Comrades 2020: Dis neusie verby vir Suid-Afrikaners 

Die Comrades-marathon. Foto: Facebook.

Net drie dae nadat inskrywings vir die Comrades Marathon in 2020 geopen het, is die aantal inskrywings beskikbaar vir Suid-Afrikaners opgeraap. Suid-Afrikaners wat nie teen Woensdag 30 Oktober ingeskryf het nie, sal dus nie aan vanjaar se Comrades kan deelneem nie. Daar was aanvanklik plek vir 25 000 Suid-Afrikaanse atlete.

Rowyn James, direkteur van die Comrades Marathon-vereniging, sê hulle het nog nooit soveel belangstelling onder Suid-Afrikaanse atlete vir die Comrades gehad nie. “Dit is fenomenaal hoe vinnig die inskrywings opgeraap is,” sê James in ʼn verklaring. Inskrywings het op 28 Oktober geopen en ná die eerste paar uur is 16 500 inskrywings reeds ontvang.

Ian Heck, ʼn hardloper van Pretoria, is een van dié wat nie plek gekry het nie. “Ek het nog die aand nadat die inskrywings kon begin, probeer inskryf, maar kon nie op die webwerf inkom nie,” vertel Heck. “Die volgende oggend was ek te besig om in te skryf en later die dag laat weet ʼn vriendin my daar is nie meer inskrywings beskikbaar nie.” Heck sê hy was baie teleurgesteld, aangesien hy op 12 Oktober by die Jacaranda Challenge vir die Comrades gekwalifiseer het.

Die 95ste Comrades Marathon vind volgende jaar op 14 Junie plaas. Die wedloop skop om 05:30 af by die Pietermaritzburg Stadsaal en eindig 12 uur en 90,2 km later by die Moses Mabhida Stadion in Durban.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Charles ·

Dis n eg Suid Afrika wedloop maar ons aantal mense word beperk. Hoekom beperk hul nie eerder die vreemde deelnemers nie? Seker reeds gekaap deur die buiteland soos die e-tol stelsel. Vreemdes kry meer geld daaruit as ons eie mense.

Sakkie ·

Charles,

Die buitelanders word inderdaad beperk. Totale inskrywings is 27500, waarvan 25000 Suid-Afrikaners is en 2500 buitelanders. Daar is letterlik 10 keer meer Suid Afrikaners as buitelanders.

Charles ·

Dankie Sakkie. Hul kon dit ook maar so in die berig gemeld het.

Christopher ·

Ek wil julle net reg hulp. Die wedloop eindig nie 12uur nie. Maar wel 17:30. Die wedloop sal vir 12ure plaasvind van 5:30 tot 17:30

Jannie van Niekerk ·

Ian, nie eers ‘n Springbok wen kom by die bevrediging wat mens ervaar wanneer y die Comrades of Two Ocenas suksesvol voltooi het nie…

Boxer ·

Ek wil volgende jaar my persoonlike rekord probeer verbeter. Ek wil probeer om langer as ‘n halfuur na dit op die TV te kyk.

Sonja ·

Hulle sal ook nie vanjaar kan deelneem nie – vanjaar se wedloop is mos al verby?

Sir Dik de Dunnerin ·

2019 se inskrywings was beperk tot 25000,
2020 is 27500 waarvan 25000 vir SA’ers geoormerk is.

Wat verblydend is is die aantal dames wat aan wedren begin deelneem – moontlik sien ons ‘n dame in die top 10 klaar maak hierdie Comrades jaar. (+~6min)

Pieter Grobbelaar ·

‘”Jy sal moet vinniger hardloop as jy wil inskryf.”

Gawie ·

Dis nou jammer, ek wou nounet inskryf. Dis die 45ste Comrades wat ek gaan mis…..

Sakkie ·

Daar sal volgende jaar baie substitusie inskrywings verkoop word deur mense wat ingeskryf het nou maar nie die paal gaan haal nie. Nog glad nie neusie verby vir mense wat uitgemis het nie.

Gert van Wierdapark ·

As Ek volgende jaar weer Nie plek kry Nie, Gaan Ek seker NOOIT my Eerste Comrades kan doen Nie! Eish, ook maar ver-lig dat die plek beperk is!!!

johan II ·

Hul gaan dit vir twee dae moet begin hou.

Wat n vooreg om te kan deelneem. Atletiek is vir my baie beter om te volg, en ek kan deelneem…sonder al die beserings. Hoop net die politiek kan bietjie daar uitbly.

anton ·

Ai die mense wat so hol agter niks aan nie…….
Die wiel het gekom om te bly man!!!
Wat nou so lekker daaraan kan wees sal nugter alleen weet.
Sal dit nie eers doen nie al betaal hulle my om dit te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.