Comair se situasie ‘beroerd’

(Foto: kulula.com)Die situasie by Comair is beroerd.

Die situasie by Comair is beroerd.

Die maatskappy, wat die afgelope twee jaar al in sakeredding is en die laekostelugdiens kulula.com, asook plaaslike British Airways-vlugte in Suid-Afrika en die streek bedryf, het verlede Dinsdag alle vlugte weens ʼn gebrek aan geld opgeskort.

Die metaalwerkersvakbond Numsa het Dinsdag met Comair se hoof, Glenn Orsmond, asook die sakereddingspraktisyn, Richard Ferguson, vergader.

Volgens Ferguson is daar tans net twee opsies: Vind so gou moontlik ʼn belegger, of die redery sal sy bedrywighede mettertyd heeltemal moet staak.

Numsa sê selfs meer kommerwekkend is dat Ferguson geen waarborg kan gee dat werkers hul salarisse aan die einde van die maand betaal gaan word nie. Dit sluit in die betaling van mediese fondse en ander voordele.

“Numsa is diep bekommerd oor die stand van Comair en veral oor wat die situasie vir werkers en hul families beteken,” sê Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder van Numsa.

Indien die redery vou, kan tot 1 200 werksgeleenthede verlore wees.

Numsa pak die skuld op Comair se topbestuur en sê Orsmond en Ferguson moet pa staan vir hul versuim om die redery se beroerde geldsake om te keer.

“Die redery is moontlik die langste in Suid-Afrikaanse geskiedenis al in sakeredding, maar Richard Ferguson het misluk om ʼn strategie in werking te stel om die onderneming lewensvatbaar te hou,” sê Hlubi-Majola.

Numsa gaan hom nou tot die departement van arbeid en indiensneming wend en aansoek doen dat werkers aan ʼn aflegging-opleidingsprogram deelneem. Dit beteken dat hoewel die redery nie in bedryf is nie, werkers minstens die een of ander vorm van salaris verdien terwyl hulle opleiding ontvang.

“Terselfdertyd moet elke moontlike poging aangewend word om ʼn belegger vir die redery te vind, sodat likwidasie gekeer kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hendrik ·

Indien ‘n besigheid nie geld maak nie maak jy die besigheid toe. Daar moet vroegtuidig kennis gegee word aan werker wat die stand van sake is.

Frank John ·

Mooi ANC, hou so aan, uiteindelik sal jul niks oor wees nie net soos 400-500 jaar gelede, daar was niks en daar sal weer niks wees nie. Dis jul natuur.
Van niks tot niks.
Ha, back to normal.

melaney ·

Frank John nou laat jy my lag. Ek hoop nie hulle brand al die vyebome af nie….hulle sal die blare nodig kry.

PieterJ ·

Numsa, julle moet maar jul bekommernisse van cyril toe vat, ek is seker hy sal mooi leë beloftes kan maak.

Lourens ·

Koste: wat die onderneming aangaan in die bedryf van besigheid.
Prys: dit wat klante betaal.
==> Kulula is dus ‘n laePRYS lugdiens.

Blikkies ·

Enige en alle besighede is op die been gebring om wins te maak. Ek dink die sink van die skip het dit ook deels daaraan dat nie net slegs die top bestuur sulke belaglike hoë salaris pakette verwag het met uitermatige voordele nie, maar ook as gevolg van druk te veel oorbodige werkers in diens moes neem wat die redery finansieël leeg getap het. Die laër koste van vlugte was net nie meer haalbaar nie.

Luister ·

Snaaks dat NUMSA nie daaraan dink om ‘n belegger te wees nie…

Yvonne ·

Niks maar niks oorleef meer in hierdie land nie…..arrogansie gaan die verstand te bowe?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.