Comair bied gewysigde loonaanbod aan

Argieffoto Foto: cyberairlines.net

Argieffoto Foto: cyberairlines.net

Die lugvaartmaatskappy Comair het ʼn gewysigde loonaanbod aan Solidariteit gemaak. Dit volg nadat die partye nie tydens ʼn derde konsiliasievergadering op 2 Februarie by die Kommissie vir Versoening Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ʼn ooreenkoms kon bereik nie, en Solidariteit ʼn stakingsertifikaat bekom het.

Volgens Johan Botha, hoof van die professionele bedryf by Solidariteit, het Solidariteit reeds die gewysigde aanbod aan sy lede kommunikeer en wag die vakbond om terugvoering van sy lede. Solidariteit sal teen Maandag weet of sy lede die aanbod aanvaar of nie.

Solidariteit het in September 2014 met loononderhandelings by Comair begin. Die vakbond het in Desember verlede jaar ʼn geskil na die KVBA verwys waarna die konsiliasieproses by die KVBA gevolg het.

Solidariteit is deel van ʼn samewerkingsooreenkoms met UASA waarvolgens daar kollektief namens lede onderhandel word. Solidariteit, wat die meerderheidsvakbond is, verteenwoordig 210 lede onder die maatskappy se 389 kajuitbemanningslede.

Die lugrederye Kulula en British Airways is by Comair geaffilieer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.