Comair skort vlugte tydelik op

Die lugdiens Comair het Vrydag aangekondig dat hy alle passasiersvlugte vir die volgende drie weke opskort. (Foto: Comair/Facebook)

Die lugdiens Comair het Vrydag aangekondig dat hy alle passasiersvlugte vir die volgende drie weke opskort. Die redery bedryf Kulula en British Airways in Suid-Afrika.

Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondag aangekondig het dat alle reise vir ontspanningsdoeleindes na en van Gauteng verbied word. Dit sluit nie sakereise, kommersiële reise of die vervoer van goedere in nie. Dit vorm deel van die regulasies wat vir die aangepaste vlak 4 van afsondering ingestel is.

Die redery sê in ʼn verklaring vlugte sal van 5 Julie opgeskort word. Die redery beoog om vlugte weer op 30 Julie te hervat, onderhewig aan moontlike verslapping van die regulasies.

Kulula-passasiers wat ʼn vliegkaartjie vir ʼn datum tussen 28 Junie 2021 tot 29 Julie 2021 het, kan die kaartjie binne 12 maande van die eerste reisdatum, sonder enige boete, gebruik. Geen besprekingveranderingsgeld of tariefverskil word gehef nie.

British Airways se sogenaamde Book with Confidence-beleid geld passasiers wat ʼn geldige kaartjie by dié redery het.

Glenn Orsmond, uitvoerende hoof van Comair, het passasiers wat deur die opskort van vlugte geraak word, om verskoning gevra.

“Dit was ’n moeilike besluit, maar ons glo dat dit die regte een is,” sê Orsmond.

Richard Ferguson, sakereddingspraktisyn van Comair, het die tydelike opskorting beskryf as ʼn “moedige, dapper en verantwoordelike stap om die gesondheid en veiligheid van passasiers en personeel te verseker”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Die Boerepompie ·

Dink nie die besluit het iets huur mee tedoen nie ek ruik n rot

Alleen Wolf ·

Dis hart verskeurend dat hierdie regering voort ploeter met hulle hantering van die pandemie en aanhoudend mense se lewens en inkomste verwoes met hulle al-ewige “Lockdown” reels
Een van my vriende werk vir Comair, 21 jaar se toewyding en 7000 kommersiele vlieg ure later laat alleen die enorme bedrae geld en hy word kennis gegee dat hulle besigheid operasies staak en dat daar afleggings kom, alles as gevolg van ‘n totale spul morone in die regering en hulle raadgewers.
As hulle die stappe geneem het wat belowe was tydens die eerste grendelstaat was bitter min van die nou nodig, instede het Ramp, Mkhize, NDZ en hulle pelle ingeklim en geplunder of net niks gedoen wat sinvol was nie.
Welgedaan aan almal wat hierdie sirkus van ‘n regering ondersteun in hulle onderduimse hantering van die pandemie en bestuur van die land, ek hoop julle slaap almal lekker in die wete dat daar mense is wat as gevolg van die regering vanaand honger en koud gaan slaap.

Willem ·

Veels geluk cyril jy doen goed.Volgende een wat oranje oorpak moet kry

Gewaardeerdery ·

Ag nee!!! Ons sou vlieg hierdie maand en het so uitgesien vir British Airways (sal my eerste keer wees met British Airways) ????????????

Elmarie ·

Lees mooi jy kan mos later jou kaartjie gebruik. Dis vir 9ns eie beswil want mense wíl nie luister en help om verspreiding van virus te help keer nie

Moeggeploeg ·

Net soos alles anders in land is die ook nou in sy kanon

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.