Comair spook om alle vlugte weer in te stel

(Foto: Comair)

Comair, wat British Airways en Kulula in Suid-Afrika bedryf, maak goeie vordering met die herstel van sy volle vlugskedule en beoog om dit teen Vrydag – voor die aanvang van die langnaweek – in bedryf te stel.

Glenn Orsmond, uitvoerende hoof van Comair, sê almal by die redery, die lughawe, oproepsentrums en steunspanne werk onverpoos om passasiers te help om by hul bestemmings uit te kom.

“Die beste manier waarop ons ons kliënte kan bystaan, is om weer te begin vlieg,” sê Orsmond.

Die Burgerlugvaartowerheid het Comair se bedryfsertifikaat die afgelope naweek opgeskort ná afloop van ʼn ondersoek na ʼn onlangse vlaag sogenaamde veiligheidsvoorvalle by die rederye. Die sertifikaat is Woensdag ná deeglike hersiening weer heringestel.

Hy het benadruk dat die BLO geen bevindinge oor óf vlugbedrywighede óf instandhouding by die maatskappy gemaak het nie.

“Comair het ʼn benydenswaardige 76 jaar lange geskiedenis. Ons bedryf sommige van die modernste vliegtuie in die Suid-Afrikaanse lugruim, maak gebruik van internasionale beste praktyk om bedryfsveiligheid te verseker en die opleiding van ons bemanning is van wêreldgehalte.”

Orsmond sê terwyl die redery nie kon vlieg nie, het die maatskappy sy bes gedoen om passasiers te help. Dit het die huurvlugte van groot vliegtuie ingesluit en hulp om plek vir passasiers op ander rederye se vlugte te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Samuel ·

Indien Comair van die internasionale wêreld se beste praktyk gebruik ten opsigte van vliegveiligheid, waarom het die BLO hulle op die grond gehou??

Realis Thailand ·

Ek het maar net n gevoel hier is meer aan die storie as wat publiseer is.
SAA en Takatso probeer om in die mark te kom. Beide het geen geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.