Collins Chabane: Begrafnisreëlings bekend

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

ʼn Rou- en begrafnisdiens sal vir Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie wat Sondag in ʼn ongeluk oorlede is, gehou word.

Pres. Jacob Zuma het in ʼn verklaring bekend gemaak dat daar Donderdag ʼn roudiens by die Pretoria-stadsaal gehou sal word. Chabane sal Saterdag in Malamulele in Limpopo ter ruste gelê word.

Volgens Zuma sal Chabane ʼn amptelike begrafnis ontvang aangesien hy ʼn dienende minister was. Zuma het ook opdrag gegee dat die nasionale vlag Saterdag halfstok by alle vlagpale in Suid-Afrika moet hang.

Chabane, sy bestuurder en ʼn lyfwag is Sondagoggend dood nadat hul motor teen ʼn vragmotor op die N1-hoofweg naby Polokwane gebots het. Die vragmotor was glo besig om ʼn U-draai te maak. Die vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem en verskyn Dinsdag in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.