Comair-staking: ‘Bedrywighede gaan voort’

Argieffoto: cyberairlines.net

Argieffoto: cyberairlines.net

Die lugvaartmaatskappy Comair het Donderdag gesê sy bedrywighede gaan steeds voort ondanks ʼn staking deur werknemers verbonde aan die vakbond Uasa.

Comair is die plaaslike franchise-houer van British Airways en die beheerder van die laekostelugredery kulula.com.

Sowat 80 werknemers oor die hele land het Woensdag begin staak nadat salarisonderhandelinge tussen Comair en Uasa vasgeval het. Die maatskappy het Donderdag bevestig dat ongeveer 35 stakende werkers vanoggend voor die maatskappy se hoofkantoor in Bonaero Park aan die Oos-Rand begin betoog het.

Uasa eis salarisverhogings van 35% oor ʼn tydperk van drie jaar, terwyl Comair ʼn onvoorwaardelike 22,5% teen 7,5% per jaar oor dieselfde tydperk aanbied.

Comair het Donderdag gesê hy het gebeurlikheidsplanne ingestel om die uitwerking van die staking sover moontlik te beperk en kon tot dusver daarin slaag dat 95,6% van British Airways-vlugte en 98,3% van Kulula-vlugte betyds vertrek. “Comair se hooffokus is om die ontwrigting en ongerief vir ons kliënte tot ’n minimum te beperk,” het die maatskappy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.