Collins Chabane sterf in motorongeluk

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

Die Presidensie het bevestig Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, het Sondagoggend in ʼn motorongeluk gesterf.

Die besonderhede van die ongeluk is nog nie bekend gemaak nie.

President Jacob Zuma het gesê die minister se ontydige afsterwe is ʼn groot verlies vir sy kabinet en die land in sy geheel. “Ons is diep geskok en hartseer oor hierdie ontydige afsterwe van ʼn uitnemende kader van ons vryheidstruggle en ʼn bekwame, gerespekteerde lid van die kabinet op wie mens kon staatmaak,” het Zuma gesê.

Chabane was die minister in die Presidensie wat die beplanning vir oudpresident Nelson Mandela se begrafnis gelei het. Hy was ook ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Besonderhede van ongeluk sal ook nie bekendgemaak word soos wat werklik gebeur het. Skynbaar is die foto van die wrak verwyder?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.