Comair hervat bedrywighede

Argieffoto (Foto: Comair/Facebook)

Comair het gesê bedrywighede sal na verwagting Woensdag weer hervat by dié lugdiensgroep.

“Ons bedank ons klante en ander belanghebbendes vir hul voortgesette ondersteuning en begrip,” het Comair in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het Comair, wat British Airways en die laekostelugredery Kulula in Suid-Afrika bedryf, Maandagaand kennis gegee dat daar tydens ʼn onlangse oudit van sy instandhoudings- en tegniese diensteverskaffer, SAA Tegnies (SAAT), onreëlmatighede gevind is.

“Die vliegtuie wat geraak word, mag nie vlieg tot die nodige regstellende stappe gedoen is nie,” het Comair vroeër verduidelik. Comair het gesê hy het gebeurlikheidsplanne gereed om ontwrigting tot die minimum te beperk en het onderneem om klante op hoogte van sake te hou.

Die lugdiensgroep het bygevoeg hy is verbind tot die verskaf van ʼn veilige, betroubare en ʼn hoë gehalte diens aan klante en sê die veiligheid van passasiers en sy personeel is sy topprioriteit. Comair het gesê hy handhaaf ook steeds sy bedryfsveiligheidsakkreditasie van die Internasionale Lugvaartvereniging (Iata) en word deur British Airways International, Boeing én die BLO geoudit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johnny ·

Hoe ka n enige mens n vlieg kaart koop en wonder wanner gaan die vliegtuig neerstort as gevolg van tegniese probleme hoe weet ek daar is nie weer gebribe met onderdele en management nie want ek bly in Suid afrika

Chris Ws ·

Johnny ek stem saam met jou redenasie.Ons het gevolglik toe ons ‘n geleendheid kry om vir vriende in Australia te gaan kuier en sommer die land te bekyk ‘n paar jaar terug ,geweier om met SAL te vlieg, wat die reisagent voorgestel het .Ons het soontoe EN terug met Quantas gevlieg en was nie spyt nie.Hul veiligheids rekord is onbesproke.

Dewald ·

Qantas is baie goed, maar as ek heeltyd na DAAI aksent van die personeel moet luister, gaan ek n stadige dood sterf. Dan maar eerder n skielike dood in n bol vlamme.

piper ·

burgerlugvaart is nie duidelik oor wat die probleme is nie. hulle se net dinge is nie reg nie. wat se dinge is nie reg nie en hoe kan dinge oornag ge ondinges raak dat comair weer kan vlieg. by burgerlugvaart gaan dit ook rof,.hulle dinge is ook nie in plek nie.

Gerrit ·

Dis waarskynlik net n fout op n paar dokumente, m.a.w. nie regtig n tegniese fout met onderdele nie. Ek raai nou, so ek kan verkeerd wees. Ek besit egter n privaat vlieglisensie, so ek weet hoe liries raak BLO oor hulle papiertjies.

EO ·

El het nou al 3 keer van Quantas gebruik gemaak, en was baie tevrede met hulle. Weet nou nie eintlik wat die aksent is waaroor jy so onnodig kla nie , Dewald. Klink my jy is een van daai mense wat met alles in die lewe fout vind. Shame ek kry jou sooo jammer dat jy so moet ly. Gaan dan maar eerder in ‘n bol vlamme . Kry vir jou.

Hanelise ·

Behalwe op passasiers, het BLO duidelik glad nie besin oor al die gevolge nie. SAL het blykbaar alleenreg om gevaarlike middels te vervoer. Dus kon Oos-Kaap kanker pasiënte nie dié week dringende PET-scans, wat verdere behandeling help bepaal, ondergaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.