Comair is die plaaslike franchise-houer van British Airways en die beheerder van die laekostelugredery kulula.com.
Sowat 80 werknemers oor die hele land het Woensdag begin staak nadat salarisonderhandelinge tussen Comair en Uasa vasgeval het. Die maatskappy het Donderdag bevestig dat ongeveer 35 stakende werkers vanoggend voor die maatskappy se hoofkantoor in Bonaero Park aan die Oos-Rand begin betoog het.
Uasa eis salarisverhogings van 35% oor ʼn tydperk van drie jaar, terwyl Comair ʼn onvoorwaardelike 22,5% teen 7,5% per jaar oor dieselfde tydperk aanbied.
Comair het Donderdag gesê hy het gebeurlikheidsplanne ingestel om die uitwerking van die staking sover moontlik te beperk en kon tot dusver daarin slaag dat 95,6% van British Airways-vlugte en 98,3% van Kulula-vlugte betyds vertrek. “Comair se hooffokus is om die ontwrigting en ongerief vir ons kliënte tot ’n minimum te beperk,” het die maatskappy gesê.