Comair-hoof bedank

Erik Venter (Foto: ANA)

Comair het Dinsdagaand die bedanking van sy uitvoerende hoof, Erik Venter, aangekondig.

Venter het 23 jaar vir die lugvaartreus, wat British Airways en Kulula.com in Suid-Afrika bedryf, gewerk waarvan hy 13 jaar lank as uitvoerende hoof gedien het.

Venter sal die maatskappy aan die einde van Julie vanjaar verlaat om sy eie belange na te streef, het Comair gesê. Geen nuwe aanstelling is nog in sy plek gemaak nie.

Volgens Piet van Hoven, voorsitter van die Comair-raad, laat Venter die maatskappy in ʼn baie sterkter posisie agter nadat hy aan die stuur van sake was.

“Toe [Venter] oorgeneem het, was Comair amper uitsluitlik van sy lugrederyondernemings afhanklik wat aan seisoen‑ en ekonomiese wisselvalligheid uitgelewer is. Hy het ons diversifikasiestrategie geformuleer en die leiding geneem,” het Van Hoven gesê.

“Ander groepbesighede dra nou byna 30% van wins voor belasting by, ’n segment wat besig is om te groei.”

Venter is maar die vyfde uitvoerende hoof in die 73 jaar wat die maatskappy bestaan.

“Ek glo dat ek namens almal by Comair praat as ek sê dat Erik ’n versiende, uiters gerespekteerde leier en ’n wonderlike persoon is om mee saam te werk,” het Van Hoven gesê.

“Hy sal gemis word, maar laat ’n sterk en ervare uitvoerende bestuurspan agter [aan hom te danke].”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Heksie ·

Hemel moet net asseblief nie een van daai eks “fat cats” van SAL aan stuur van sake sit nie, kort voor lank is Comair ook op die randjie van bankrotskap.

Wielspore ·

Eervolle uitrede, baie min bestuurders van besighede, het sy staat of privaat kan aanspraak maak hier op.
Goeie werk!

Manie van Worcester ·

Pragtige geruigskrif , net 5 hoofde in 73 jaar. Bekwame mense aan stuur dan het jy sukses. Hoop hulle doen n wyse aanstelling en nie n polities korrekte aanstelling

Ellisras ·

Kan hy asb dadelik opgeraap word om SAL te bestuur. Dit is net wat ons nodig het, hy sal ten minste gou weet of SAL redbaar is of nie.

Boertjie ·

Dis nou n puik Idea, maar dan moet hy volle beheer he en afdank en aanstel soos hy nodig vind. Ek dink nie net op sy eie sal hy n verskil kan maak nie.

Tino ·

Wel gedaan! Dis nou wat jy kry waneer jy bevoegte mense aanstel en BEE asook politiek nie dinge in die wiele ry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.