricks het in sy vonnisuitspraak gesê die moord op Mosweu was ʼn ernstige misdaad, veral aangesien die oorledene ʼn kind was. Hy het ook gesê die hof aanvaar die getuienis van Bonakele Pakisi wat in die hof getuig het hy het gesien hoe Doorewaard en Schutte vir Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgooi.

Hendricks het verder gesê die belang van die gemeenskap, asook die impak van Mosweu se dood op sy familie moet in ag geneem word.

Hy het wel ter versagtende omstandighede gesê die hof neem in ag dat die moord nie vooraf beplan was nie en dat dit nie die mans se direkte bedoeling was om te moor nie. Schutte en Doorewaard is albei eerste oortreders en dit, tesame met hul persoonlike omstandighede, is ook in ag geneem.

Die hof was vanoggend volgepak met meestal EFF-ondersteuners wat wou hoor hoe die twee mans gevonnis word.

Doorewaard en Schutte is in Oktober verlede jaar skuldig bevind aan die moord op Mosweu op 20 April 2017 in die Scotland‑ informele nedersetting net buite Coligny. Die hof het beslis die twee mans het Mosweu van ʼn bewegende bakkie af gegooi nadat hulle hom gevang het dat hy sonneblomkoppe ter waarde van R80 gesteel het.

Die mans is ook skuldig bevind aan ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

127 Kommentare

Ninette ·

Hoe kan ‘n getuie se getuienis aanvaar word as hy sélf erken hy het gelieg? Dit beteken dat hy nie daar was nie, wat beteken dat hy nie weet of die oorledene regtig van die bakkie afgegooi was nie. Wat as die kind gespring het?

Grant ·

If both men pushed him off the bakkie, who was driving then????? This is confusing

Miekie Cotns ·

middag ja sal ok nie weet nie hul moet n prokureur kry en waar is die bewyse dit gaan net oor hy kamstig gesien hoe het hy gesien en hy ok gese hy gelieg en hoe gooi jy kind van bakie af terwyl jy ry moet mos stop of hoe ek dink hy gespring want hy was bang

Faye ·

Wat gebeur dan met die getuie wat gese het hy het gelieg is hy vry

Jordaan ·

Vra ek ook? Dit was dan die wereld vol dat hy by sy pastoor gebieg het hy het gelieg.

Deloris ·

WOEDEND …… IS MY GENOEG OM MYSELF UIT TE DRUK NIE…
DIT GAAN ALLES OOR POLITIEK…..
AUGH ?????

Cherokee ·

Deloris, al is jy woordeloos en al is jy woedend, skryf normaal asseblief.

KG ·

Toemaar Cherokee, ek verstaan. Die mense is baie kwaad, dis hoekom hulle so skree….

Irma ·

As ek reg verstaan is die 2 mans gevonnis om die eff tevrede te stel. Met ander woorde ons samelewing word gereël deur hooligans. Regverdigheid het geen plek meer in ons samelewing nie. Dit is siek !!!!!!!!!

Frikkie Geld en huis ·

Jy’s heeltemal in die kol, Irma. Met die sg doodskis-saak is die regter voorgfeskryf deur die klaer oor wat die vonnis moet wees.

JohanL ·

Irma, ek het dit al vele kere geskryf op die forum en ek doen dit weer. SA se regstelsel boesem nie baie vertroue in nie – by tye ‘n totale sirkus.

Dries du Toit ·

Aag kom nou CHEROKEE. Dit is mos nou wragtig nie n misdaad om in hoofletters te skryf nie. Sy wys haar gevoelens. Ek voel ook lus om te skree en verseker nie vir Deloris nie

ZAR ·

@Irma Presies net so. Dis hoekom die eerste regter met die doodskis saak homself van die saak onttrek het. Sy gewete wou nie toelaat dat ander vir hom sê wat sy uitspraak moet wees nie, toe sorg hulle dat hulle iemand kry sonder ‘n gewete.
Ek sê lankal dat daar baie swart mense is wat nie hul mes in het vir witmense nie, maar oordat hulle nie opstaan vir geregtigheid nie (moontlik uit vrees vir vergelding) is hul teenwoordigheid niks werd nie. Dus regeer die hooligans/ekstremiste.

boerboel ·

Dis hartseer, as die enige getuie gelieg het, op wat het die staat sy saak gebou?
Ek hoop hulle teken apel aan.

Landvaneensydigheid ·

Aangesien die enigste ooggetuie die eed wat hy af gelê het verontagsaam het deur te lieg het die staat geen bewyse nie so die saak is gebou op die velkleur van die individue wat betrokke was.

Donderstorm ·

So die getuienis erken hyt gelieg tog word hul skildig bevind op moord meskien nog op manslag maar moord? Ek persoonlik kan nie insien dat hul n regverdige verhoor gehad het nie of n regverdige vonnis opgele is nie hul moet na regte n “re-trial kry van n regter wat niks te doen het met die saak nie.Geregtigheid?

vis ·

Wat ek nie kan verstaan dat hulle basies die max tronkstraf gekry het maar die hof erken hulle het nie die moord beplan nie. daar is ouns wat die moord beplan het en maar 8 jaar gekry het. sal nou wil sien hoe gerrie nel hulle die storie gaan aanpak met die ou wat gelieg het

Rudolf ·

Afriforum gaan glo hulle appèl hanteer. Wanneer hulle vra vir hulp met ‘n regsvonds moet ons nou saamstaan en die manne help!

Hannah ·

Want die 2 mans is WIT.
Dan luister die hof na wat die gemeenskap wil he.??
Dis die nuwe SA

Mia Muis ·

Presies my gevoel ook Hanna!!! Die regstelsel luister net na wat die gemeenskap en die EFF wil hê, want hoe sê Malema: “Dis tyd dat die witmense vir die swartmense moet werk”. Belaglik sê ek jou!!

Marius ·

Mense hulle moet eers gevonnis word voor hulle kan appeleer teen vonnis en nuwe bewyse in die hof na vore bring.Onthou hulle was reeds skuldig bevind voor nuwe inligting na vore gekom het.

Leatitia ·

Dit is reg Marius. Dit is wat hulle gesê het. Klink my die meeste mense weet nie van daai deel nie.

thelsa ·

Jason Rohde kan hom dan gelukkig ag met sy 20 jaar. Dit was ‘n bonus vir hom.

Jaap ·

Hulle gevonnis om gemeendkap tevrede te stel.
Watse klomp snert is dit.
Lieg en bedrieg maar.
Duidelik.

willem Botha ·

Hoe onpartydig en neutraal gebaseer slegs op feite is ons regstelsel as dit duidelik is die twee is voorbeelde van gemaak terwyl die hoofgetuie erken het dat hy gelig het om n dief te beskerm

Cherokee ·

Vrae wat opduik is of hulle gevonnis is om reg te laat geskied of om toeskouers tevrede te stel.

Was dit ‘fake news’ wat vertel het dat die enigste ‘ooggetuie’ erken het hy het gelieg. Dit was waarskynlik vals nuus want indien dit werklik so was, sou die regter dit (hopelik) nie gebruik het as getuienis nie.

Het ons verkeerdelik geglo in hul onskuld en dat dit werklik moord was.

‘n Vraag wat keer op keer opgeduik het is wie het die bakkie bestuur as die twee die slagoffer vanaf ‘n bewegende bakkie gegooi het.

Na versagtende omstandighede in ag geneem is, word dit klaarblyklik steeds gehanteer asof met voorbedagte rade, want die straf klink na omtrent maksimum.

Henk ·

Met sulke bevoegde , ervare regters op die bank en julle skreeu bring die doodstraf terug ? Raai wie gaan oor jou en jou geliefdes se lot besluit ?

Cherokee ·

Ek onthou kommentators wat die regter wat Jason Rohde gevonnis het,ook as onbevoeg beskou het, maar nadat sy die redes vir haar bevinding verskaf het, het kritiek skielik opgedroog en sommige was eerlik genoeg om te erken dat hulle verkeerd geraai het. — Dit beteken nie ek dink die vonnis is regverdig nie. Lees my eerste kommentaar.

JJ ·

Mense wat aandring op die doodstraf moet net bietjie verder dink. Dit is ñ verdere gevaarlike stok in die onbevoegde regters se hande.

Cherokee ·

Baie dankie Afrikaner. As jy nie hierdie skakel verskaf het nie, sou ek ‘n besonder goeie artikel mis gelees het. Soos jy self sê, hierdie dinge is uiters ooglopend.

Ekke ·

Hiers ‘n lekker Apelsaak vir Gerrie Nel……ONREGVERDIG!!!

Dries du Toit ·

Afrikaner. Daardie was die mees insiggewende en goed deurdagte op die man af artikel van Herman Toerien nog geskryf het. Almal behoort dit te lees

Tobie Klarens ·

Diegene wie vra dat die doodstraf teruggebring word moet kennis neem. Die doodstraf in die hande van n korrupte regering en n disfunksionele regstelsel, sal n ramp wees en gebruik word om opponente uit die weg te ruim.

Lana ·

Die FOUTIEWE en lieg-gedeelte van dié saak is nou verby. Nou is daar lig in die tonnel vir die waarheid.
Hou die spasie dop.

Netta ·

Wonder ek ook wie het die bakkie bestuur as albei hom van die bakkie gegooi het

bolla ·

Behalwe die moord storie het hierdie perde die slagoffer gedwing om alkohol te drink en daarna sy braaksel te eet. Hulle het ook vuurwapens op hom gerig en hom op die voertuig gedwing. Glad nie oulike manne die nie.

Patrys ·

Was jy daar bolla het jy dit gesien. Wie was die getuie wat dit vertel het of aan die lig gebring het? Stel belang om te weet.

JG ·

@ bolla…en jy was daar…jy het alles aanskou. Gaan praat jou bolla op n ander forum.

Meisiemens ·

Bolla, nie die slagoffer nie. Die enigste ooggetuie, wat later erken het dat hy gejok het….
Die manne is gevonnis op vals getuienis.

bolla ·

Sover ek weet het hulle net die afgooi van die bakkie af ontken. Skillig.

Henk ·

Eerstens was die skuldigbevinding n skok. Skokkend dat n regter tydens uitspraak bevind daar was van n enkel getuie verskeie weersprekings EN dan vind die regter regverdigingsgronde vir daardie weersprekings. MAAR kom ons hou in gedagte dat die nuwe getuienis na die uitspraak bekend geword het. En dat dit nou nog meer ten gunste van die beskuldigdes sal wees tydens appel. Dit bly egter skrikwekkend hoe SA se regstelsel tans funksioneer en dit is ook kommerwekkend.

Danny ·

Is dit M jy was ook seker n getuie soos die vorige getuie in hoof

M ·

Hier is nou skielik 2 M’e. Dis glad nie n regverdige uitspraak nie. Die hof se bevinding is absurd en polities / polulisties van aard.

@M ·

In die ICT wêreld noem hulle iets soos jy ‘n “Remote Access Trojan” of RAT vir kort…

bolla ·

Vonnis is eintlik te lig. Een perd het net 15 jaar vir moord gekry

Spook ·

Bolla gebruik jou logika. … maak jou oe oop asb want jy steek jouself net in die skande. Verdien hulle n fonnis. … heel moontlik maar nie vir wat hulle aan gekla word nie… dit is absurd… polities en a.g. v druk van die gemeenskap en EFF trawante. Glad nie regverdig nie

Deon ·

Ek hoop julle klomp wat altyd so vinnig spring om te help as daar nood is dink twee keer voor die nuwe komberse en kos uitgedeel word.
In hierdie land moet ons begin besef dat elkeen net vir homself moet wees!!

Genoeg ·

Geen regverdigheid in hierdie uitspraak nie!!!! Waar was die wittes wat hierdie 2 beskuldigdes moes ondersteun gedurende die verloop van die hofsaak, julle kon meer as die rooi pakke wees as julle net sou wou saamstaan.

cor ·

Stem saam Genoeg , Ons leer maar nie .Self beskikking is en was maar nog altyd die enigste regverdige sisteem VIR ALLE RASSE , maar hou maar dop, kom verkiesings tyd stem almal maar weer DP

Patrys ·

Dis reg. Afriforum gaan die Appélsaak hanteer. Dan sal ons n ander storie hoor.

Helena. ·

Kan nie glo wat ek lees nie. Ek dink die regstelsel is eintlik die onregstelsel.

Thys Muller ·

Orals kwotas, wonder hoeveel kwotas het latyn deurgekom

M ·

Latyn is afgeskaf rondom 1987. Kanse baie skraal dat hulle Latyn spes of Latyns 1 deur gekom het. Regs grade is oor die algemeen deesdae op dieselfde vlak as n BA graad

Johan ·

Dis net in Suid-Afrika waar ‘n getuie van kleur wat erken hy lieg, se woord aanvaar sal word. Dis jammer dat rassisme nou na die regstelsel oorspoel. Daar is nou nie meer ruimte vir die waarheid nie. Alles gaan oor ras!

Rooikop ·

Wat n belaglike spul !!!!! Getuie erken hy het gelieg !!

Hierdie Regter is vrek bang vir die EFF ……………….. Maar iewers gelees
Barry Roux gaan nou oorneem en appelleer.
Mooi Barry …….. gee hulle gas…………..

J ·

Waar is al die toeskouers wat gestaan en kyk het toe die katestofe afgespeel het.
N leunaar het na vore gekom en n leunaar se woord is wet en vonnis oplegging is volgens leunaar gegee.

waarheid ·

Kla die regter aan – heeltemal onbevoeg.
Jip Afrikaner – ek stem saam! Kan nie wag nie!!

Dries du Toit ·

Wat ek regtig nie verstaan nie is. Hulle is altwee skuldig gevind vir moord. Het hulle dan altwee gelyk die seun opgetel en van die bakkie afgegooi. Seker nie. Een behoort dan gevonnis gewees het vir manslag. As my vrou n inbreker doodskiet en ek was by gaan ek ook dan vir moord aangekla word. Verduidelik iemand asb

bolla ·

Medepligtig aan moord. Dis hoekom die een wat nie die afgooiwerk gedoen het nie, net 15 jaar vir moord gekry het.

PaulV ·

bolla; volgens die regter se uitspraak is dit nie EEN van die beskuldigdes wat die afgooiwerk gedoen het nie. Volgens die regter aanvaar die hof die ENIGSTE getuie se storie dat hy gesien het hoe Doorewaard EN Schutte die oorledene van ‘n bewegende bakkie afgooi. Die getuie het later aan verskeie mense erken hy het vir die hof gelieg. bolla; jy weet so baie van hierdie saak af dat dit nou blyk dat jy die een moet wees wat die bakkie bestuur het.

Abe ·

Dries du Toit en Paul V,
Julle het nie die saak gevolg nie. Lees die hofstukke weer. Die hof het bevind: Doorewaard het die bakkie bestuur. Schutte het die kind afgestamp/ gegooi. Albei beskuldigdes is skuldig bevind aan moord omdat hulle volgens die hof n gemeenskaplike oogmerk gehad het nl. om die kind se dood te veroorsaak.

Thinus ·

Die Regter, die Nasionale Vervolgingsgesag en die Ondersoek beamptes moet aangekla word in gevolge Art 3,4,8,9,11,20 en 21 van die Wet op die Bekamping en Voorkoming van Korrupsie aangekla word. Saam met Art 24 van Wet 59 van 1959 van die Hooggeregshofwet, Art 269A van Wet 51 van 1977 Strafproseswet, asook Skedule 1 van Wet 121 van 1998 Voorkoming van Georganiseerde Misdaad. Dit is tyd om n Korrupte Regsbank aan die pen te laat ry, volgens UNCAC (UNITED NATIONS CONVENTION AGAINST CORRUPTION).

Gert J ·

Verskeie dinge klop nie.
1. Nou is skuldig moord terwyl hulle n skelm gevang het en wou hom polisie stasie toe vat.
2. Intimidasie wat jy waar kry???
3. Diefstal terwyl hulle die dief probeer polisie toe vat
4. Ontvoering Dit is te erg dat die reg so blatant en stupid is.
5. Die hoof getuie het MEINEED gepleeg deur te lieg en hy het dit aan verskeie mense beken, maar die hof sien dit nie raak nie.
TRAGIESE REGSTELSEL. Hoop Afriforum gaan hulle n bloedneus en knockout gee.
Daardie regter skuld SA n verskoning vir die uitspraak

Geregtigheid ·

Top punt van Stupid is:
KNOWING THE TRUTH
SEEING THE TRUTH
BUT STILL BELIEVING IN THE LIES

bren ·

En was die doodstraf nou hier was hul beslis gehang; dis verregaande doe aantal jare wat hul gegee is!

Jerry ·

Dit hou verreikende gevolge in vir witmense wanneer die howe skuldigbevindings maak slegs op die storie van getuies sonder enige klinkklare bewyse soos n forensiese ondersoek stemopnames, video ens. EFF ideologiese strategie en taktiek is aan almal bekend, en dit sal die landdros insluit, dat die EFF juis doelbewus getuies fabriseer en die waarheid verdraai omrede dit hulle politieke agenda van haat en aanhitsing teen hulle opponente wat witmense insluit, bevorder en bevoordeel. Die skuldigbevinding is gebaseer op geen bewyse, maar slegs op hoorse en behoort met appel tersyde gestel te word, of die getuie lieg of nie! Dit kan nie bewys word dat die getuie wel die waarheid gepraat het nie, dit kan dalk wel bewys word dat die getuie gelieg het!

Jj ·

Dis duidelik dat die Hof gemanipileerd was om onskuldige mans te vonnis dis net jammer ons afrikaaners was te besig om in masses in die Hof optedaag om die manne te ondersteun. Ons sal moet begin mekaar bystaan of een vir een uitgewis word.

M ·

EFF is maar net n afstigting vd ANC. Hulle doel was van die begin om te stoot vir Vervreemding sonder vergoeding “free education” en ander drakoniese sosialistiese kommunistiese idees. Die ANC kon dit nie doen nie want o wee oud President Mandela, die Afrikaner se AFGOD se naam sou skade ly en die ANC sou buitelabdse steun verloor. So die EFF was maar die ANC stoomroller waar hulle iets buitsporigs sal “demand” en die ANC sou skik vir klein bietjie minder. Die padda in die pot gesegde …

Diefie ·

Kan jy dit nou regtig glo? Het niemand ‘ n video geneem van die voorval nie? Die 2 is onskuldig,

Elvira ·

In hierdie land is die EFF die regters. Wo der wie het die bakkie bestuur toe die ooggetuie gesien het HOE HULLE die kind afgestamp het. Hierdie is die grootste klomp leuens wat ek nog ooit gelees het.

Elvira ·

Hendricks is n EFF maatjie. Hy moet sekere goed doen anders is hy sy werk kwyt.

Natascha ·

En daar is die bewys weer, as dit n blanke is sal jy nou maar een maal opdok. Maar die ander kleuriges kom mos letterlik en figuurlik weg met moord, kry net n pr jr, dan uit op parool en siedaar moor maar weer.
W\at het nou geword van die ogetuienis wat herken het dat hy in die hof gejok het????
Nee wat ons wittes sal nou maar een maal 2de kom in die land.
Hierdie land van melk en heuning is beslis net vir die nader kleuriges bedoel.
Jammer vir die hrde vonnis, sterkte aan jul en jul families.

Landi ·

Och, maar jy is vermetel. Vryheid van spraak, al stem hy nie saam nie. Wie dink jy is jy, altemit?

Linda ·

Maak nie saak wat gese en wat getuig was nie, n Moord was gepleeg, een was n medepligtige !! Hul moet sit vir hul wrede daad !!!

Linda ·

n Midaad is gepleeg, n kind is wreed vermoor, dit kon net sowel jou kind of my kind gewees het. Hul moet sit vir hul dade !!!!

Gert ·

En die duiwel wat die onderwyser in die klas met voorbedagte rade van agter af met ‘n mes doodgesteek het, kry 10 jaar. Het dit dalk iets te doen daarmee dat hierdie lede van die minderheidsgroep is?

Marinda ·

Nou wonder ek of die getuie wat gelieg het ook tronkstraf gaan kry?

Jacques ·

bolla – Wie het dan die die bakkie bestuur as ? 1 + 1 = 11 ???

Jack ·

Dit is moeilik om te onderskei of die regter ‘n regsbeslissing of ‘n loopbaan/politieke beslissing gemaak het.

Iemand ·

Wees rustig mense.

Soos ek die storie verstaan, die getuie het eers na hul skuldig bevind is uit gekom met die sak patats, en dit toe weer terug probeer neem. Dus moes die vonnis oplegging eers gedoen word om die saak netjies af te handel. Nou sal die beskuldigdes die kans kry om die vonnis om te keer deur die getuie se bewyse tot niet te maak, of so iets. Ek dink dit was te laat gewees om die skuldig bevinding voor die vonnis oplegging om te swaai en weer in die hof te begin sonder die hoof getuie se bewyse.

Dus soos ek dit verstaan het die beskuldigdes se regs span nou kans om te appelleer teen die vonnis, en die saak kan weer geopen word.

Geregtigheid kan nog geskied, vir die familie van die oorledenes of die wat dalk valslik beskuldig word. Siende dat ek nie daar was om te sê wat werklik gebeur het nie.

(maar dit maak nie sin dat hul sou doen wat hul gedoen het aspris nie, wat sou die baat gewees het om die kind se lewe te neem, en wat ek wil weet is waar was die ander kind wat weg gekom het?)

jakes ·

Die appelsaak kan nou voorberei word deur Gerrie Nel. Die regter moes sy uitspraak en vonnis seker baseer op getuienis wat tydens die verhoor gegee is. Indien Gerrie Nel hierdie appel sou wen sal dit n pluimpie vir geregtigheid wees en dan weereens die soeklig plaas op ons regstelsel en uitsprake van “regters” wat in etlike gevalle bevraagteken kan word. Net jammer dat dit tog wil voorkom dat ras wel n rol speel in misdaad.

bolla ·

Die moordenaars het beweer dat die seun van die bakkie afgespring het. Nou hoe spring jy van ‘n bakkie af met jou kop eerste want hy het direk op sy kop geval wat sy dood veroorsaak het?

bollie ·

Hulle het gesê gespring nie geduik nie. Effense verskilletjie.

bolla ·

Vermoorde se pa is ontevrede met die vonnis. Ek wonder of die staat gaan appeleer vir swaarder vonnis?

Nick ·

Hoe lank gaan dit julle vat om te besef as jy wit is, is jy skuldig!!!!!! Lyk my net ek verstaan hoe afrika werk,jou wit vel is jou sonde,klaar!

Linda ·

Hier kan nie n swaarder vonnis gegee word nie al appeleer die Staat. Oscar Pistorius moes lewenslank gekry het, so ook Jason Rhode en hul het nie !!!

Getuie... ·

Die getuie het gesê hy het gejok. Daarna weer egter omgedraai en gesê hy het sommer nonsens gepraat, dit wat hy glo gesê het van die begin af is waar.

Die saak moes ook nou eers afgehandel word voor daar verder iets gedoen kan word. Nog ʼn lang pad wat voorlê.

Anita Boshoff ·

Nou wonder ek so by myself wie die bakkie bestuur het terwyl ALTWEE beskuldigdes die kind van die bakkie afgegooi het

bolla ·

Jy hoef nie te wonder nie, Schutte het hom afgegooi en 20 jaar vir moord gekry. Die ander perd het 15 jaar gekry as medepligtige.

Pieter ·

Bolla, hoe kom jy by daai medepligtige uit, ek dag dan die regter het gesê die moord was nie vooraf beplan nie, so die twee het nie vooraf daaroor gesels nie. Dus moes die ou wat agter op die bakkie saam met die oorledene gesit het (as hy daar gesit het), sy eie kop gevolg het.

Maar altwee vonnis vir moord???

Dalk het die ou wat die bakkie bestuur het daar van vooraf geskree, ‘gooi hom af, gooi hom af’, en die getuienis daaromtrent?

Linda ·

Lana die mense het nie geld om Barry Roux te bekostig nie !! Hul eggenote en kinders trek reeds swaar en moet nou n lewe maak as broodwinners !!( n spelfout in my vorige berig moes lees…”appelleer”, jammer.)

Lana ·

AfriForum dra die appèlkoste sodat Roux die saak kan hanteer.

Kalla ·

As ek so tussen die lyne lees dink ek die uitspraak is juis so gemaak om ruimte te gee vir die verdediging om te appeleer op die uitspraak. Onthou die belydenis van die leun is gemaak na die skuldig bevinding. Ruimte is nodig om die bevinding om te draai. Mag waarheid en geregtigheid seevier.

Lana ·

AfriForum dra die appèlkoste sodat Roux die saak kan hanteer.

akker ·

Kan enige een met ‘n iota intelligensie hierna nog se die hof is onpartydig? Die getuie is keer op keer op ‘n leuen uitgevang tog was sy woord aanvaar. Nes die geval van die Middelburg duo en laat ons nie vergeet van die De Necker mannetjie van Belfast wie se moordenaars ook nog losloop nie.

Mens ·

Dinge gebeur soos dit moet. Wat regtig onstellend is, is dat hier meer gekonsentreer word op hoe onregverdig dit is in plaas van te besef ‘n kind is oorlede, hoe dit gebeur het maak nie saak nie, die punt is dat die kind op hulle bakkie was.

Linda ·

Afriform gooi goeie geld weg agter sleg. Hierdie twee manne is net so skuldig en weet hoe lekker hulle daardie dag gekry het om die kind te vermoor. Ek weier om Afriform te ondersteun !!

Mia Muis ·

Hallo daar, sal nou net wil weet of die taxi-bestuurder wat gister 3 skoolkinders in Drb doodgery het ook 23jaar maal 3 gaan kry? Wat se vonnis gaan hy kry, as hy gevonnis gaan word??

Linda ·

Mia Muis, jy het n goeie punt hier beet, wonder wat hier gaan gebeur. Ek weet regtig nie meer wat in ons land aangaan nie. Gister het n landdros se man haar en die kids en hom dood geskiet. Wat gaan aan ???

George in Bloem. ·

Veilig om te se die regsbank is ook so te se volledig ge-“transform”. Dit is baie baie laat in die dag vir hierdie land se regstelsel,wat veronderstel is om onafhanklik te wees,as beskuldigdes vir jare tronk toe gestuur word op grond van die twyfelagtige getuienis van ‘n selferkende leuenaar wat erken het dat hy vir die Polisie in sy verklaring rondom die saak gelieg het EN DAN AANVAAR DIE HOF SY GETUIENIS. Hoe tragies en belaglik ter selfde tyd……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.