Comrades-deelnemer en weldoener sterf ná marathon

Foto: Norman Johnson / Sudan for Jesus

Foto: Norman Johnson / Sudan for Jesus

Foto’s van Du Preez se laaste Comrades-oomblikke volg onderaan die berig.

Louis du Preez (39), ʼn pa van twee van Moreletapark in Pretoria wat in die pylvak van die Comrades-marathon ineengestort het en deur ander atlete oor die eindstreep gedra is, het in ʼn hospitaal in Durban, KwaZulu-Natal, gesterf.

The Star het Dinsdag berig Du Preez het ʼn week lank in die intensiewesorgeenheid van die St Augustine’s -hospitaal deurgebring ná die wedloop op 1 Junie. Hy is Sondag omstreeks 02:00 dood.

Louis du Preez

Louis du Preez

Tinus Marais, voorsitter van die Magnolia Road Runners-hardloopklub waarvan Du Preez ʼn lid was, het aan die koerant gesê Du Preez het vermoedelik ʼn virusinfeksie opgedoen wat tot orgaanversaking gelei het. “Almal het gedink dat hy sou beter word,” het Marais gesê.

Norman Johnson, besturende direkter van die liefdadigheidsorganisasie Sudan for Jesus, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Du Preez het die wedloop binne 11 ure voltooi en het namens die organisasie deelgeneem. “Hy was een van die top vyf geldinsamelaars vir die organisasie,” het Johnson gesê. Hy het sy meegevoel aan Du Preez se familie en vriende betuig.

Du Preez laat sy vrou Annelie, en twee kinders Megan (16) en Ruan (13), agter.

Die foto’s word op Maroela Media gepubliseer met vergunning van Norman Johnson/Sudan for Jesus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Janie ·

Ai, dis hartroerend. Baie sterkte aan elkeen van sy geliefdes en oefen vriende van Magnolia Road Runners-hardloopklub.

Theresa ·

Ai die Comrades het soveel blye stories en agterna ook soveel hartseer. Dis tragies. Baie sterkte aan sy familie en vriende.

AmY ·

Ai dis jammer. My hart gaan uit na sy vrou en kinders en familie. Mag hulle berusting vind in die hartseer tyd.

Marieta ·

Soos Elisa van ouds het hy direkte hoofweg tot by die Voete van ons Hemelse Pappa gehad. Sterkte aan die gesin, familie en vriende van Louis.

Leonard ·

Sad to read, but pray for God to comfort his wife and darling children. May his legacy live on for many years to come and may his contribution to Sudan 4 Jesus etc bare forth many souls into the kingdom, a harvest indeed.

Norman Johnson ·

Net om inligting deur te gee. Louis se “memorial service” vind plaas op Vrydag 13 Junie om 10:00 by die Moreletapark Gemeente in Pretoria.

SUE CRONJE ·

Hi daar ek lees so lekker op jul blad, kan jul vir my inligting gee wat het geword van Jasmine Pretoruis se moordenaar.
Dankie hou so aan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.